Slaan oor na hoofinhoud

Plasings

Wys tans plasings vanaf Oktober, 2019

For Cluttered Hearts

Photo: Drew Graham/Unsplash What a small word for such a big idea! When I Google the word, declutter, the first nugget of wisdom it shares is a video on how to declutter your home in 5 easy steps. Sounds reasonable. I would definitely watch that video and hope for a positive change. But what about the clutter in my heart and mind? Would I get a Google result giving a recipe on how to get rid of past hurts, unforgiveness, loneliness and disappointments in 5 easy steps? I would read that. I would follow their advice diligently and do the work because I need hope that this too can be fixed. Would it help? For sure. Would it be sustainable? No way. Why? Because your identity and character and belief in yourself are flawed . Humans are flawed . Your spouse who is supposed to validate you is flawed . Your children who are supposed to bring you joy, are flawed . So what then? How then? I surely don't have the perfect answer because I am still far from it, but I do have an opinion.

Leon Gropp

Joshua na die Reën & Leon Gropp in 'n baie spesiale intieme akoestiese konsert met 4 Strykers. Die konsert gebeur by die pragtige Imperfect Perfection in die ooste van Pretoria en belowe om 'n baie unieke ervaring te wees met die musikante wat tussen die mense sit. Kos en drank sal te koop beskikbaar wees. Bespreek net jou kaartjie, met 'n bietjie geluk sit jy dalk nog langs Joshua na die Reën...Moet net nie met hom praat terwyl hy sing nie :) Deure maak 17:30 oop, konsert begin 19H KAARTJIES Vir meer inligting, kontak: Imperfect Perfection - info@imperfectperfection.co.za _______________________________________________________ Leon Gropp se Desember Toer: 12 Desember: Trompsburg, Snobbs Coffee 13 Desember: Krakeel 14 Desember: Colesberg 15 Desember: TBA 16 Desember: TBA 17 Desember: Grootbrak, Seeplaas 18 Desember: TBA KAARTJIES en info NASIEINSPIRASIE sleepvoet dromer #vatvlam FACEBO

John James - Nintendo

John James het onlangs op die plaaslike Afrikaanse musiektoneel verskyn met hulle debuut-vertoning by die Krone 6-konserte, toe hulle duisende aanhangers se harte gesteel het. Hulle eerste enkelsnit “ EK is meer werd” het bewys hulle is nie net nog ‘n “boyband” nie maar ‘n unieke kombinasie van sang en kletsrym, met ‘n boodskap vir jongmense. Hulle splinternuwe enkelsnit, NINTENDO, het alles temake met jonkwees, verlief wees en al die speletjies wat daarmee saamgaan, verwerk en saamgestel met ‘n internationale pop-klank. Hierdie enkelsnit wys weer ‘n ander kant van John James, en hulle diversiteit as liedjieskrywers, maar ook met al die regte bestandele om Nintendo te stoot tot bo aan die ranglyste! Nintendo is digitaal beskikbaar vanaf 18 Oktober 2019 op alle digitale platforms! RECORD LABEL: Select Musiek | PUBLISHER: KvN Publ. NASIEINSPIRASIE sleepvoet dromer #vatvlam FACEBOOK INSTAGRAM TWITTER

LIGHT OF MY LIFE

LIGHT OF MY LIFE is in sy kern ’n portret van ’n pa en sy dogter en wat hy sal doen om haar veilig te hou. Dit is ’n pragtige dramatiese riller, wat kommentaar lewer oor ouerliefde in gebroke tye en die onstabiliteit van die samelewing. Dit dra ook die aangrypende boodskap dat jy die een of ander tyd moet laat gaan. Dié film word plaaslik versprei deur Filmfinity (Edms) Bpk. en open hierdie Vrydag, 18 Oktober 2019 by uitgesoekte teaters. Kyk die lokprent hier: https://www.youtube.com/watch?v=PoHADU7Oe-g Regisseur, Casey Affleck , se LIGHT OF MY LIFE, is ’n narratiewe rolprent wat afspeel in tydperk nadat ’n plaag amper almal in die wêreld uitgewis het. Dit is gebaseer op die Oscar-bekroonde akteur se eie draaiboek, wat drama vermeng met die storie van ’n kind en ouer se reis na genesing. Die film speel af op ’n spokerige, verlate landskap, waar ’n pa en dogter in ’n tent woon en in die woud kos moet soek om te oorleef. Om hulle veilig te probeer hou, vermy die liefdevolle pa (Affle

