Slaan oor na hoofinhoud

Sharoney


Ons het met Sharoney gesels oor spore los in die musiekbedryf asook haar nuutste enkelsnit, 21 Vir Ewig.

1. Jy is al ‘n geruime tyd in hierdie bedryf, watter goue lesse het jy geleer in hierdie tyd en waarvoor is jy dankbaar?

Ek het geleer om net myself te wees, werklik genoeg is en om dit waaroor ek passievol is uit te leef.  Ek het ook geleer dat die gras nie altyd soveel groener is as wat dit lyk nie. Die 6 – 7 jaar wat ek myself in die musiekbedryf bevind, het my ook geleer om elke dag harder te werk as gister. Met al hierdie lesse het ek ook ‘n groot dankbare hart, ek is dankbaar vir die klein dingetjies in die lewe, die dingetjies wat ‘n mens so geneig is om mis te kyk.

2. Vertel ons van jou nuutste enkelsnit?

My splinternuwe enkelsnit, geskryf deur Jattie de Beer, ook deel van die groep Douvoordag, is getitel 21 Vir Ewig (
https://www.youtube.com/watch?v=frdqgjURM8Q) en is heeltemal iets anders as waaraan Sharoney aanhangers gewoond is. Die enkelsnit is so vars en so gepas. Veral in die tyd waarin ons nou leef met musiek wat so vining ontwikkel. Die enkelsnit het 'n internasionale klank en dit maak my opgewonde om sulke musiek in Afrikaans te kan maak. Die liedjie pas my en wie ek is soos ‘n handskoen en ek het so gemaklik gevoel tydens die opnames. Dit was so lekker om my eie stempel op die liedjie te kon afdruk. Die enkelsnit sal ook beskikbaar wees op talle digitale platforms gereed om regoor Suid-Afrika, in elke huis of kar te speel.

3. Ons blad is gemik daarop om sleepvoetdromers te inspireer. Watter raad het jy vir iemand met talent, maar min waagmoed?

Wees net jouself, dis meer as genoeg. Glo in jou drome, werk hard elke dag en jy sal sien, drome word waar. Vergeet van die mense se opinies en opmerkings, fokus op jou doelwitte en om elke dag ‘n positiewe impak op die samelewing te maak. Jy kan ‘n verskil maak. As jou drome jou nie bang maak nie, droom jy te klein. Skraap al jou moed bymekaar en droom groot, daardie spesifieke droom het dalk net jou naam op. Wees trots op jou imperfeksies, niemand is perfek nie. Dra jou imperfeksies met trots want dis wat jou uniek maak, dis wat jou anders maak, dis wat jou, 'jy' maak.

4. Die 2020 pad lê oop voor jou, watter spore hoop jy om daarin agter te los?

Ek wil bitter graag groot voetspore in die Afrikaanse musiekbedryf agterlaat, voetspore wat getuig van harde werk, voetspore wat stories vertel van waar Sharoney vandaan gekom het en hoe ek my weg deur die musiekbedryf gemaak het. Mag my voetspore my dankbaarheid en nederigheid weerspieël. Ek hoop dat die voetspore wat ek agterlos ander sal inspireer en motiveer om ook hulle drome en passies na te streef.

5. Die tema waardeur ons op die oomblik reis, saam met ons lesers, is “Persepsies” en hoe sieninge positiewe/negatiewe uitwerkings het op ons keuses en verhoudings. Watter manier van “sien” is jy dankbaar voor in jou lewe en waar sal jy graag nog wil groei?

Ek is ongelooflik dankbaar vir die geleentheid wat oor my pad gekom het om musiek te kan maak vir ‘n lewe, dis iets waaroor ek al van ‘n baie jong ouderdom af gedroom het. Ek is ook ontsettend dankbaar vir ouers wat my toelaat om my droom uit te leef en wat vir my die vlerke gee om te kan vlieg.
 

Ek dink nie ek sal ooit ophou groei in wat ek doen nie, ek sal baie graag my vertonings nog meer interessant en lewendig wil maak, ek wil ook internasionale gehalte elemente in my vertonings inbring. Dan wil ek ook aanhou om in my musiek te groei en saam my musiek te groei. Ek wil groei as kunstenaar in alle aspekte moontlik, om die beste weergawe van ‘n Afrikaanse Pop Kunstenaar te wees.

6. Wie is jou goue ondersteuners en staatmakers? Die mense wie daar vir jou is, deur dik en dun? 


Ek dink ek sal moet begin by my Ma, sy is omtrent by elke vertoning moontlik. Dan ook my borge: Square Rootz (Hare) wat seker maak ek goed lyk op die verhoog en dat my hare versorg is. Sinden Fitness wat seker maak ek bly fiks en gesond vir die verhoog. Elke radiostasie wat my musiek speel, en ‘n onderhoud met my al gevoer het. Dan, die belangrikste, elke ondersteuner wat ‘n vertoning bywoon, elke ondersteuner wat ‘n CD koop, my op sosiale media volg en ondersteun in alles wat ek doen. Sonder hierdie mense is dit nie moontlik nie. Dis so ‘’safe place’’ om te weet ek het so ongelooflike ondersteuningsstruktuur en ek is so ongelooflik dankbaar 
vir elke ondersteuner.

