Slaan oor na hoofinhoud

Plasings

Wys tans plasings vanaf November, 2017

Jak se Geel Hart vir Liefde

Jak de Priester het, ter viering van sy vol en suksesvolle loopbaan, onlangs ’n splinternuwe album, 15 Jaar, uitgereik.  Een van die liedjies op hierdie album is Halleluja Kersfees en dit is die ideale lied om jou in die romantiese atmosfeer van Kerstyd te plaas. Die liedjie is geskryf deur Jak self en is vir hom, op ’n manier, ’n “road trip” deur die Karoo oppad Kaap toe. “Die liedjie gaan oor herinneringe van  kersboomversierings maak met skulpe uit Melkbos se strand, om te dans in Kalkbaai en om soos toeriste te voel by die Waterfront. Dít is my romantiese herinneringe van Kerstyd in die Kaap”, sê Jak. Jak begin ook hierdie jaar, in samewerking met Die Blou Hond teater en Caring Daisies ’n opwindende nuwe inisiatief, genaamd “Geel jou hart vir liefde”. Dit is ’n reeks van ses eksklusiewe konserte wat gedurende 12-17 Desember by Die Blou Hond sal plaasvind. Jak de Priester is die kunstenaar en sal ’n eksklusiewe vertoning hou, wat slegs by Die Blou Hond gesien kan word. H

Molly's Game

Bekroonde draaiboekskrywer, Aaron Sorkin, maak sy debuut as regisseur met ’n aksiebelaaide, spanningsdrama oor die lewe van Olimpiese skiër en ondergrondse dobbelkoningin, Molly Bloom. Sorkin, wat bekend is vir sy werk op lokettreffers, soos The Social Network, Steve Jobs, Moneyball, The American President en A Few Good Men, het self die draaiboek vir MOLLY’S GAME geskep - met behulp van Molly Bloom se boek en joernale - en dit reggekry om haar storie op ’n aangrypende manier op die grootskerm vas te vang. “Sorkin kry dit reg om jou te vermaak en te fassineer met hierdie wilde verhaal, wat deur middel van ’n puik groep akteurs vertel word,” meen The Hollywood Reporter se Todd McCarthy. MOLLY’S GAME vertel die verhaal van ’n pragtige en kompeterende sportvrou (Jessica Chastain), wat vir ’n dekade lank eksklusiewe, hoë risiko, ondergrondse poker-kompetisies gehou het, voordat sy een aand deur 17 FBI-agente, met outomatiese gewere, gearresteer is. Hierdie aksiebelaaide rolpren

Hennie Meyer Ceramics

Hennie Meyer is 'n keramiek kunstenaar van Kaapstad.  Sy klei-kunswerke wek kalmte, nuuskierigheid en bewondering.  1.Wanneer het jy jou passie om met klei/keramiek as medium te werk ontdek? Ek is die jaar na matriek as Rotariër uitruilstudent na Australië. Dit was in 1984. Die skool in Australië het geweier om op daardie stadium ’n “wit” Suid Afrikaner in die skool in te neem. Die enigste tersiëre instansie wat bereid was om my te onderrig was die plaaslike technikon en ook net die kunsdepartement! So ek was baie gelukkig om heeltemal toevallig vir ’n jaar lank ’n diploma in keramiek te kon doen. Die medium het my perfek gepas. Ek het teruggekom en kunsonderwys op Stellenbosch studeer. Op Stellenbosch was ’n wonderlike dosent in keramiek, David Steele, wat my liefde vir klei verder aangemoedig en ontwikkel het. 2. Wat inspireer meeste van jou werk? Die klei self is die sterkste inspirasie. Klei is ’n wonderlike medium. Wanneer ek met die klei werk is ek baie bewus van die p

Die omslag is nie die boek nie

Ek onthou my eerste periode van Hoërskool Wiskunde. Meneer Paul Fransman, briljante man en ook die persoon wat my liefde vir Algebra aangekweek het, vat ʼn boek in sy hand lug dit op en vra: "Klas wat is die?" Die hande vlieg op en die antwoorde spat: "Dis ʼn boek meneer! ʼn Wiskunde boek (uit die een hoek), ʼn wiskunde handboek meneer!(êrens voor in die klas)….ʼn standerd 6 algebra wiskunde handboek (sê ʼn slimmetjie).  Die ou skud sy kop asof ʼn suur smaak sy tong getref het en sê in ʼn baie geirriteerde toon: "Hou op strooi praat! Hy herhaal dit so hard en oorrond strooi met soveel mening, dit bring ʼn stilte van angs oor die klas, jy kon hoor hoe die beentjies bewe in die bankies en ek dink by myself: Wat gaan hier aan? Mnr Fransman gebruik toe die atmosfeer wat die stilte geskep het om die boek op ʼn baie dramatiese manier oop te maak. Hy staar na die blaai wat hy onder oë het en sê: "Die is amper ʼn boek, want ek staar na die inhoudsopgawe en al wat dit

