Slaan oor na hoofinhoud

Janine Fourie



Janine is 'n musikant wat gereeld in en om die tuinroete optree en 
leef so haar passie daagliks uit. Een van haar liedjies, "A Million Things" was onlangs as nommer 1 treffer op Sfm deur luisteraars gekies. Sy stel ook nuwe musiek bekend einde Maart 2018. Met nuwe liedjies, haar unieke stem en brawe hart, stap sy in 'n nuwe seisoen in.

1. Janine, baie welkom by NasieInspirasie! Vertel die lesers meer van jouself.


Ek is Janine Fourie, ek woon in Oudtshoorn. Ek kom uit ‘n musikale familie, van beide my ma en pa se kant af. Ek het ‘n passie vir musiek en dis al wat ek nog wou doen vandat ek kan onthou. Sing is my grootste passie, en dan speel ek ook verskeie instrumente bv. klavier, trekklavier, ukulele en bietjie kitaar.

2. Baie van ons lesers ken jou van die vorige duo groep waarin jy  destyds gesing het, “Behind Two Jays”. Vertel ons meer van die nuwe rigting en die nuwe musiek wat oppad is, waaroor jy so opgewonde is?

Ek dink "Behind Two Jays" het my gehelp om te groei as kunstenaar en my rigting te vind wat meer Country / Folk / Pop musiek is. Ek probeer altyd om uit my hart te skryf. Ek sien verskriklik uit na die nuwe musiek waarmee ek besig is, met behulp van goeie vriende van my, wat verseker dat ek die beste produk kan lewer; Jo en Chris, wat my vervaardig en mede-liedjieskrywers, Riska en Carel du Plessis.

3.Hoe sou jy jou styl/musiek beskryf aan mense wat jou nog nooit vantevore gehoor of jou optredes beleef het nie? 


Ek hou van ‘n wye verskeidenheid van musiek en dus probeer ek sover moontlik iets van alles doen. As jy na ‘n show van my kom, is ek seker dat ek wel iets sal sing waarvan jy hou. Van Oorspronklike musiek, Golden Oldies tot radio treffers. Ek gebruik ook 'n Trekklavier en Ukulele in my optredes, wat dit interessant hou.

4. Wie/Wat inspireer jou ?

Ek het ‘n groot aanhanger geraak van die series, Nashville en dit het net my liefde vir Country musiek soveel sterker gemaak. Dan was Taylor Swift, Christina Aguilera, Sia en Lady Gaga nog altyd die vroue wat my meeste geinspireer het. Hulle agtergrond stories en musiek verskil wel, maar almal van hulle het hard gewerk om te kom waar hulle is en het dit nie altyd maklik gehad nie. Ek kan net droom om ‘n klein bietjie van hulle sukses eendag te behaal.

5. Waar en wanneer is jou volgende optredes?

My optredes vir April is as volg:

3 April – KKNK: RSG verhoog 15:00
4 April- KKNK: Castle Lager verhoog 13:30 & 16:30
7 April – The Bench (George)
13 April – Surf Café (Plettenbergbaai)
14 April – Fairy Knowe Backpackers (Wilderness)
20 April – The Bench (George)
29 April – Mujo Restaurant & Pub (George)

Lesers kan gerus my facebook page dophou vir ander datums soos dit bykom. 
Kontak janinefouriemusic@gmail.com vir bookings.


Janine was ook deel van NasieInspirasie se #metdieliefde uitreik projek in 2017 saam verskeie kunstenaars in die omgewing. Luister en laai hierdie liedjie gratis af! Volg die skakel: Guest at Your Table. 



'n klein vonk kan 'n groot woud laat brand #nasieinspirasie


Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Vir Die Voëls - Premiere & Resensie

#NasieInspirasie was genooi deur Starburst Promotions na die Premiere van "Vir Die Voëls" - 'n Film wat gebasseer is op die ware verhaal van Irma Humpel en Sampie De Klerk  (Vertolk deur  Simoné Nortmann  en Francois Jacobs - Foto) Sou mens kyk na die diereryk en die natuur in geheel is daar beslis baie lewenswaarhede wat daaruit gering kan word. So word dit ook vertel in die nuwe film en impakvolle storie van Irma Humpel en Sampie De Klerk, se "Vir die Voëls . Huisgenoot het hulle 100ste bestaansjaar gevier, 'n kompetisie geloods en lesers genooi om hulle liefdesverhaal te deel. Huisgenoot vertel die wenner se storie op die silwerdoek met behulp van Kyknet en Factory Films. "Vir die Voëls" vertel die ware verhaal van Irma Humpel (Simoné Nortmann), ’n korrelkop-rabbedoe wat in ’n trourok voor die kansel beland langs die seun wat haar kleintyd onophoudelik geterg het. Tot kort tevore was haar kop op ’n blok dat onafhanklikheid die enigste vorm van

Die klippie in my skoen - geskryf deur iskra

Wat 'n knaende verraad! Daardie klippie in die skoen. Daardie ding wat krap en pla en mens soms verleë laat. Dis 'n pes as jy dalk jaag van hier na daar, soveel dinge wat aan jou trek; jou aandag vat; daar is nie tyd nie! Vir jou om net te kan sit, skoen uittrek en die verdomde ding uitgooi! Pfffeeeu...! Wat 'n verligting as hy eers weg is! So klein dingetjie met soveel praat in sy kneuse...daardie klippie in die skoen. (Talk about rubbing me up the wrong way!) Ons het almal maar ons klippies. Klein goedjies wat haak en pla. Daagliks knaag dit aan ons..maal dit rond in ons koppe, laatnag, wannneer ons eintlik moet slaap... Ons veiligheid. Ons kinders se toekoms, gesondheid. Hoe gaan jy hierdie maand daardie rekening betaal? Jou huwelik of 'n vriendskap is dalk op 'n snaakse plek of selfs naby skipbreek? Dalk ons eie gesondheid wat 'n lelike rapport gekry het... 'n finale een...wat jou asem weggeruk het...wat jou, die mense om jou, dae en minute met '

#Bakgat Gesondheidsbeskuit

My ouma het altyd gesê: “As jy kan lees, kan jy bak”. Ek het dit altyd geglo en wyd en syd verkondig, maar vandat ek self begin bak het vir ‘n lewe, het ek agtergekom dat jy meer leer met ondervinding as wat enige resep jou kan vertel. Soos ek dan nou hierdie resep met julle deel, deel ek dan ook my ondervinding, wat ‘n paar vrae dalk vir julle sal opklaar en natuurlik die mite dat beskuit moeilik is om te bak van die tafel afhaal. Bestandele: 1kg Bran Rich Self Raising Flour  (of gewone self raising flour as jy nie so baie van semels hou nie) 10ml Bakpoeier 10ml Sout 125ml Klapper 250ml Sonneblom sade 100ml Rosyne 50ml fyn gekapte neute van jou keuse 500ml All Bran Flakes  (goedkoper bran flakes ook goed, maar proe nie so lekker nie) 250ml Suiker (wit of bruin, maak nie saak nie) 500ml Oats (maak nie saak watter ‘brand’ nie) 500g Botter (gesmelt) 500ml Karringmelk Hierdie is die basis waarvan af ek werk. As ek nie bv. Oats of rosyne het nie, sal ek dit vervang met dieselfde