CORNE LOUW

CORNE LOUW SE EERSTE ALBUM BEÏNDRUK MET ’N VARS MODERNE COUNTRY-POP-AANSLAG  Corne Louw is nie iemand wat musiek op die gewone manier aanpak nie. Sy eerste enkelsnit en ook die titelsnit van sy splinternuwe album, DATE NIGHT, het vir weke lank in die Nr.1 posisie op trefferparades landswyd gepryk. DATE NIGHT is ’n vars en moderne Country-Popsnit wat lekker is om na te luister en laat mense van reg-oor die land se voete onwillekeurig jeuk om op die dansvloer uit te kom. Die liedjie, wat deur Corne, Hugo Ludik en Vaughan Gardiner geskryf is, vind aanklank by enigiemand wat in ’n verhouding is en herinner paartjies daaraan om vir mekaar tyd te maak in vandag se gejaagde lewe. “Die enkelsnit beteken vir my baie, want dit het met my en my vrou gebeur vandat ons twee wonderwerkies gebore is. ’n Tweeling hou ons heeltemal weg van die dinge wat ons as ’n paartjie altyd saam gedoen het. Maar ons verruil hulle vir niks!” Die musiekvideo, wat by Fathom Media / KeyArt Services se atel

ONE VOICE

NUWE MEISIESGROEP DEEL HULLE EERSTE MUSIEK MET DIE LAND One Voice, Suid-Afrika se gunsteling nuwe musiek-evas, het pas hulle eerste album vrygestel en musiekliefhebbers is behoorlik opgewonde oor die vooruitsig om meer van hierdie vier talentvolle dames te hoor. Die groep, wat beskryf kan word as vier unieke stemme wat saamgesmelt het om ’n vars en unieke popklank te skep, se eerste enkelsnit is nou beskikbaar en is reeds besig om die radiogolwe oor te neem. DROOMPLANEET is ’n opgewekte Afrikaanse popsnit uit die pen van Lientjie Sothman. Dit is ’n goedvoel-liedjie oor die gevoel wat jy kry wanneer jy verlief is en die polsende ritme, wat jou uitnooi om saam te dans, sluit perfek by hierdie sorgvrye tema aan. “Wanneer jy verlief is op iemand, vergewe jy maklik al sy foute en wil jy graag saam met hom wegbreek na julle eie planeet,” verduidelik die vier oor die betekenis agter hulle eerste enkelsnit wat hulle stemme pragtig ten toonstel. “Ons hoop dat wanneer gehore hierna luiste

ANDRÉ SCHWARTZ

ANDRÉ SCHWARTZ VIER SY PAD NA SUKSES MET ’N SPLINTERNUWE ALBUM, ENKELSNIT EN VERTONING  “Elkeen van ons het ’n pad wat ons in die lewe moet stap. Soms is daar kronkels en draaie, wat ons voete seermaak en selfs laat bloei. Ander kere raak die las wat ons moet dra so swaar, dat dit ons breek. Maar ’n mens staan altyd weer op. Hoop en geloof is wat ons dra,” verklap Suid-Afrika se grootste vermaaklikheidskunstenaar, André Schwartz, oor die betekenis agter die titelsnit van sy langverwagte nuwe album, DIE PAD. Hierdie hoendervleismooi Pop-ballade, uit die pen van Roux Cloete, is die derde vrystelling vanaf die nuwe album en is een van daardie liedjies wat direk met die siel praat, omdat gehore van alle ouderdomme by die boodskap kan aanklank vind. “Almal van ons het al struikelblokke beleef en daarom dink ek dat mense van die liedjie sal hou. Dit is ’n pragtige produksie deur Christi Schutte wat ek vreeslik geniet om te sing, so ek hoop dat mense dit net soveel sal geniet om daarn