Slaan oor na hoofinhoud

Jo Black

#nasieinspirasie
Jo Black 2016

1.Van ons vorige onderhoud tot nou, het daar soveel dinge gebeur.
Vertel ons asb bietjie meer oor Be That Guy en nuwe verwikkelinge in jou lewe?

Jis, Be That Guy was die tema van 'n praatjie wat ek vroër die jaar by 'n skool gegee het. Ek het die kinders na die tyd gevra wie wil that guy/girl wees, en almal het hulle hande opgesteek. Ek het 'n "selfie" geneem en op fb gesit. Binne 3 weke het ek 91 uitnodigings na skole reg oor die hele land gehad.
Nou is dit nie net 'n tema nie, dis ‘n leefstyl. In die laaste 6 tot 7 maande was ek al by meer as 110 skole en rondom 100000 kinders toegespreek.


2. Hoe wil jy graag ander inspireer?

Deur mense te laat besef dat hulle meer werd is as wat hulle dink. Ek wil die ou wees wat almal soos ’n iemand laat voel.


3. In ons vorige onderhoud het jy genoem dat die legacy wat jy vir jou kinders sal wil agterlaat, eerder in die tipe man wie jy IS sal wees ipv wat jy as man BEREIK het in die lewe. Watter uitdagings ervaar jy om hierdie droom van legacy 'n realiteit te hou?

Mans oor die algemeen praat nie. Ons sê nie wat ons uitdagings is of wat ons onder kry nie. Ek braai Vrydae oggende vir die mans. Die hoof tema deur elke week is basies legacy.
Hoe behandel ons ander in ons eie storms, wie is ek in my vrou en kinders se oë, en dan belangrik, hoe sien ek myself. Almal is besig met een of ander battle in die lewe, so kom ons wees daai ou wat help waar ons kan.


4.Het jy nogsteeds die kitaar wat R164 gekos het of het jy intussen geUpgrade?
Waar en Wanneer is jou volgende optrede en hoe kan mense jou doen en late volg?

Ek het my 1ste kitaar geskenk aan iemand in die Kaap.
Intussen het ek 2 nuwe kitare gekry waarmee ek nou optree.
Ek is besig met my 1ste album wat hopelik in April 2017 op die rakke sal wees.
Gaan kyk gerus na my fb page -
Be That Guy Everyday Heroes, Jo Black, ook op instagram en twitter:
@joblack8 / @btg_everday_heroes / email: jo@bethatguy.co.za


5. Hoe het jou uitreik na skole en jou werk met mense daar jou manier van dink verander en jou geinspireer?

Ek sien die gebrokenheid om ons al hoe meer raak. Ek hoor daagliks stories van moed opgee, depressie, ek's nie goed genoeg nie.
Dit motiveer my om elke dag ‘n verskil in iemand se lewe te probeer maak.


6. Waarna sien jy uit?

Ons groei nou teen ‘n spoed wat ek nooit kon insien nie.
Die skole toer trek al by 850 uitnodigings, my musiek loopbaan wat afskop maak my baie opgewonde. Al hoe meer mense raak betrokke by ons. So binne die volgende jaar sien ek dat mense begin naaste-liefde leef, dat mense weer geinspireer gaan word deur musiek, dat hoop soos ’n golf in Suid Afrika gaan spoel.

Die eerste/vorige onderhoud hier: Jo Engelbrecht



Jo Black - Be That Guy
#nasieinspirasie


 Jo Black - Inhoud Huis
#nasieinspirasie




Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Die klippie in my skoen - geskryf deur iskra

Wat 'n knaende verraad! Daardie klippie in die skoen. Daardie ding wat krap en pla en mens soms verleë laat. Dis 'n pes as jy dalk jaag van hier na daar, soveel dinge wat aan jou trek; jou aandag vat; daar is nie tyd nie! Vir jou om net te kan sit, skoen uittrek en die verdomde ding uitgooi! Pfffeeeu...! Wat 'n verligting as hy eers weg is! So klein dingetjie met soveel praat in sy kneuse...daardie klippie in die skoen. (Talk about rubbing me up the wrong way!) Ons het almal maar ons klippies. Klein goedjies wat haak en pla. Daagliks knaag dit aan ons..maal dit rond in ons koppe, laatnag, wannneer ons eintlik moet slaap... Ons veiligheid. Ons kinders se toekoms, gesondheid. Hoe gaan jy hierdie maand daardie rekening betaal? Jou huwelik of 'n vriendskap is dalk op 'n snaakse plek of selfs naby skipbreek? Dalk ons eie gesondheid wat 'n lelike rapport gekry het... 'n finale een...wat jou asem weggeruk het...wat jou, die mense om jou, dae en minute met '...

#Bakgat Gesondheidsbeskuit

My ouma het altyd gesê: “As jy kan lees, kan jy bak”. Ek het dit altyd geglo en wyd en syd verkondig, maar vandat ek self begin bak het vir ‘n lewe, het ek agtergekom dat jy meer leer met ondervinding as wat enige resep jou kan vertel. Soos ek dan nou hierdie resep met julle deel, deel ek dan ook my ondervinding, wat ‘n paar vrae dalk vir julle sal opklaar en natuurlik die mite dat beskuit moeilik is om te bak van die tafel afhaal. Bestandele: 1kg Bran Rich Self Raising Flour  (of gewone self raising flour as jy nie so baie van semels hou nie) 10ml Bakpoeier 10ml Sout 125ml Klapper 250ml Sonneblom sade 100ml Rosyne 50ml fyn gekapte neute van jou keuse 500ml All Bran Flakes  (goedkoper bran flakes ook goed, maar proe nie so lekker nie) 250ml Suiker (wit of bruin, maak nie saak nie) 500ml Oats (maak nie saak watter ‘brand’ nie) 500g Botter (gesmelt) 500ml Karringmelk Hierdie is die basis waarvan af ek werk. As ek nie bv. Oats of rosyne het nie, sal ek dit vervang met ...

Droom Soos 'n Kind

Vir die Nasie-tema: SOOS 'N KIND, het ek nogal baie te sê! Ek het, 'after all', 4 kinders. Jip 4. Bid asb vir my. Haha...dis wat 'n oomie nou die dag in 'Pick 'n Pay' se parkering vir my ges ê  het toe my jongste nie in sy kar-stoeltjie wou klim nie en sy ander boeties oral om die kar bedrywig is. Sussie rustig op haar foontjie, rol net haar oë vir haar boeties. Hy het geglimlag en gesê "Ek bid vir jou". Ek het gegiggel en gesê: "Dankie. Dis wat my aan die gang hou, almal wat vir my bid." Grappies op 'n stokkie.  SOOS 'N KIND  laat my dadelik dink aan Heidi: kaalvoet, sorgeloos en huppelend gelukkig! Ek het myself altyd vereenselwig met haar en wou soos sy wees. Ek onthou my Juffrou se boodskap in my handtekening boekie van Graad 7 "Bly altyd so vriendelik en lewenslustig"....... En dan besluit jy plegtig: maar natuurlik sal ek, ek belowe Juffrou!  Dis mos maklik om net te wees wie jy is. Maar dan gebeur die lewe...