Slaan oor na hoofinhoud

Plasings

Wys tans plasings vanaf Julie, 2016

My Father's War - Die Resensie

MY FATHER’S WAR Aangebied deur: Lion Mountain Films In samewerking met AQUAVISION TV PRODUKSIES kykNET Films en die DTI. Rolverdeling: Edwin van der Walt, Stian Bam, Erica Wessels, Fumani Shilubana, Nastassja Jooste, Jai’ Prakash Sewram, Johan Baird, Neels Clasen, Kew Khauoe, Richard Lukunku, Duane Behrens, Alan Glauber, Nat Ramabulana, David Dukas, Francois Jacobs, David Rees, Eddie de Jager, Damon Berry, Meren Reddy, VianSingleton and Nobuhle Mahlasela Skrywer/Regisseur: Craig Gardner Vervaardiger: Peter Lamberti Uitvoerende Vervaardigers: Dave Keet en Myron Lee Nash Lynvervaardiger: Gail Overton Kinematograaf: Tom Marais Kostuumontwerp: Pierre Vienings Produksieontwerp: Chantel Carter Redigering: Esté Nortje Oorspronklike Musiek: Benjamin Willem Publisiteit en Bemarking: Alishia van Deventer  (Starburst Promosies) #NasieInspirasie Resensie Hierdie film se storie konsentreer baie op verhoudings, veral van Pa en seun, maar hanteer ook mense se opinies oor mekaar. Wat my die meeste g

ATKV se Liedjieslyp Wegbreek 2016

Die Kuns van Kaas "By watering others you water yourself..." 'n Gesegde wat heelwat by my opgekom het na 'n kreatief-belaaide naweek net buite Potchefstroom. Veral omdat mens kan dink dat jy gaan om iets te gee (jou talent bv...) maar dan is jy die een wat met die handevol wegstap! Twee van ons Nasie-Skrywers, ek (Riska) en Melissa, was die naweek van die 14-17de Julie, deelnemers in die atkv-crescendo liefdjieslypskool. Wat 'n voorreg om deel te wees van 'n geleentheid, wat nie net 'n opbouende, historiese betekenis saamdra met van vandag se reeds wel bekendes, wie hulle stywe musiek-skryf-skoene hier eers uitgeloop het en raakgesien was nie, maar ook die verryk, opbou en groei van onse Moedertaal deur hierdie kunsvorm! ...Vat 5 ATKV🖐🏻! Jy dink jy gaan met 'n sak liedjies wat geslyp ge-edit, geskaaf en geskuur moet word, maar die liedjie SKRYWER is die een wat geslyp en geskuur word - die liedjies is sommer net 'n natuurlike uitv

Die klippie in my skoen - geskryf deur iskra

Wat 'n knaende verraad! Daardie klippie in die skoen. Daardie ding wat krap en pla en mens soms verleë laat. Dis 'n pes as jy dalk jaag van hier na daar, soveel dinge wat aan jou trek; jou aandag vat; daar is nie tyd nie! Vir jou om net te kan sit, skoen uittrek en die verdomde ding uitgooi! Pfffeeeu...! Wat 'n verligting as hy eers weg is! So klein dingetjie met soveel praat in sy kneuse...daardie klippie in die skoen. (Talk about rubbing me up the wrong way!) Ons het almal maar ons klippies. Klein goedjies wat haak en pla. Daagliks knaag dit aan ons..maal dit rond in ons koppe, laatnag, wannneer ons eintlik moet slaap... Ons veiligheid. Ons kinders se toekoms, gesondheid. Hoe gaan jy hierdie maand daardie rekening betaal? Jou huwelik of 'n vriendskap is dalk op 'n snaakse plek of selfs naby skipbreek? Dalk ons eie gesondheid wat 'n lelike rapport gekry het... 'n finale een...wat jou asem weggeruk het...wat jou, die mense om jou, dae en minute met '