“'n Woestyn is 'n gebied wat minder as 250 mm reën per jaar ontvang. Woestynplante en -diere het by die ongenaakbare toestande wat in hierdie gebiede heers, aangepas. 'n Voorbeeld is sommige plante wat wasbedekte blare het (soos die kreosootbos) wat oormatige verdamping voorkom, terwyl ander (soos kaktusse) hul vlak wortels uitsprei om water op te vang en in hul sponserige weefsel berg. Die meeste woestyndiere ontsnap bedags aan die hitte deur in gate te skuil en snags aktief te wees.”- Wikipedia Vroër die jaar het ek en my 6 jarige dogtertjie oor die woestyn gesels en geleer. Ons was so beindruk met die feit dat kamele se ooglede so dun is dat wanneer hulle hul oë toemaak tydens sandstorms hulle nogsteeds kan sien. Dis wonderlik hoe die natuur, soos ‘n groot legkaart, perfek gemaak is, pas en werk! ‘n Ander naam vir Woestyn is… verlate of onvrugbare plek… in engels….”wasteland…abandoned….barren” Ons ervaar seisoene van DROOGTE, VERLATENHEID ONVRUGBAARHEID… Vroër die jaar v...