Die Begin - Lizandra Winter

Lizandra Winter se eerste enkelsnit, Die Begin, vanaf haar selfgetitelde Afrikaanse debuut-album is vroeër vanjaar vrygestel en kan gereeld oor die klankgolwe van radiostasies landswyd gehoor word. Die musiekvideo vir hierdie liedjie is besonders en is pas bekendgestel. Kyk die video hier: https://youtu.be/a0awgVpO1bU Die video gaan daaroor dat ‘n mens so maklik vasgevang word in die gejaag van die lewe, dat jy vergeet wat regtig belangrik is. Dit is moontlik gemaak deur Little Big Studio en vervaardig deur DaVille Films (Jean de Viliers & Ja-en Kleynhans). Verfilming het plaasgevind by Val de Grace, Leon en Terese Potgieter se woning, en die konsep is ontwikkel deur Jacques de Villiers (Joshua na die Reën) en Lizandra Winter. Die rol van die ouer dame in die video word vertolk deur Marthie Steyn en die dogtertjie in die video is Lizandra se eie klein prinses, Zanilah von Hagen. Regissuer: Jacques de Villiers Grimering & Hare: Faffa de Klerk Stel: Jean de Vi

Stella se Hoop in Liefde

STELLA se debuut solo-album, Nuwe Môre, lewer konstant hoenderveismooi kontemporêre snitte. Hoop in liefde is een van hierdie pragtige snitte en is gedurende Augustus 2017 aan radiostasies landswyd uitgereik. Die akoestiese musiekvideo van hierdie lied is vandag uitgereik. Kyk die video hier: http://www.youtube.com/watch?v=H5Y8AVtaiVo “Dit is my eerste Afrikaanse liefdeslied wat ek geskryf het. Die liedjie gaan oor ware liefde deur alle seisoene. Een van ons werkers op ons plaas, Vusi, het eenkeer ‘n hoopvolle aanmerking gemaak oor die reen wat in (te) klein buie geval het. Hy het gesê – ‘bietjie maak meer’. Ek sal dit nooit vergeet nie. Ons het daardie jaar ook ‘n baie goeie oes gehad! Ons kan so maklik voel dat dit wat ons kry te min is, maar ons vergeet die wyse woorde van Vusi. Liefde is dieselfde. Bietjie, bietjie maak meer. Al kry ons seer, dis die moeite werd om te gee. Daar is hoop in liefde”, sê Stella. Dié talentvolle sangeres en liedjieskrywer is beslis geen nuw

Wees Pragtig

“Al dra ‘n aap ‘n goue ring, bly hy steeds ‘n lelike ding…” … so sê die spreekwoord al sedert jaar toet, maar wat is mooi behalwe ‘n opinie of dalk ‘n skandvlek, ‘n wanpersepsie wat mense in boksies plaas waarin niemand pas nie. Prag is meer as hoe ‘n persoon lyk, dis hoe jy mense om jou laat voel, die vermoë om mense hoop te gee en mense se harte te raak. Hoe jy mense laat voel is die sentripetale energie wat mense na jou toe aantrek en dit is ware skoonheid. Die verskil tussen diamante en houtskool is net dat ‘n diamant se stofdeeltjies baie meer presies gevorm is, maar essensieël bly dit verkoolde hout. ‘n Goeie vriend het my weer onlangs geleer dat ‘n diamant ‘n vinnige en maklike manier is om ‘n geliefde se hart te steel, maar netso is die stil oomblikke om ‘n kaggel, met houtskole wat kwetter en sorg vir pragtige herrinneringe vir jare in die toekoms.  Dus kan “mooi” nie geklassifiseer word nie, mooi is uitheems, eksentriek, luidrigtig en kleurvol, maar mooi kan ook pr

Verby - Bouwer Bosch

Bouwer Bosch het pas sy nuwe musiekvideo vir sy enkelsnit, VERBY bekendgestel en dit beïndruk gewis! Kyk die video hier: https://www.youtube.com/watch?v=zPxiSbPH2Jg “VERBY gaan oor wanneer jy wil handdoek ingooi en wegstap uit ‘n verhouding omdat jy dink konflik is die einde van julle liefde, maar eintlik is dit juis wanneer mens met mekaar baklei, dat jy vír mekaar baklei”, sê Bouwer. Die video is oor twee dae in Witsieshoek in die Drakensberge geskiet. Witsieshoek is so plus minus 400km buite Johannesburg en Brendan Barnes (ook vervaardiger van die nuutste Matthew Mole video) was die kinematograaf en regisseur van die video. Bouwer vertel: “Ons het ‘n baie swaar Rhodes klavier teen ‘n berg opgedra en seker gemaak ons kry die mooiste skote soos wat die son sak. Die volgende oggend was ons weer 5h00 op die berg om die sonsopkoms te vang. Ons wou vir iets simplisties gaan met hierdie video, iets wat ek nog nie gedoen het nie. Gewoonlik het my videos storielyne met