WAARSKUWING: taalgebruik in die film kan dalk sensitiewe kykers ontstel.
Ek en my man het die heerlike voorreg gehad om NasieInspirasie te verteenwoordig vir ‘n fliek “premiere”. Een van die lekkertes van die aand was om ‘n plaaslike Afrikaanse fliek te kyk gebasseer op ‘n plaaslike Afrikaanse boek deur Jeanne Goosen.
Die ander groot lekkerte was om van die room van Suid-Afrika se akteurs en aktrises in lewende lywe te sien. Sommiges hou ons al dop van ons kinderdae af en ander geniet ons in meer nuwe flieks en reekse.
Volgende akteur wat ons aspris “raakloop” is Kaz McFadden en sy vriendin Lara. Ek, as kyker, het hom eerste ontmoet op die skerm van 7de Laan en ook baie geniet in Strikdas. Ander onthou hom as die stoute jongman in Villa Rosa. Kaz en Lara het mekaar ontmoet terwyl hulle studeer het, hy as akteur en sy vir regie. Hy dink na oor my vraag en sê dat “mense wat beter werk as ek” hom inspireer. Hy verwys na akteurs soos Deon Lotz en Cobus Rossouw na wie hy opkyk. Hy vertel van die fliek en giggel dat dit baie snaaks is. Laaste het ek die voorreg om met Deon Lotz te gesels. Hy erken ruiterlik dat hy ‘n bietjie van ‘n “workaholic” is, seker omdat hy sy werk so baie geniet lag hy. Hy sê, sonder om twee keer te dink, dat die lewe hom inspireer. Hy vertel hoe hy ‘n fliek waarin hy speel eers die 4de keer werklik net geniet. Die eerste keer kyk hy intens na sy eie toneelspel, 2de keer na sy medespelers se toneelspel, 3de keer luister hy na die musiek en die 4de keer sit hy agteroor en geniet die fliek. Ongelukkig het ek nie tyd gehad om met àl die groot name soos Brumilda van Rensburg, Willie Esterhuizen en Jana Nortier (wie se karakter een van my gusnstelinge was) te praat nie.
Vervaardiger André Scholtz roep almal bymekaar net voor die fliek begin en verduidelik hoe fliekmaak soos huisbou is. Hy skerts hoopvol dat almal oor 40 jaar Afrikaanse flieks gaan kyk. Dan roep hy elkeen van die akteurs op en sê ook dankie aan elkeen van die ander “bouers”. Regisseur Koos vertel hoe hy die boek ontdek het deur Katinka. Hulle klink ‘n glasie op hulle sukses.
As jy nie reeds die boek gelees het nie is die eerste ding wat jou trek na die fliek die ongewone naam. Jy wonder dadelik hoe pas die paw paw in die storie in en wie is die darling. En jy word aan ‘n lyntjie gehou tot net voor die einde. Die lewe in Frik Du Preez straat, Damnville is ‘n hondelewe, met ‘n baie interessante “narrator” met die stem van Tobie Cronje. Familie en vriende en bure gee “moeilikheid met die bure” ‘n nuwe betekenis. Dit wys hoe die lewe met jou gebeur terwyl jy ander planne maak en hoe jou lewens keuses jou lewe kan laat anders uitdraai as wat jy beplan het. Dis ‘n kombinasie van al die kleure van ons reënboog soos hulle lewens voor jou afspeel. Dit herinner my dat as die lewe swaartrek is dit die klein dingetjies wat mens waardeer en aan die gang hou. Die fliek is ‘n satiere van hoe die lewe in die vroë 2000s verander het. Al die goeie akteurs se “supporting rolls” veroorsaak ‘n baie kleurvolle prentjie waarna jy heeltyd wil kyk om niks te mis nie. Dit wys hoe ouers soms self aankarring en self sukkel, maar kinders kom eis steeds elkeen sy pond vleis. Almal sal kan aanklank vind by die bitter-soet dele van die lewe.
Voor die fliek het André gesê hy stel die akteurs nou aan ons voor want ons mag hulle dalk nie in die fliek herken nie, en ons kon nie. Ons was vriendelik verras en het lekker gelag vir al die interessante karakters.
Ek het dit baie geniet en beveel dit graag aan. Die film is vroeg in Januarie in teaters te siene.
Kliek gerus hier om die voorskou te sien:
vir meer nuus en nog fotos, volg hulle op facebook
Aan ouers dalk net ‘n vriendelike woordjie van waarskuwing voor jy jou kroos saamvat. Daar is ‘n paar eg afrikaanse kruwoordjies in die fliek soos wat die mense van damnville maar praat… ;)
Melissa Viljoen van NasieInspirasie (links)
saam aktrise Hanli Rolfes-Opperman (regs)
Opmerkings
Plaas 'n opmerking