Slaan oor na hoofinhoud

My Father's War - Die Resensie






MY FATHER’S WAR

Aangebied deur:

Lion Mountain Films
In samewerking met
AQUAVISION TV PRODUKSIES
kykNET Films en die DTI.



Rolverdeling:
Edwin van der Walt, Stian Bam, Erica Wessels, Fumani Shilubana, Nastassja Jooste, Jai’ Prakash Sewram, Johan Baird, Neels Clasen, Kew Khauoe, Richard Lukunku, Duane Behrens, Alan Glauber, Nat Ramabulana, David Dukas, Francois Jacobs, David Rees, Eddie de Jager, Damon Berry, Meren Reddy, VianSingleton and Nobuhle Mahlasela


Skrywer/Regisseur: Craig Gardner
Vervaardiger: Peter Lamberti
Uitvoerende Vervaardigers: Dave Keet en Myron Lee Nash
Lynvervaardiger: Gail Overton
Kinematograaf: Tom Marais
Kostuumontwerp: Pierre Vienings
Produksieontwerp: Chantel Carter
Redigering: Esté Nortje
Oorspronklike Musiek: Benjamin Willem
Publisiteit en Bemarking:
Alishia van Deventer 
(Starburst Promosies)


#NasieInspirasie Resensie

Hierdie film se storie konsentreer baie op verhoudings, veral van Pa en seun, maar hanteer ook mense se opinies oor mekaar.

Wat my die meeste geinspireer het van hierdie film, en ook die fondasie van die storie, was:
Die seun wat 'n negatiewe opinie gevorm het oor sy Pa, maar besef nie werklik watter moeilike omstandighede sy Pa moes deurgegaan het nie. Ja, sy Pa het nie altyd situasies op die beste manier hanteer nie, maar sy bedoelings was eerlik en sekere situasies buite sy beheer.

Ons is dalk kwaad vir iemand maar besef nie werklik waardeur hulle gegaan het en watter pad hulle geloop het tot waar hulle vandag is nie. (Walk a mile in another's shoes...)

Die gebroke verhouding en onvergifnis domineer en beheer eintlik dié persoon se lewe.

Omdat almal in verhouding is kan enige iemand baat vind by hierdie inspirerende storie van gebrokenheid asook herstel.

Ek het baie gehou van HOE die storie mooi bymekaargekom het.

Soms kan sitausies in verhoudings sneeu-bal en skade ly omdat mense nie oop is of ruimte los vir mekaar nie - voordat ons reageer, kan ons meer uit ander mense se oog-punt die situasie probeer sien, en dan eers vorentoe beweeg.

Dis deffinitief 'n emosionele storie met diepte en nie net oorlog en gewere nie.

Die uitdagings is ook baie akkuraat vir daardie generasie wat soortelyke dinge beleef het in ons afrikaanse geskiedenis.

Die rol-vertolking was baie goed en ontlok werklik emosie!

Baie Dankie vir 'n inspirerende film!

Die film begin die 5de Augustus in teaters.

#nasieinspirasie
Carel Du Plessis
Henlo Pepler













Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Die klippie in my skoen - geskryf deur iskra

Wat 'n knaende verraad! Daardie klippie in die skoen. Daardie ding wat krap en pla en mens soms verleë laat. Dis 'n pes as jy dalk jaag van hier na daar, soveel dinge wat aan jou trek; jou aandag vat; daar is nie tyd nie! Vir jou om net te kan sit, skoen uittrek en die verdomde ding uitgooi! Pfffeeeu...! Wat 'n verligting as hy eers weg is! So klein dingetjie met soveel praat in sy kneuse...daardie klippie in die skoen. (Talk about rubbing me up the wrong way!) Ons het almal maar ons klippies. Klein goedjies wat haak en pla. Daagliks knaag dit aan ons..maal dit rond in ons koppe, laatnag, wannneer ons eintlik moet slaap... Ons veiligheid. Ons kinders se toekoms, gesondheid. Hoe gaan jy hierdie maand daardie rekening betaal? Jou huwelik of 'n vriendskap is dalk op 'n snaakse plek of selfs naby skipbreek? Dalk ons eie gesondheid wat 'n lelike rapport gekry het... 'n finale een...wat jou asem weggeruk het...wat jou, die mense om jou, dae en minute met '...

#Bakgat Gesondheidsbeskuit

My ouma het altyd gesê: “As jy kan lees, kan jy bak”. Ek het dit altyd geglo en wyd en syd verkondig, maar vandat ek self begin bak het vir ‘n lewe, het ek agtergekom dat jy meer leer met ondervinding as wat enige resep jou kan vertel. Soos ek dan nou hierdie resep met julle deel, deel ek dan ook my ondervinding, wat ‘n paar vrae dalk vir julle sal opklaar en natuurlik die mite dat beskuit moeilik is om te bak van die tafel afhaal. Bestandele: 1kg Bran Rich Self Raising Flour  (of gewone self raising flour as jy nie so baie van semels hou nie) 10ml Bakpoeier 10ml Sout 125ml Klapper 250ml Sonneblom sade 100ml Rosyne 50ml fyn gekapte neute van jou keuse 500ml All Bran Flakes  (goedkoper bran flakes ook goed, maar proe nie so lekker nie) 250ml Suiker (wit of bruin, maak nie saak nie) 500ml Oats (maak nie saak watter ‘brand’ nie) 500g Botter (gesmelt) 500ml Karringmelk Hierdie is die basis waarvan af ek werk. As ek nie bv. Oats of rosyne het nie, sal ek dit vervang met ...

Droom Soos 'n Kind

Vir die Nasie-tema: SOOS 'N KIND, het ek nogal baie te sê! Ek het, 'after all', 4 kinders. Jip 4. Bid asb vir my. Haha...dis wat 'n oomie nou die dag in 'Pick 'n Pay' se parkering vir my ges ê  het toe my jongste nie in sy kar-stoeltjie wou klim nie en sy ander boeties oral om die kar bedrywig is. Sussie rustig op haar foontjie, rol net haar oë vir haar boeties. Hy het geglimlag en gesê "Ek bid vir jou". Ek het gegiggel en gesê: "Dankie. Dis wat my aan die gang hou, almal wat vir my bid." Grappies op 'n stokkie.  SOOS 'N KIND  laat my dadelik dink aan Heidi: kaalvoet, sorgeloos en huppelend gelukkig! Ek het myself altyd vereenselwig met haar en wou soos sy wees. Ek onthou my Juffrou se boodskap in my handtekening boekie van Graad 7 "Bly altyd so vriendelik en lewenslustig"....... En dan besluit jy plegtig: maar natuurlik sal ek, ek belowe Juffrou!  Dis mos maklik om net te wees wie jy is. Maar dan gebeur die lewe...