7. As jy jou musiek loopbaan in een boodskap moes omsit, wat sou dit wees?
My musiek loopbaan is absoluut geseënd, passievol, jonk en vars met musiek wat die hartsnare roer, maar ook die voete laat jeuk om te dans.

Facebook - https://www.facebook.com/www.sharoney.co.za/
Instagram - https://www.instagram.com/sharoney_sing/
Twitter - https://twitter.com/SharoneyMedia
Webtuiste – www.sharoney.co.za
21 Vir Ewig - https://www.youtube.com/watch?v=frdqgjURM8Q
Skyn - https://www.youtube.com/watch?v=qvT5weknygk
Crush - https://www.youtube.com/watch?v=MWvYJ2KYm2o
Wees My Held - https://www.youtube.com/watch?v=Q5d-tm1LURw
Prinses - https://www.youtube.com/watch?v=fE1dbqUXZio
Een Keer - https://www.youtube.com/watch?v=GgFZV_XG9kM
Publisiteit: Starburst Promotions

'n klein vonk kan 'n groot woud laat brand #nasieinspirasie

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Die klippie in my skoen - geskryf deur iskra

Wat 'n knaende verraad! Daardie klippie in die skoen. Daardie ding wat krap en pla en mens soms verleë laat. Dis 'n pes as jy dalk jaag van hier na daar, soveel dinge wat aan jou trek; jou aandag vat; daar is nie tyd nie! Vir jou om net te kan sit, skoen uittrek en die verdomde ding uitgooi! Pfffeeeu...! Wat 'n verligting as hy eers weg is! So klein dingetjie met soveel praat in sy kneuse...daardie klippie in die skoen. (Talk about rubbing me up the wrong way!) Ons het almal maar ons klippies. Klein goedjies wat haak en pla. Daagliks knaag dit aan ons..maal dit rond in ons koppe, laatnag, wannneer ons eintlik moet slaap... Ons veiligheid. Ons kinders se toekoms, gesondheid. Hoe gaan jy hierdie maand daardie rekening betaal? Jou huwelik of 'n vriendskap is dalk op 'n snaakse plek of selfs naby skipbreek? Dalk ons eie gesondheid wat 'n lelike rapport gekry het... 'n finale een...wat jou asem weggeruk het...wat jou, die mense om jou, dae en minute met '

Vir Die Voëls - Premiere & Resensie

#NasieInspirasie was genooi deur Starburst Promotions na die Premiere van "Vir Die Voëls" - 'n Film wat gebasseer is op die ware verhaal van Irma Humpel en Sampie De Klerk  (Vertolk deur  Simoné Nortmann  en Francois Jacobs - Foto) Sou mens kyk na die diereryk en die natuur in geheel is daar beslis baie lewenswaarhede wat daaruit gering kan word. So word dit ook vertel in die nuwe film en impakvolle storie van Irma Humpel en Sampie De Klerk, se "Vir die Voëls . Huisgenoot het hulle 100ste bestaansjaar gevier, 'n kompetisie geloods en lesers genooi om hulle liefdesverhaal te deel. Huisgenoot vertel die wenner se storie op die silwerdoek met behulp van Kyknet en Factory Films. "Vir die Voëls" vertel die ware verhaal van Irma Humpel (Simoné Nortmann), ’n korrelkop-rabbedoe wat in ’n trourok voor die kansel beland langs die seun wat haar kleintyd onophoudelik geterg het. Tot kort tevore was haar kop op ’n blok dat onafhanklikheid die enigste vorm van

#Bakgat Gesondheidsbeskuit

My ouma het altyd gesê: “As jy kan lees, kan jy bak”. Ek het dit altyd geglo en wyd en syd verkondig, maar vandat ek self begin bak het vir ‘n lewe, het ek agtergekom dat jy meer leer met ondervinding as wat enige resep jou kan vertel. Soos ek dan nou hierdie resep met julle deel, deel ek dan ook my ondervinding, wat ‘n paar vrae dalk vir julle sal opklaar en natuurlik die mite dat beskuit moeilik is om te bak van die tafel afhaal. Bestandele: 1kg Bran Rich Self Raising Flour  (of gewone self raising flour as jy nie so baie van semels hou nie) 10ml Bakpoeier 10ml Sout 125ml Klapper 250ml Sonneblom sade 100ml Rosyne 50ml fyn gekapte neute van jou keuse 500ml All Bran Flakes  (goedkoper bran flakes ook goed, maar proe nie so lekker nie) 250ml Suiker (wit of bruin, maak nie saak nie) 500ml Oats (maak nie saak watter ‘brand’ nie) 500g Botter (gesmelt) 500ml Karringmelk Hierdie is die basis waarvan af ek werk. As ek nie bv. Oats of rosyne het nie, sal ek dit vervang met dieselfde