Slaan oor na hoofinhoud

Plasings

Wys tans plasings vanaf Maart, 2020

Woorde in die Nag

photo: Annie Spratt Vir iemand wat nie juis lees nie, hou ek vreemd genoeg baie van woorde. So lê ek gisteraand vir ure wakker en heeltyd dink ek aan woorde. Om mee te begin het ek gedink as ek vir myself 'n slaapliedjie sing (in my kop, want my man lê en snork diep hier langs my...), raak ek dalk aan die slaap. Ek begin met Lamtietie-Damtietie. Kan nie die Lamtietie-Damtietie deel onthou nie, so vir eers kan ek net onthou vanaf 'luister hoe fluister die wind deur die boompetjies' en vir seker 'n goeie halfuur draai die liedjie deur my kop en probeer ek allerhande woorde insit en deuntjies maak om die hele ding te sing. Raak baie vies vir myself, eerstens omdat ek nie kan slaap nie en tweedens, omdat my ma dit destyds vir my gesing het en ek dit baie dikwels vir my tweetjies gesing het, maar ek is nou al oor die sestig en die seuns reeds altwee lummels van oor die dertig. Toe ek besef die eerste stuk van Lamtietie-Damtietie is vir eers geblok, slaan ek oor

More or less, we can only live.

On Saturday 7 March myself and ''Inspirasie-Hasie'' set off on the Addo Elephant Trail Ultra with a message on our hearts... I had this preconceived idea of how I wanted our Mascot to symbolize faith in this race. The unconditional faith like our Creator has in us and people have in us. In my heart, I’ve just been very grateful for the people that consistently kept on believing in me throughout my life. I made so many mistakes in my life, second, third, fourth, fifth and they keep counting chances and still, people stood by me. I want to be more like that, we should try to be more like that because we all need and deserve it. On race day the Hell rose up through the earth in the Addo national park with temperatures peaking at a scary 55 degree during midday. Not great for running but the perfect conditions for people to test themselves to the extreme. I asked beforehand that I will be open to the experience as every endurance race is som

Te veel

Positief en Negatief Party sal sê te veel van 'n goeie ding is wonderlik, veral as dit by roomys kom, maar ons almal weet die teendeel is waar. Te veel van selfs 'n goeie ding is nie goed vir jou nie. Te veel son, te veel water, te veel kos, te veel suurstof, te veel soetgoed, te veel oefening, te veel werk, te veel speel, te veel stimulasie. Soos 'n battery wat oorlaai word met energie. Te veel “positief” ? Ons samelewing probeer elke dag so vol maak met inligting, aktiwiteite, selfs “memories”. Die gejaag na wind woed voort. En ek moet hier bylas ek geniet dit net so baie om baie gedoen te kry en moet ook noodgedwonge soms jaag. Maar dit is nie iets wat ons elke dag kan volhou nie. Oorlaai van batterye is soos oorlaai van die kameel, pasop om sy rug te breek met daai laaste stukkie strooi. https://images.app.goo.gl/zXhaRCCnS3zEbDDG8 Met 'too much input'...gaan jy 'short circuit'.  https://images.app.goo.gl/QptPj86CbuwjVfsM7 Geen wo