Slaan oor na hoofinhoud

Bouwer Bosch


1. Hi Bouwer, welkom by NasieInspiraise!
Dit is altyd lekker om te sien wanneer mense braaf is en opstaan vir die dinge en persone waarin hulle glo. Watter dinge en persone staan jy graag voor?
 Ek staan vir liefde, dat almal maar eintlik die lewe “wing”. Niemand weet wat môre gaan gebeur nie maak nie saak in wie of wat jy glo nie. Dit maak ons almal vir my dieselfde. Ek is net so stukkend soos die sielkundige wat 'n PHD het, en ek en ateïste het net so baie onsekerhede soos 'n dominee van 'n gemeente met 50 000 lede.  Ek glo dat liefde wen, dat die lewe verander gaan word deur verhoudings en nie 'n klomp reëls en wette nie. Ek staan vir stukkende en verlore mense soos ek, wat soms opstaan en nie weet wat om met hul lewe te doen nie. Ek staan ook vir mense wat die lewe nie altyd so ernstig opneem nie, wat kan giggel oor “stupid” goed wat ek self aanvang en die foute wat ek maak. 

2.Met tye word dit verdraai deur mense se persepsies en interpretasies. Hoe het jy geleer om dit die beste te hanteer?
Jy kan nie van almal hou nie, en almal kan nie van jou hou nie. Hoe gouer mens vrede maak met dit hoe beter. Dewald Potgieter het my ook geleer dat jy is nooit so goed of sleg soos wat mense sê jy is nie. Daai uitkyk op die lewe help my maar om “grounded” te bly.

3. Ons het so rukkie terug oor Passie gesels hier op Nasie en ook oor hoe mense nie altyd hulle gekose doel uitleef en eintlik "stuck" is in 'n omgewing (square peg in a round hole) en negatiewe gedagte-gange.
Wat is jou Passie en Hoe het jy dit ontdek?
Ek dink my passie is mense en onregverdighede. Ek dink nie ek doen genoeg om teen onregverdighede te veg nie, ek is maar soms 'n “armchair activist” wat net sit agter 'n rekenaar en tik en besef ek moet meer doen daarbuite. Ek was maar net gelukkig, “I guess”, ek het nog altyd iets in my gehad wat breek vir ander mense, dalk omdat ek so baie van myself in ander kon raaksien.  Ek dink ook jy ontdek elke dag meer van wie jy is en wat jy eintlik moet doen hier op aarde, soms moet jy ook net wees en deur sekere dinge sit, nie te veel “overthink” nie.

4. "If I knew then what I know now...."
Watter raad het jy vir die jong ouens wat jou spore agterna volg in die bedryf waar jy jouself bevind?
Wees anders, “you cannot make a difference if you are not different.” Swem teen die stroom en wees altyd eerlik met jouself en jou kuns en soos Brand Pretorius sê, moenie lief raak vir goed wat nie lief kan raak vir jou nie.

5. Wat is jy tans mee besig waarvoor ons kan uitkyk, (...solank opgewonde kan raak oor?)......ek skryf 'n paar nuwe liedjies vir myself sommer, ons werk aan Vuil Wasgoed die vollengte film wat ek laasjaar saam Bennie Fourie aangepak het, hy is 'n briljante nuwe skrywer en akteur in SA. Verder werk ons aan 'n lekker winterprojek vir Liefde Wen.




6. Jou gunsteling SUID AFRIKAANSE BANDS/KUNSTENAAR (Noem 3 of meer as jy wil...)
Hemelbesem. Een van ons land se beste kletsrymers/digters.
Ek is 'n groot Beatenberg fan.
Majozi het ook 'n manier om emosies vas te vang wat ander nie kan nie.

7. Hier op Nasieinspirasie is ons leuse:
 "a tiny spark can set a great forest on fire."
(Die klein bietjie wat jy het is genoeg en kan 'n REUSE verskil maak, begin dit net gebruik) Hoe kan mense 'n verskil maak/betrokke raak met betrekking tot jou LiefdeWen Projek??
Liefde Wen groei maar stadig maar ek dink hy groei teen die regte tempo. Ek is nog nie op 'n plek in my lewe wat ek al my projekte kan stop en net Liefde Wen projekte doen nie, ek wens. Ons probeer maar via sosiale media mense mobiliseer, die Liefde Wen span is wyd versprei so ons werk nou aan 'n plan om meer gefokus te werk. Dit is maar deel van die groeipyne van enige organisasie. Die beste raad is maar om twitter, instagram en facebook dop te hou vir wanneer ons 'n volgende projek aan die gang kry.


