Slaan oor na hoofinhoud

Onvoorwaardelike Liefde

NasieInspirasie se Onderhoud met Natie en Hester Du plessis op hul huweliksherdenking 2015.

Hierdie twee kosbares is my skoonouers.
Ek is baie dankbaar om hier ietsie klein te kan deel van hulle liefde vir mekaar in die tyd wat hulle saam is...

1.Hoe lank is julle getroud en hoe het julle ontmoet?

"45 jaar vandag op 28 Feb. Ons ouers het saamgewerk by Checkers en ons het mekaar daar leer ken. Toe Natie my die eerste keer sien het hy aan sy neef gesê: "met daardie meisie
gaan ek trou..."

2.Wat is jul verhouding se SterkPunte?

"Dis eenvoudig, ons is albei lief vir die Here en daarom is ons bereid om vêr te gaan en te werk aan ons huwelik. Ons sin vir waardes is baie dieselfde. Die manier hoe ons grootgemaak is ook deur ons ouers was baie dieselfde en met sterk gesins-waardes."

3.Waaroor sit julle meeste vas? 

"Ons het albei sterk persoonlikehede...
om op een rigting te besluit kan uitdagend wees!"

4. Wat in julle mening het die meeste bygedra tot die kwaliteit en langdurigheid van julle verhouding as man en vrou? 

"Die feit dat ons besluit het om te werk aan ons huwelik. Elkeen van ons het die vermoë om dinge na waarde te skat...sou ons verskil het ons genoeg waardering vir wat die lewe vir jou kan bied en agter dit alles verstaan ons iets van God se genade en omgee vir ons en hoe ons teenoor mekaar, met dit as vetrekpunt, in liefde optree. Op ons eerste huweliksnag het ons stilte tyd gehou en 1Korintiërs 13 gelees. Dit is steeds nog baie spesiaal vir ons. Ook het ons baie gebid voor ons getrou het en gebid dat ons die regte maats is vir mekaar en glo ons is.

5. Hier op NasieInspirasie het ons vir 'n tydperk beginsels uit die woord bestudeer. Is dit nie so dat basiese skrifbeginsels voedsaam kan wees vir 'n huwelik nie?....En dat die beginsels eintlik maar dieselfde bly terwyl getroudes of daarin groei (mature) of daarin faal...
Watter goeie beginsels uit die skrif sou julle sê skep 'n veilige plek/riglyn vir couples wat hulle kan toepas (daar is baie beginsels, maar wat staan uit vir julle?)

Die beginsel van Onvoorwaardelike Liefde....

Hoe God ons eerste lief het en van daar af loop Liefde altyd saam. (Mens onthou dit nie altyd in die slegte tye nie, maar dit is so.)

Mense skei te maklik. Strewe daarna om deur jul probleme te werk. Dit vat baie harde werk van beide maats. Albei Gee en Albei Neem. Dan lewer jou omgewing en geestelike opvoeding  ook 'n groot bydrae. Ons het geleer dat als in God se hande is. 


XxxxxxxxxxxxxxxxX
Wees 'n Inspirasie!

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Die klippie in my skoen - geskryf deur iskra

Wat 'n knaende verraad! Daardie klippie in die skoen. Daardie ding wat krap en pla en mens soms verleë laat. Dis 'n pes as jy dalk jaag van hier na daar, soveel dinge wat aan jou trek; jou aandag vat; daar is nie tyd nie! Vir jou om net te kan sit, skoen uittrek en die verdomde ding uitgooi! Pfffeeeu...! Wat 'n verligting as hy eers weg is! So klein dingetjie met soveel praat in sy kneuse...daardie klippie in die skoen. (Talk about rubbing me up the wrong way!) Ons het almal maar ons klippies. Klein goedjies wat haak en pla. Daagliks knaag dit aan ons..maal dit rond in ons koppe, laatnag, wannneer ons eintlik moet slaap... Ons veiligheid. Ons kinders se toekoms, gesondheid. Hoe gaan jy hierdie maand daardie rekening betaal? Jou huwelik of 'n vriendskap is dalk op 'n snaakse plek of selfs naby skipbreek? Dalk ons eie gesondheid wat 'n lelike rapport gekry het... 'n finale een...wat jou asem weggeruk het...wat jou, die mense om jou, dae en minute met '...

#Bakgat Gesondheidsbeskuit

My ouma het altyd gesê: “As jy kan lees, kan jy bak”. Ek het dit altyd geglo en wyd en syd verkondig, maar vandat ek self begin bak het vir ‘n lewe, het ek agtergekom dat jy meer leer met ondervinding as wat enige resep jou kan vertel. Soos ek dan nou hierdie resep met julle deel, deel ek dan ook my ondervinding, wat ‘n paar vrae dalk vir julle sal opklaar en natuurlik die mite dat beskuit moeilik is om te bak van die tafel afhaal. Bestandele: 1kg Bran Rich Self Raising Flour  (of gewone self raising flour as jy nie so baie van semels hou nie) 10ml Bakpoeier 10ml Sout 125ml Klapper 250ml Sonneblom sade 100ml Rosyne 50ml fyn gekapte neute van jou keuse 500ml All Bran Flakes  (goedkoper bran flakes ook goed, maar proe nie so lekker nie) 250ml Suiker (wit of bruin, maak nie saak nie) 500ml Oats (maak nie saak watter ‘brand’ nie) 500g Botter (gesmelt) 500ml Karringmelk Hierdie is die basis waarvan af ek werk. As ek nie bv. Oats of rosyne het nie, sal ek dit vervang met ...

Droom Soos 'n Kind

Vir die Nasie-tema: SOOS 'N KIND, het ek nogal baie te sê! Ek het, 'after all', 4 kinders. Jip 4. Bid asb vir my. Haha...dis wat 'n oomie nou die dag in 'Pick 'n Pay' se parkering vir my ges ê  het toe my jongste nie in sy kar-stoeltjie wou klim nie en sy ander boeties oral om die kar bedrywig is. Sussie rustig op haar foontjie, rol net haar oë vir haar boeties. Hy het geglimlag en gesê "Ek bid vir jou". Ek het gegiggel en gesê: "Dankie. Dis wat my aan die gang hou, almal wat vir my bid." Grappies op 'n stokkie.  SOOS 'N KIND  laat my dadelik dink aan Heidi: kaalvoet, sorgeloos en huppelend gelukkig! Ek het myself altyd vereenselwig met haar en wou soos sy wees. Ek onthou my Juffrou se boodskap in my handtekening boekie van Graad 7 "Bly altyd so vriendelik en lewenslustig"....... En dan besluit jy plegtig: maar natuurlik sal ek, ek belowe Juffrou!  Dis mos maklik om net te wees wie jy is. Maar dan gebeur die lewe...