Die VIP teater was vol moed met 5 brawe skrywers/kykers wat die nuwe fliek “GRETA” gaan kyk het om hul opinies en resensies te skryf. Die film se advertensie stel geen verwarring nie en verkondig duidelik dat jy jou gereed moet hou vir ʼn reuse spanningsverhaal. Die ligte gaan af en die vertrek is pikdonker. My reeds gespanne kollega sit langs my en al wat ek kan hoor is sy vrees vir die onwetend. Die Fliek: Die rolprent begin soos enige ander spanningsrolprent...heel onskuldig. 'n Meisie stap uit by ʼn treinstasie en sien ʼn verlore handsak. Sy loer vir besonderhede en sien, wonder-bo-wonder dat daar ʼn naam en adres op is. Sy vat die tas na die persoon en ontmoet toe daar 'n onskuldige ouer dame “Greta”. Dis die deel waar jy al begin hoendervleis kry... Heel ironies, begin daar ‘n verhouding tussen die jong dame en ʼn ouer vrou ontwikkel. Dit is op die oog af ‘n bloot onskuldige vriendskap. Die twee raak sulke goeie vriende dat die jong dame sekere geleenthede saam ander van...