Slaan oor na hoofinhoud

Plasings

Wys tans plasings vanaf Julie, 2019

Greta, die Film.

Die VIP teater was vol moed met 5 brawe skrywers/kykers wat die nuwe fliek “GRETA” gaan kyk het om hul opinies en resensies te skryf. Die film se advertensie stel geen verwarring nie en verkondig duidelik dat jy jou gereed moet hou vir ʼn reuse spanningsverhaal.  Die ligte gaan af en die vertrek is pikdonker. My reeds gespanne kollega sit langs my en al wat ek kan hoor is sy vrees vir die onwetend. Die Fliek: Die rolprent begin soos enige ander spanningsrolprent...heel onskuldig. 'n Meisie stap uit by ʼn treinstasie en sien ʼn verlore handsak. Sy loer vir besonderhede en sien, wonder-bo-wonder dat daar ʼn naam en adres op is. Sy vat die tas na die persoon en ontmoet toe daar 'n onskuldige ouer dame “Greta”. Dis die deel waar jy al begin hoendervleis kry... Heel ironies, begin daar ‘n verhouding tussen die jong dame en ʼn ouer vrou ontwikkel. Dit is op die oog af ‘n bloot onskuldige vriendskap. Die twee raak sulke goeie vriende dat die jong dame sekere geleenthede saam ander van

Land Liefde Op Dowe Ore?

Vroëer in Junie het Bouwer Bosch en Lucinda Neethling (Die Melktert Kommissie) hulle treffende saamwerk EP/album, "Waar Die See Die Kus Omhels", bekendgestel. Dit het gevolg met ‘n landswye toer en ek en my man was bevoorreg om namens NasieInspirasie hulle optrede die 29ste Junie by die pragtige wynplaas, Jakkalsvlei, net buite Mosselbaai, by te woon.  Met aankoms het Bouwer ons vriendelik by die deur gegroet en vertel hoe organies en natuurlik hierdie inspirerende saamwerk projek onstaan het, net nadat hy en Lucinda die nuwe Straatligkinders liedjie, Herinner ft. Lucinda Neethling , se musiekvideo geskiet het. Ek stap in en wonder op 'n stadium of ons kreatiewes soms te veel karring met inspirasie se golwe? Ons maak soms ons eie, onnodige golwe, in plaas daarvan om gereed (met die klem op gereed) te lê en wag en dit dan net volluit te branderplankry as dit verbykom? Wie weet? Al wat ek weet is dat wanneer ek die musiek ‘Stroom’ (Stream) soos Bouwer en Lucinda laggend

Chereé Strydom

Nadat sy vir amper tien jaar tjoepstil was, is Suid-Afrika se goue Country-ster, Chereé, uiteindelik terug met haar langverwagte album, WILDE WATERS.  1. Vertel ons lesers asseblief meer van jouself en jou nuwe album? Ek is 'n 40 jarige ma van twee pragtige dogters - dit is my eerste prioriteit - my kinders. Ek sing al vandat ek 9 jaar oud is en die droom toe ek jonger was, is om musiek te maak. Ek is dankbaar dat ek my drome kan uitleef. Ek is 'n eenvoudige mens - kaalvoet-kind wat baie hou van by die huis wees - 'n regte huismens. Ons woon in 'n klein dorpie, Langebaan en dit pas my goed, want daar is baie minder "pressures" in so klein dorp. My nuwe album is 'n 13 snit album waarvan 12 van die liedjies oorspronklik is. Ek het self 4 van die liedjies op die album geskryf en die res is goeie liedjies van ongelooflike liedjieskrywers. Die album het 'n pop aanslag maar ook dan 'n country aanslag, want dis waar my hart lê in musiek. Mense wat