Slaan oor na hoofinhoud

Plasings

Wys tans plasings vanaf Maart, 2018

Janine Fourie

Janine is 'n musikant wat gereeld in en om die tuinroete optree en  leef so  haar passie daagliks uit. Een van haar liedjies, "A Million Things" was onlangs as nommer 1 treffer op Sfm deur luisteraars gekies. Sy stel ook nuwe musiek bekend einde Maart 2018. Met nuwe liedjies, haar unieke stem en brawe hart,  stap sy in 'n nuwe seisoen in. 1. Janine, baie welkom by NasieInspirasie! Vertel die lesers meer van jouself. Ek is Janine Fourie, ek woon in Oudtshoorn. Ek kom uit ‘n musikale familie, van beide my ma en pa se kant af. Ek het ‘n passie vir musiek en dis al wat ek nog wou doen vandat ek kan onthou. Sing is my grootste passie, en dan speel ek ook verskeie instrumente bv. klavier, trekklavier, ukulele en bietjie kitaar. 2. Baie van ons lesers ken jou van die vorige duo groep waarin jy  destyds gesing het, “Behind Two Jays”. Vertel ons meer van die nuwe rigting en die nuwe musiek wat oppad is, waaroor jy so opgewonde is? Ek dink "Behind Two Jays" het my g