8. Gunsteling Life Quote?....
“You cannot make a difference if you are not different”. - Coco Chanel.  


Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Die klippie in my skoen - geskryf deur iskra

Wat 'n knaende verraad! Daardie klippie in die skoen. Daardie ding wat krap en pla en mens soms verleë laat. Dis 'n pes as jy dalk jaag van hier na daar, soveel dinge wat aan jou trek; jou aandag vat; daar is nie tyd nie! Vir jou om net te kan sit, skoen uittrek en die verdomde ding uitgooi! Pfffeeeu...! Wat 'n verligting as hy eers weg is! So klein dingetjie met soveel praat in sy kneuse...daardie klippie in die skoen. (Talk about rubbing me up the wrong way!) Ons het almal maar ons klippies. Klein goedjies wat haak en pla. Daagliks knaag dit aan ons..maal dit rond in ons koppe, laatnag, wannneer ons eintlik moet slaap... Ons veiligheid. Ons kinders se toekoms, gesondheid. Hoe gaan jy hierdie maand daardie rekening betaal? Jou huwelik of 'n vriendskap is dalk op 'n snaakse plek of selfs naby skipbreek? Dalk ons eie gesondheid wat 'n lelike rapport gekry het... 'n finale een...wat jou asem weggeruk het...wat jou, die mense om jou, dae en minute met '...

#Bakgat Gesondheidsbeskuit

My ouma het altyd gesê: “As jy kan lees, kan jy bak”. Ek het dit altyd geglo en wyd en syd verkondig, maar vandat ek self begin bak het vir ‘n lewe, het ek agtergekom dat jy meer leer met ondervinding as wat enige resep jou kan vertel. Soos ek dan nou hierdie resep met julle deel, deel ek dan ook my ondervinding, wat ‘n paar vrae dalk vir julle sal opklaar en natuurlik die mite dat beskuit moeilik is om te bak van die tafel afhaal. Bestandele: 1kg Bran Rich Self Raising Flour  (of gewone self raising flour as jy nie so baie van semels hou nie) 10ml Bakpoeier 10ml Sout 125ml Klapper 250ml Sonneblom sade 100ml Rosyne 50ml fyn gekapte neute van jou keuse 500ml All Bran Flakes  (goedkoper bran flakes ook goed, maar proe nie so lekker nie) 250ml Suiker (wit of bruin, maak nie saak nie) 500ml Oats (maak nie saak watter ‘brand’ nie) 500g Botter (gesmelt) 500ml Karringmelk Hierdie is die basis waarvan af ek werk. As ek nie bv. Oats of rosyne het nie, sal ek dit vervang met ...

Droom Soos 'n Kind

Vir die Nasie-tema: SOOS 'N KIND, het ek nogal baie te sê! Ek het, 'after all', 4 kinders. Jip 4. Bid asb vir my. Haha...dis wat 'n oomie nou die dag in 'Pick 'n Pay' se parkering vir my ges ê  het toe my jongste nie in sy kar-stoeltjie wou klim nie en sy ander boeties oral om die kar bedrywig is. Sussie rustig op haar foontjie, rol net haar oë vir haar boeties. Hy het geglimlag en gesê "Ek bid vir jou". Ek het gegiggel en gesê: "Dankie. Dis wat my aan die gang hou, almal wat vir my bid." Grappies op 'n stokkie.  SOOS 'N KIND  laat my dadelik dink aan Heidi: kaalvoet, sorgeloos en huppelend gelukkig! Ek het myself altyd vereenselwig met haar en wou soos sy wees. Ek onthou my Juffrou se boodskap in my handtekening boekie van Graad 7 "Bly altyd so vriendelik en lewenslustig"....... En dan besluit jy plegtig: maar natuurlik sal ek, ek belowe Juffrou!  Dis mos maklik om net te wees wie jy is. Maar dan gebeur die lewe...