Slaan oor na hoofinhoud

Plasings

Wys tans plasings vanaf Februarie, 2020

Sharoney

Ons het met Sharoney gesels oor spore los in die musiekbedryf asook haar nuutste enkelsnit, 21 Vir Ewig. 1. Jy is al ‘n geruime tyd in hierdie bedryf, watter goue lesse het jy geleer in hierdie tyd en waarvoor is jy dankbaar? Ek het geleer om net myself te wees, werklik genoeg is en om dit waaroor ek passievol is uit te leef.  Ek het ook geleer dat die gras nie altyd soveel groener is as wat dit lyk nie. Die 6 – 7 jaar wat ek myself in die musiekbedryf bevind, het my ook geleer om elke dag harder te werk as gister. Met al hierdie lesse het ek ook ‘n groot dankbare hart, ek is dankbaar vir die klein dingetjies in die lewe, die dingetjies wat ‘n mens so geneig is om mis te kyk. 2. Vertel ons van jou nuutste enkelsnit? My splinternuwe enkelsnit, geskryf deur Jattie de Beer, ook deel van die groep Douvoordag, is getitel 21 Vir Ewig ( https://www.youtube.com/watch?v=frdqgjURM8Q )  en is heeltemal iets anders as waaraan Sharoney aanhangers gewoond is. Die enkelsnit is so vars en so gepa

Sincerely Anne

Bevonkte Anne deel haar inspirerende gedagtes met ons na die bekendstelling van haar nuutste enkelsnit, SHE's ON FIRE.  1. Vertel ons lesers asseblief meer van jouself. Ek is oorspronkilik 'n plaasnooi en jongste van vyf wat naby Heidelberg en Meyerton groot geword het. Ek het tuisonderig ontvang vanaf die ouderdom van vyf, wat my die geleentheid gegee het om van 'n vroeĆ« ouderdom op musiek te kon fokus. 2. Watter goue lesse het jy geleer in hierdie bedryf en waarvoor is jy dankbaar? Ek het geleer dat daar baie gawe mense in die bedryf is wat regtig die beste vir ander musikante toewens, waarvoor ek baie dankbaar is - enige hulp is altyd welkom. Dan het ek ook baie ander lesse geleer. Dat 'n mens jou eie geleenthede moet skep, groot droom, en alles met 100% toewyding moet doen. 3. Vertel ons van jou nuutste enkelsnit SHE’s on FiRE? She's on Fire is 'n opgewekte lied met 'n positiewe boodskap oor vroulikheid. My boodskap daarin is vir ons almal, mysel

Hoe Sien Ek Die Lewe?

Ek en my man is versot op oorlogfilms. Veral die wat gebasseer is op die waarheid. Ek kyk dit vir die inspirasie van die oorwinnende gees van die mens deur moeilike tye (asook natuurlik die tikkies romanse) en hy kyk dit seker ook vir van daardie redes, maar ook vir die bloed-spat, rondklap, handgranate en losloop masjiengewere. It's a man thing... Ons is twee (uiters) verskillende mense wat dieselfde film saam kyk en twee verskillende ervarings het. Hier en daar stem dit ooreen.  Mense se verskillende idees en sienings kan oorloĆ« veroorsaak. Soms vind dit plaas op kleinskaal. In die huis. Tussen man en vrou. Onder families. Soms groei dit verder en op 'n baie groter skaal.  EEN MENS se persepsie of oortuigings kan duisendes lewe gee of dit kan hulle lewens neem . Kyk maar net na Jesus of Hitler en die invloed wat hulle en hulle sienings op mense om hulle gehad het?  Ek weet, gewigtige gedagtes... Volgens Google: "The Costs of War Project identifies no