©Rut Art - Riëtte Delport Riëtte is 'n spesiale vrou en kunstenaar wat deur haar brandende passie ander inspireer om, in liefde, hulself en die lewe te vier! Ons het met haar gesels oor wat kuns vir haar beteken en hoe sy haarself begin uitleef het onder die naam Rut Art. 1. Baie Welkom by NasieInspirasie Riëtte, vertel ons bietjie meer van jouself? Hi, ag baie dankie vir die geleentheid. Ek bly op een van Suid-Afrika se mooiste kus dorpies, Mosselbaai, saam met my gesin. Ek het ‘n pragtige dogtertjie van 8 en seuntjie van 2 en ‘n “awesome” man wat my motiveer en ondersteun. Omtrent so een jaar na my eersteling se geboorte het my man gesê ek moet sommer begin voltyds skilder en doen wat ek geniet. Ek is mal oor my eie naam, Riëtte, maar vir die kuns wat ek doen het ek besluit op die skuilnaam ©Rut, omdat sy my ge-inspireer het met haar liefde vir God en haar skoonma (familie). Sy was baie liefdevol en dit is vir my ‘n baie spesiale boodskap veral omda...