Slaan oor na hoofinhoud

Plasings

Wys tans plasings vanaf Junie, 2020

We^Can be the difference. Saam kan ons 'n verskil maak.

Mediaverklaring: “We^Can” verlig nood van Laerskool Kameeldrift en omliggende gemeenskap   2 Junie  2020   Vir onmiddelike vrystelling     We^Can is ’n organisasie wat ’n dag voor die aanvang van die Covid-19 grendelstaattydperk in Suid-Afrika afgeskop het. Hierdie organisasie maak dit moontlik vir passievolle Suid-Afrikaners om binne hulle finansiĆ«le vermoĆ« en op ’n maklike manier deel te raak, om sodoende ’n impak te maak en uitdagings van behoeftige gemeenskappe op die lang duur aan te spreek.   Sedert die aanlynplatform 8 weke gelede geskep is, het die We^Can gemeenskap reeds daarin geslaag om 45 667 kg se kos in te samel deur 31 afsonderlike projekte wat reeds suksesvol afgehandel is. Die meer as 45 ton kos kon ongeveer 170 000 etes aan die onderskeie We^Can begunstigdes in Gauteng en Limpopo voorsien.   Die verlengde grendelstaattydperk het egter tot gevolg dat die getal hulpbehoewendes by die dag steeds bly toeneem.   Laerskool Kameeldrift en die omliggende area is een van die g