NasieInspirasie se Onderhoud met Natie en Hester Du plessis op hul huweliksherdenking 2015. Hierdie twee kosbares is my skoonouers. Ek is baie dankbaar om hier ietsie klein te kan deel van hulle liefde vir mekaar in die tyd wat hulle saam is... 1.Hoe lank is julle getroud en hoe het julle ontmoet? "45 jaar vandag op 28 Feb. Ons ouers het saamgewerk by Checkers en ons het mekaar daar leer ken. Toe Natie my die eerste keer sien het hy aan sy neef gesê: "met daardie meisie gaan ek trou..." 2.Wat is jul verhouding se SterkPunte? "Dis eenvoudig, ons is albei lief vir die Here en daarom is ons bereid om vêr te gaan en te werk aan ons huwelik. Ons sin vir waardes is baie dieselfde. Die manier hoe ons grootgemaak is ook deur ons ouers was baie dieselfde en met sterk gesins-waardes." 3.Waaroor sit julle meeste vas? "Ons het albei sterk persoonlikehede... om op een rigting te besluit kan uitdagend wees!" 4. Wat in julle mening het die meeste bygedra tot die kw...