Stop
for the one, in 2014
Die
wind dwarrel ‘n stof streep oor die droë vlaktes hier waar ek tussen Vryburg en
Kuruman ry, oppad na Upington. Dis so droog dat daar nie eers ‘n blaar in
die dwarrel rond draai nie, dis net sand, stof, dis erg. Hoe verder ek ry
hoe grootter word my verbasing. Kan dit regtig so lanklaas hier
gereën het? Oral in die veld sien mens perde en beeste, so maer dat hul
heup bene en ribbes gesien kan word. Plek-plek lê ‘n dooie perd of bees,
sommer so in die gang. Lyndrade is weg, veld lyk soos ‘n woestyn, en my
kop begin loop saam die dwarrel. Draaie en draaie en plek-plek staan hy
stil, dan weer trek hy weg en dwarrel plesierig voort, opsoek na ‘n onthou (‘n
“memory” van laasjaar se reën) om die lug in te draai, swaai, skoppelmaai, en
voor ek my kon kry lê my gedagtes oor ‘n duisend plekke verstrooi en die
dwarrel is weg.
Die
droogte in die Noord Wes is verskriklik erg. Daar is daagliks diere wat
vrek en boere is raadop en mismoedig, en tussen al die hartseer besluit een ou
om ‘n facebook blad oop te maak wat verslag gee oor die droogte en of dit al
gereën het en hoeveel dit gereën het. Mense van oral oor die droogte
geteisterde gebied sluit aan en naderhand het mense van buite daardie gebiede
ook begin aansluit. Ek volg daagliks die blad en my hart loop oor van
trots om te sien hoe mense begin uitreik en begin saam staan en begin skenkings
maak het vir hierdie arme boere en hul diere. Daar is ‘n rekening
oopgemaak vir fonds skenkings waarmee voer aangekoop word en afgelaai word by
boere. Boere wat nie deur die droogte geraak word nie het begin voer
skenk en mense met vervoer maatskapye het vervoer gereël vir die voer.
Oral het hulp begin instroom en verligting gebring vir party boere. Daar
was selfs mense wat goedjies soos knipmesse maak en verkoop wat van daardie
messe geskenk het om op te veil en die geld gaan dan vir die droogte
fonds. Later was selfs die tv betrokke en het hulle radio programme begin
uitsaai om mense bewus te maak van die droogte… en dit alles uit een ou
se inisiatief om ‘n facebook blad te begin om mense bewus te maak van die nood
in die Noord Wes.
Hierdie
storie het my laat dink aan hoe een mens ‘n reuse verskil kan maak. Ons
dink altyd dat ons te klein is om werklik ‘n verskil te maak, of dat ons te min
“resources” het, of nie genoeg invloed nie, maar daar is soveel mense daarbuite
wat stok-siel aleen deur net te doen wat hul hand vind om te doen, ‘n
reuse verskil maak in baie ander mense se lewens. Nog so ‘n mens is Heidi
Baker van Iris Ministries. Doen die moeite en gaan google hierdie vrou en
sien wat sy vermag het deur te doen wat haar hand vind om te doen. Haar
leuse is “Stop for the one”. En sy sê altyd: “love looks like
something”. Uit dit uit lei ek af dat as ons nie bereid is om die een
mens wat voor ons staan lief te hê en te dien nie sal ons dit ook nie doen vir
die ander 999 nie.
Stop
for the one…
Mag ons ten alle tye gefokus wees daarop om te stop vir
die een wat voor ons staan. Om liefde te gee wat na iets lyk en nie net
leë woorde nie, maar te doen wat gedoen moet word om die persoon geliefd te
laat voel, versorg te laat voel, geluk te bring oral waar ons gaan. As
elkeen van ons besluit om in een mens se lewe in te praat in 2014 en uit ons
pad te gaan om daardie mens te dien kan ons die wêreld verander. Moenie
toelaat dat jy langer geintimideer word deur die gedagte van hoe groot die
verandering is wat gemaak moet word voor die wêreld weer ‘n beter plek sal wees
nie. Skuif jou fokus van die grootte van die probleem na een mens en
begin in sy of haar lewe ‘n verskil maak. Ek hoop dat elkeen van julle wat hier
lees sal “commit” om in hierdie jaar die antwoord te wees, liefde na iets te
laat lyk, stil te staan by een mens, ‘n verskil te maak, vreugde te saai, op hierdie
manier verander ons die wêreld, een mens op ‘n keer!
Blessings
Liezl
Opmerkings
Plaas 'n opmerking