Stop for the one, in 2014 Die wind dwarrel ‘n stof streep oor die droë vlaktes hier waar ek tussen Vryburg en Kuruman ry, oppad na Upington. Dis so droog dat daar nie eers ‘n blaar in die dwarrel rond draai nie, dis net sand, stof, dis erg. Hoe verder ek ry hoe grootter word my verbasing. Kan dit regtig so lanklaas hier gereën het? Oral in die veld sien mens perde en beeste, so maer dat hul heup bene en ribbes gesien kan word. Plek-plek lê ‘n dooie perd of bees, sommer so in die gang. Lyndrade is weg, veld lyk soos ‘n woestyn, en my kop begin loop saam die dwarrel. Draaie en draaie en plek-plek staan hy stil, dan weer trek hy weg en dwarrel plesierig voort, opsoek na ‘n onthou (‘n “memory” van laasjaar se reën) om die lug in te draai, swaai, skoppelmaai, en voor ek my kon kry lê my gedagtes oor ‘n duisend plekke verstrooi en die dwarrel is weg. Die droogte in die Noord Wes is verskriklik erg. Daar is daagliks diere wat vrek en...