Slaan oor na hoofinhoud

Droom Soos 'n Kind

Vir die Nasie-tema: SOOS 'N KIND, het ek nogal baie te sê! Ek het, 'after all', 4 kinders. Jip 4. Bid asb vir my. Haha...dis wat 'n oomie nou die dag in 'Pick 'n Pay' se parkering vir my gesê het toe my jongste nie in sy kar-stoeltjie wou klim nie en sy ander boeties oral om die kar bedrywig is. Sussie rustig op haar foontjie, rol net haar oë vir haar boeties. Hy het geglimlag en gesê "Ek bid vir jou". Ek het gegiggel en gesê: "Dankie. Dis wat my aan die gang hou, almal wat vir my bid."

Grappies op 'n stokkie. 
SOOS 'N KIND laat my dadelik dink aan Heidi: kaalvoet, sorgeloos en huppelend gelukkig! Ek het myself altyd vereenselwig met haar en wou soos sy wees.

Ek onthou my Juffrou se boodskap in my handtekening boekie van Graad 7 "Bly altyd so vriendelik en lewenslustig"....... En dan besluit jy plegtig: maar natuurlik sal ek, ek belowe Juffrou! 
Dis mos maklik om net te wees wie jy is.

Maar dan gebeur die lewe. "I like to take life one day at a time but sometimes several days attack me at once en Heiditjie raak moeg...


Kinders glo alles, hoop alles en verdra alles. Kinders verstaan liefde. Ons grootmense kan baie by ons kinders leer. In plaas van om te reageer op al die seerkry in die lewe deur mure te bou, harder en oorversigtig te word. Staan op, stof af en probeer weer!

Maak nie saak hoe oud jou kinders word nie, hulle bly jou kinders. Netso is dit met God. Ons bly Sy kind. Ons raak volwasse maar kan steeds vertrou op ons Pappa.

Ons kan ook leer by "baba" Christene hoe om ons vlam te laat brand. So ook enige iemand wat nou net begin droom het. Hulle is aan die brand! Ons wil hulle probeer leer wat ons alles weet, maar kan ook eintlik by hulle leer. Onthou jou passie, jou drome, wat jou opgewonde maak, wat jy dalk opsy geskuif het. Leef dit en jou kinders sal dit leer by jou.




Luister/Kyk na hierdie inspirerende liedjie:
Still that Girl - Britt Nicole

Ek het nou die dag 'n groot wysheid by iemand se Ma gehoor:
Ek het dit ge'paraphrase': 
"Stop trying to be who you are supposed to be and be who you are. This way you will be who you are meant to be."

Moenie opgee wanneer die swaar tye van die lewe kom nie, onthou wie jy is en waarvan jy droom.

Geskryf deur Melissa Viljoen


'n klein vonk kan 'n groot woud laat brand #nasieinspirasie



Opmerkings