Slaan oor na hoofinhoud

Kom & Vertrou; 'n Pasga Revolusie


Jesus sê vir hulle: “Ek is die brood wat lewe gee. Wie na My toe KOM, sal nooit weer honger word nie; en wie op My VERTROU, sal nooit weer dors kry nie. (JOHANNES 6:35 NLV)

Honger. KOM. Honger vir iets nuuts? Honger behoeftes...hunkering na iets (of iemand) MEER...iets BETER...

Dors. VERTROU. Dors na verandering en verkwikking? Iets (of iemand) verfrissend
en nuut wat jou hart vinniger laat klop...wat jou dors les, wat jou behoefte versadig...

'n paaseier gaan ongelukkig nie die ding doen nie, alhoewel sjokelade enige tyd welkom is :)

Jesus sê dis Hy.
Jesus sê Hy kan dors les en versadig.
 Dit gebeur dat ek in een situasie is en begin kla...dan sodra ek kry wat ek wil hê...nie lank daarna nie kla ek weer oor ander dinge daar...

Altyd honger, ewig dors.

Jesus sê Hy is nie net die Pitstop nie,
maar 'n tuiste. "Hier by My sal jy versorg wees...nooit honger en nooit weer dors.."

Ons Bly nie altyd in die veilige Tuiste nie...Kom ja, maar gaan dan weer...

Jesus sê KOM dan gee ek vir jou kos.
Jesus sê VERTROU en Ek les jou dors.
ALTYD. 
KOM HEELTYD, 
VERTROU AANHOUDEND. 

AL KAN JY NIE DIE 
DEURBRAKE SIEN NIE...

BLY VOL. BLY.

Hy Gee HOMSELF
Brood
HY LY en sterf 'n wrede, bloederige dood
Wyn

'n duur prys is betaal. 
vir ons. Uit Liefde.

wat was dit werd as ons dit nie vat vir onself nie? hierdie groot Liefdes-geskenk...

Jesus sê dis Hy.
Hy Lewe en Hy nooi ons uit.

Hy sê ons moet die geskenk herdenk.
met brood en met wyn en met ons gedagtes en ons lewens.
Hom onthou.
Na Hom toe KOM,
Hom VERTROU.

...en dit is, in 'n neutedop, waaroor Pasga gaan. Herdenk HOM. Alleen asook Saam as 'n gesin! 

KOM, VERTROU en BLY by Hom.

Alle Eer aan God!

When you have eaten and are full, then you shall bless the Lord your God for all the good land which He has given you. (Deuteronomy 8:10 AMP)


Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Die klippie in my skoen - geskryf deur iskra

Wat 'n knaende verraad! Daardie klippie in die skoen. Daardie ding wat krap en pla en mens soms verleë laat. Dis 'n pes as jy dalk jaag van hier na daar, soveel dinge wat aan jou trek; jou aandag vat; daar is nie tyd nie! Vir jou om net te kan sit, skoen uittrek en die verdomde ding uitgooi! Pfffeeeu...! Wat 'n verligting as hy eers weg is! So klein dingetjie met soveel praat in sy kneuse...daardie klippie in die skoen. (Talk about rubbing me up the wrong way!) Ons het almal maar ons klippies. Klein goedjies wat haak en pla. Daagliks knaag dit aan ons..maal dit rond in ons koppe, laatnag, wannneer ons eintlik moet slaap... Ons veiligheid. Ons kinders se toekoms, gesondheid. Hoe gaan jy hierdie maand daardie rekening betaal? Jou huwelik of 'n vriendskap is dalk op 'n snaakse plek of selfs naby skipbreek? Dalk ons eie gesondheid wat 'n lelike rapport gekry het... 'n finale een...wat jou asem weggeruk het...wat jou, die mense om jou, dae en minute met '...

#Bakgat Gesondheidsbeskuit

My ouma het altyd gesê: “As jy kan lees, kan jy bak”. Ek het dit altyd geglo en wyd en syd verkondig, maar vandat ek self begin bak het vir ‘n lewe, het ek agtergekom dat jy meer leer met ondervinding as wat enige resep jou kan vertel. Soos ek dan nou hierdie resep met julle deel, deel ek dan ook my ondervinding, wat ‘n paar vrae dalk vir julle sal opklaar en natuurlik die mite dat beskuit moeilik is om te bak van die tafel afhaal. Bestandele: 1kg Bran Rich Self Raising Flour  (of gewone self raising flour as jy nie so baie van semels hou nie) 10ml Bakpoeier 10ml Sout 125ml Klapper 250ml Sonneblom sade 100ml Rosyne 50ml fyn gekapte neute van jou keuse 500ml All Bran Flakes  (goedkoper bran flakes ook goed, maar proe nie so lekker nie) 250ml Suiker (wit of bruin, maak nie saak nie) 500ml Oats (maak nie saak watter ‘brand’ nie) 500g Botter (gesmelt) 500ml Karringmelk Hierdie is die basis waarvan af ek werk. As ek nie bv. Oats of rosyne het nie, sal ek dit vervang met ...

Droom Soos 'n Kind

Vir die Nasie-tema: SOOS 'N KIND, het ek nogal baie te sê! Ek het, 'after all', 4 kinders. Jip 4. Bid asb vir my. Haha...dis wat 'n oomie nou die dag in 'Pick 'n Pay' se parkering vir my ges ê  het toe my jongste nie in sy kar-stoeltjie wou klim nie en sy ander boeties oral om die kar bedrywig is. Sussie rustig op haar foontjie, rol net haar oë vir haar boeties. Hy het geglimlag en gesê "Ek bid vir jou". Ek het gegiggel en gesê: "Dankie. Dis wat my aan die gang hou, almal wat vir my bid." Grappies op 'n stokkie.  SOOS 'N KIND  laat my dadelik dink aan Heidi: kaalvoet, sorgeloos en huppelend gelukkig! Ek het myself altyd vereenselwig met haar en wou soos sy wees. Ek onthou my Juffrou se boodskap in my handtekening boekie van Graad 7 "Bly altyd so vriendelik en lewenslustig"....... En dan besluit jy plegtig: maar natuurlik sal ek, ek belowe Juffrou!  Dis mos maklik om net te wees wie jy is. Maar dan gebeur die lewe...