Slaan oor na hoofinhoud

Plasings

Wys tans plasings vanaf Maart, 2019

Wat Weeg Jy - Yolandi Claassens

photo: rawpixel Wat weeg jy.… die tema kielie my gedagtes, terwyl ek vir my ‘n koppie tee maak om die kreatiewe denke bietjie aan te wakker. Wat weeg jy... Dit is ‘n tema wat heelwat dieper delfwerk vereis as wat dit op die oog af lyk. Ek dink onwillekeurig aan die woord 'weeg', en dadelik kom die prentjie van my badkamerskaal wat so ver weg geb ê re is dat ek dikwels vergeet presies wààr hy sy tuiste vind, by my op. Ooo die vrees wat daardie gehate skaal te weeg kan bring! Oor die Kersseisoen was daar so baie gebraai en gepeusel…om van die Kersete nie eers te praat nie! Dit was behoorlik ‘n ‘oorvreet’ sessie, en toe wag die koekstruif ook nog! Teen die 1ste Januarie kon ek nie net voel hoe my denims geleidelik al hoe stywer begin span nie; die gehyg na asem wanneer ek van my kar na my woonstel moes stap, was ook duidelik hoorbaar! Ek het die skaal nader gehurk en wraggies…. Dit was nie ‘n mooi prentjie nie! Alles wat ek oor die feesseisoen by my mond ingedruk het

Wat Weeg Ek?

photo: Action Media/Hubri Bruyn Wat weeg ek, wat weeg my gees en wat weeg my geloof in konteks met die grote heelal? Die tema het my onsettend baie laat dink, spesifiek as iemand wat onlangs gewig verloor het. Maar meer omdat ek een van daai mense is…'n “runner” . Mense soos ek wat hardloop kan letterlik enige situasie in die lewe met hardloop vergelyk en dit is presies wat ek nou gaan doen.  Ek het aan tonne "motivational punch-lines" gedink, almal net 'n bietjie 'kitsch'. Die beste wat ek kan doen is om 'n stukkie van my lewe met julle te deel. Dit is soos iemand wat hardloop. Waar my voete kontak maak met die grond voel ek soms tonne in vlees en die oomblikke waar ek vlieg deur die lug voel ek weer gewigloos in siel. So is my lewe ook. Sien, ek is 'n sleepvoet-dromer, ek is daardie persoon wat in die kantoor holtetjie sit. Hier weeg ek tonne, alles is swaar. Nie my ligaam nie maar my siel. Die kantoor lewe is nie vir my gemaak nie. Tog

What Do I Weigh?

photo: Action Media/Hubri Bruyn What do I weigh, what does my spirit and my faith weigh in context with the great universe? The theme had me thinking, especially for a guy who recently lost a lot of weight. But mostly because I am one of those people... a "runner".  People like me, who run, can literally compare any situation in life with running and that's exactly what I'm going to do now.  I have tons of "motivational punch-lines", all just a little bit "kitsch". The best thing I can do is share a slice of my life with you.  It's like someone running. When my feet make contact with the ground I sometimes feel heavy in my flesh and the next moment, when I fly through the air, I feel weightless again in my soul.  Such is life. See, I'm a downhearted dreamer, I'm that person sitting in the office cubicle waiting for 5 o'clock. Here I weigh tons, everything is heavy. Not my body, but my soul.  I was not ma