Ons het met Sharoney gesels oor spore los in die musiekbedryf asook haar nuutste enkelsnit, 21 Vir Ewig. 1. Jy is al ‘n geruime tyd in hierdie bedryf, watter goue lesse het jy geleer in hierdie tyd en waarvoor is jy dankbaar? Ek het geleer om net myself te wees, werklik genoeg is en om dit waaroor ek passievol is uit te leef. Ek het ook geleer dat die gras nie altyd soveel groener is as wat dit lyk nie. Die 6 – 7 jaar wat ek myself in die musiekbedryf bevind, het my ook geleer om elke dag harder te werk as gister. Met al hierdie lesse het ek ook ‘n groot dankbare hart, ek is dankbaar vir die klein dingetjies in die lewe, die dingetjies wat ‘n mens so geneig is om mis te kyk. 2. Vertel ons van jou nuutste enkelsnit? My splinternuwe enkelsnit, geskryf deur Jattie de Beer, ook deel van die groep Douvoordag, is getitel 21 Vir Ewig ( https://www.youtube.com/watch?v=frdqgjURM8Q ) en is heeltemal iets anders as waaraan Sharoney aanhangers gewoond is. Die enkelsnit is so vars e...