1.Vertel ons asb bietjie meer van wat jou daaglikse werk behels asook die missie en visie daarvan? A.g.v. my vorige ervaringe, het ek die begeerte ontwikkel om vreugde terug te bring in die werksplek. Mens spandeer die grootste deel van hulle lewe by die werk en daar is ongelooflike druk en miskommunikasie. Die Here het my gelei na ongelooflike mense en geleenthede om my voor te berei vir die taak. Dit het 3 jaar geneem om te formuleer wat dit is wat ek vir firmas kan bied om ‘n verskil te maak. So het Keesta ontstaan. Met behulp van die wonderlike vaardigheid van NLP (Neuro Linguistic Programming) en LAB Profiele (Language and Behaviour), kan ek tot die kern van die persoon dring, weet wat motiveer hulle, wat demotiveer hulle en in watter tipe pos en kultuur hy/sy die beste sal funksioneer. Dis my trots om mense te help ontdek wat hulle potensiaal is en hoe hulle ‘n groeiplan kan uitwerk om dit te bereik. Dis tot die firma se voordeel om eerstens die regte perso...