Slaan oor na hoofinhoud

We^Can be the difference. Saam kan ons 'n verskil maak.

Mediaverklaring:

“We^Can” verlig nood van Laerskool Kameeldrift en omliggende gemeenskap

 

2 Junie 2020

 

Vir onmiddelike vrystelling

 

 

We^Can is ’n organisasie wat ’n dag voor die aanvang van die Covid-19 grendelstaattydperk in Suid-Afrika afgeskop het. Hierdie organisasie maak dit moontlik vir passievolle Suid-Afrikaners om binne hulle finansiële vermoë en op ’n maklike manier deel te raak, om sodoende ’n impak te maak en uitdagings van behoeftige gemeenskappe op die lang duur aan te spreek.

 

Sedert die aanlynplatform 8 weke gelede geskep is, het die We^Can gemeenskap reeds daarin geslaag om 45 667 kg se kos in te samel deur 31 afsonderlike projekte wat reeds suksesvol afgehandel is. Die meer as 45 ton kos kon ongeveer 170 000 etes aan die onderskeie We^Can begunstigdes in Gauteng en Limpopo voorsien. Die verlengde grendelstaattydperk het egter tot gevolg dat die getal hulpbehoewendes by die dag steeds bly toeneem.

 

Laerskool Kameeldrift en die omliggende area is een van die gemeenskappe wat diep geraak word deur die grendelstaattydperk. Die omstandighede van die gemeenskap was voor die grendelstaattyd reeds uitdagend en die twee etes per dag, wat deur die skool voorsien word, is die meerderheid van die 700 leerlinge in die skool se enigste etes.  Die afgelope paar weke het die lewe van die plaaslike gemeenskap besonder moeilik geword en meer as 400 gesinne in hierdie gemeenskap is afhanklik van liefdadigheidsversorging op ‘n daaglikse basis.

 

We^Can pak die week hierdie uitdaging aan en wil aan elke gesin ’n sak vars groente asook ‘n pak meel voorsien om die huidige voedselnood aan te spreek. Die publiek kan vanaf 1 tot 7 Junie beide díe produkte aanlyn aankoop teen slegs R49, waarna We^Can dit aan die skool sal verskaf vir verspreiding onder die gemeenskap.

 

We^Can verkry voedsame voedselitems vir projekte teen die beste moontlike pryse vanaf voedselprodusente en verskaffers regoor Suid-Afrika. Die pryse vanaf voedselprodusente en verskaffers, sowel as elke individue of maatskappy se bydrae, dra by tot die vestiging van ‘n volhoubare model wat die voortdurende ondersteuning aan We^Can begunstigdes verseker. Sonder die ondersteuning van die publiek sou hierdie inisiatief nooit moontlik gewees het nie. “Hierdie model werk baie goed omrede ons elke begunstigde se spesifieke behoefte aanspreek teen pryse wat meer waarde vir elke sent bied” sê Francois Mouton, stigter en direkteur van We^Can.

 

We^Can bestaan tans uit twee komponente - ”LIVE” uitdagings en “SHOP4 Heroes”. Daar sal voortgebou word op die sukses van die “LIVE” uitdagings waar We^Can een projek op ’n slag aanpak. Die “LIVE” uitdagings poog om binne ’n aantal dae ’n sekere hoeveelheid kositems, namens ’n betrokke We^Can begunstigde (Hero) in te samel. Sodra die publiek die teiken bereik het met die aanlynaankope, word die produkte beskikbaar gestel aan die We^Can begunstigde organisasie om te versprei aan die mense in hulle sorg.

 

We^Can besef egter dat die nood te groot is om slegs een We^Can begunstigde op ’n slag te ondersteun en die inisiatief word nou uitgebrei met die tweede komponent genaamd, “SHOP4 Heroes”. Hierdie aanlynwinkels sal aan die publiek die geleentheid bied om enige tyd van die maand namens ‘n We^Can begunstigde (Hero) inkopies te doen volgens ’n spesifieke lys van behoeftes en hoeveelhede wat die begunstigdes benodig.

 

Die We^Can begunstigdes versorg die weerloses in ons land en We^Can wil hulle in staat stel om die goeie werk wat hul daagliks doen, te kan voortsit. Daarom snoer Power of Co en Atterbury Trust nou kragte saam om We^Can verder uit te brei en sodoende meer gemeenskappe regoor Suid-Afrika te bereik op ’n nuwe aanlynplatform genaamd https://wecanSA.co.za/

 

Volgens Zahn Hulme, uitvoerende trustee van die Atterbury Trust, is hulle baie opgewonde om deel te wees van We^Can en glo dat dié organisasie individue en maatskappye in staat stel om op ‘n eenvoudige manier ‘n verskil te maak, ongeag hoe groot of klein die bydrae. “We^Can is ‘n deursigtige platform wat op ‘n verantwoordelike manier donateurs se fondse direk aanwend om gemeenskappe in nood by te staan.”

 

Die We^Can webblad www.wecanSA.co.za bied maklike toegang tot ’n Payfast-betalingsisteem wat ook deur ’n slimfoon bereik kan word en sodoende alle Suid-Afrikaners asook mense regoor die wêreld in staat stel om ’n verskil in behoeftige Suid-Afrikaners se lewens te kan maak. #WeCan

 

 

Mediaskakeling:

Vir onderhoude of meer inligting, kontak gerus die projekbestuurder, Karin Venter, by 0843047881 of karin@powerofco.co.za 

 

SOSIALEMEDIASKAKELS:

Facebook: https://www.facebook.com/WeCanNPO/

Instagram: https://www.instagram.com/wecannpo/

Webbladsy: www.wecanSA.co.za

Eposadres: info@wecanSA.co.za

Sosiale skakels: #WeCan @WeCanNPO



Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Die klippie in my skoen - geskryf deur iskra

Wat 'n knaende verraad! Daardie klippie in die skoen. Daardie ding wat krap en pla en mens soms verleë laat. Dis 'n pes as jy dalk jaag van hier na daar, soveel dinge wat aan jou trek; jou aandag vat; daar is nie tyd nie! Vir jou om net te kan sit, skoen uittrek en die verdomde ding uitgooi! Pfffeeeu...! Wat 'n verligting as hy eers weg is! So klein dingetjie met soveel praat in sy kneuse...daardie klippie in die skoen. (Talk about rubbing me up the wrong way!) Ons het almal maar ons klippies. Klein goedjies wat haak en pla. Daagliks knaag dit aan ons..maal dit rond in ons koppe, laatnag, wannneer ons eintlik moet slaap... Ons veiligheid. Ons kinders se toekoms, gesondheid. Hoe gaan jy hierdie maand daardie rekening betaal? Jou huwelik of 'n vriendskap is dalk op 'n snaakse plek of selfs naby skipbreek? Dalk ons eie gesondheid wat 'n lelike rapport gekry het... 'n finale een...wat jou asem weggeruk het...wat jou, die mense om jou, dae en minute met '

Vir Die Voëls - Premiere & Resensie

#NasieInspirasie was genooi deur Starburst Promotions na die Premiere van "Vir Die Voëls" - 'n Film wat gebasseer is op die ware verhaal van Irma Humpel en Sampie De Klerk  (Vertolk deur  Simoné Nortmann  en Francois Jacobs - Foto) Sou mens kyk na die diereryk en die natuur in geheel is daar beslis baie lewenswaarhede wat daaruit gering kan word. So word dit ook vertel in die nuwe film en impakvolle storie van Irma Humpel en Sampie De Klerk, se "Vir die Voëls . Huisgenoot het hulle 100ste bestaansjaar gevier, 'n kompetisie geloods en lesers genooi om hulle liefdesverhaal te deel. Huisgenoot vertel die wenner se storie op die silwerdoek met behulp van Kyknet en Factory Films. "Vir die Voëls" vertel die ware verhaal van Irma Humpel (Simoné Nortmann), ’n korrelkop-rabbedoe wat in ’n trourok voor die kansel beland langs die seun wat haar kleintyd onophoudelik geterg het. Tot kort tevore was haar kop op ’n blok dat onafhanklikheid die enigste vorm van

#Bakgat Gesondheidsbeskuit

My ouma het altyd gesê: “As jy kan lees, kan jy bak”. Ek het dit altyd geglo en wyd en syd verkondig, maar vandat ek self begin bak het vir ‘n lewe, het ek agtergekom dat jy meer leer met ondervinding as wat enige resep jou kan vertel. Soos ek dan nou hierdie resep met julle deel, deel ek dan ook my ondervinding, wat ‘n paar vrae dalk vir julle sal opklaar en natuurlik die mite dat beskuit moeilik is om te bak van die tafel afhaal. Bestandele: 1kg Bran Rich Self Raising Flour  (of gewone self raising flour as jy nie so baie van semels hou nie) 10ml Bakpoeier 10ml Sout 125ml Klapper 250ml Sonneblom sade 100ml Rosyne 50ml fyn gekapte neute van jou keuse 500ml All Bran Flakes  (goedkoper bran flakes ook goed, maar proe nie so lekker nie) 250ml Suiker (wit of bruin, maak nie saak nie) 500ml Oats (maak nie saak watter ‘brand’ nie) 500g Botter (gesmelt) 500ml Karringmelk Hierdie is die basis waarvan af ek werk. As ek nie bv. Oats of rosyne het nie, sal ek dit vervang met dieselfde