Slaan oor na hoofinhoud

Kompetisie Tyd op NasieInspirasie





NasieInspirasie gaan daaroor om nie te kyk na alles wat jy NIE het NIE, maar na alles wat jy wel HET en dit te gebruik om jou PASSIE uit te leef. Al voel dit soms te min of nie goed genoeg nie...

Dalk het jy 'n talent wat begrawe lê?... jy kan dalk mooi sing, fluit, teken, skryf of verf?....dalk iets anders? Bring net wat jy het. Dis Genoeg.

'n Klein VONK kan 'n groot Woud laat Brand!


Wanneer ons, ons PASSIES uitleef INSPIREER ons die mense om ons!


1.LIKE en DEEL ons blad😁

2.Neem 'n foto📷:
wat is JOU PASSIE?? ...Iets wat jou passie beskryf. Plaas dit in die "comments" van die facebook link waarop jy geclick het of in die "comments" op hierdie blad. Jy kan dit ook epos na: nasieinspirasie@gmail.com

Kompetisie sluit 30 Junie 2016.

Die Inspirerende WENNER word die 1ste Julie aangekondig.

Pryse: 

*2 Kaartjies na die rooitapyt Premiére in Johannesburg van die nuwe film: "Twee Grade van Moord" (wenner moet woonagtig wees in Gauteng of naby omgewing)
*asook 'n NasieInspirasie sak met ons leuse daarop. 



Leef geinspireerd!

Groete

Die NasieInspirasie span

(Meer oor ons span, volg die skakel: http://nasieinspirasie.blogspot.co.za/2015/08/ontmoet-die-nasie-skrywers.html?m=1)





Wil jy graag iemand aanmoedig of inspireer met 'n NasieInspirasie sak?
Of dalk wil jy self een hê!

Stuur jou bestelling/navrae na: nasieinspirasie@gmail.com





Twee Grade van Moord: 
Dankie aan die Starburst Music span.
NasieInspirasie Model: 
Nicola Viljoen
Model fotos geneem deur: 
iskra

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Die klippie in my skoen - geskryf deur iskra

Wat 'n knaende verraad! Daardie klippie in die skoen. Daardie ding wat krap en pla en mens soms verleë laat. Dis 'n pes as jy dalk jaag van hier na daar, soveel dinge wat aan jou trek; jou aandag vat; daar is nie tyd nie! Vir jou om net te kan sit, skoen uittrek en die verdomde ding uitgooi! Pfffeeeu...! Wat 'n verligting as hy eers weg is! So klein dingetjie met soveel praat in sy kneuse...daardie klippie in die skoen. (Talk about rubbing me up the wrong way!) Ons het almal maar ons klippies. Klein goedjies wat haak en pla. Daagliks knaag dit aan ons..maal dit rond in ons koppe, laatnag, wannneer ons eintlik moet slaap... Ons veiligheid. Ons kinders se toekoms, gesondheid. Hoe gaan jy hierdie maand daardie rekening betaal? Jou huwelik of 'n vriendskap is dalk op 'n snaakse plek of selfs naby skipbreek? Dalk ons eie gesondheid wat 'n lelike rapport gekry het... 'n finale een...wat jou asem weggeruk het...wat jou, die mense om jou, dae en minute met '...

#Bakgat Gesondheidsbeskuit

My ouma het altyd gesê: “As jy kan lees, kan jy bak”. Ek het dit altyd geglo en wyd en syd verkondig, maar vandat ek self begin bak het vir ‘n lewe, het ek agtergekom dat jy meer leer met ondervinding as wat enige resep jou kan vertel. Soos ek dan nou hierdie resep met julle deel, deel ek dan ook my ondervinding, wat ‘n paar vrae dalk vir julle sal opklaar en natuurlik die mite dat beskuit moeilik is om te bak van die tafel afhaal. Bestandele: 1kg Bran Rich Self Raising Flour  (of gewone self raising flour as jy nie so baie van semels hou nie) 10ml Bakpoeier 10ml Sout 125ml Klapper 250ml Sonneblom sade 100ml Rosyne 50ml fyn gekapte neute van jou keuse 500ml All Bran Flakes  (goedkoper bran flakes ook goed, maar proe nie so lekker nie) 250ml Suiker (wit of bruin, maak nie saak nie) 500ml Oats (maak nie saak watter ‘brand’ nie) 500g Botter (gesmelt) 500ml Karringmelk Hierdie is die basis waarvan af ek werk. As ek nie bv. Oats of rosyne het nie, sal ek dit vervang met ...

Droom Soos 'n Kind

Vir die Nasie-tema: SOOS 'N KIND, het ek nogal baie te sê! Ek het, 'after all', 4 kinders. Jip 4. Bid asb vir my. Haha...dis wat 'n oomie nou die dag in 'Pick 'n Pay' se parkering vir my ges ê  het toe my jongste nie in sy kar-stoeltjie wou klim nie en sy ander boeties oral om die kar bedrywig is. Sussie rustig op haar foontjie, rol net haar oë vir haar boeties. Hy het geglimlag en gesê "Ek bid vir jou". Ek het gegiggel en gesê: "Dankie. Dis wat my aan die gang hou, almal wat vir my bid." Grappies op 'n stokkie.  SOOS 'N KIND  laat my dadelik dink aan Heidi: kaalvoet, sorgeloos en huppelend gelukkig! Ek het myself altyd vereenselwig met haar en wou soos sy wees. Ek onthou my Juffrou se boodskap in my handtekening boekie van Graad 7 "Bly altyd so vriendelik en lewenslustig"....... En dan besluit jy plegtig: maar natuurlik sal ek, ek belowe Juffrou!  Dis mos maklik om net te wees wie jy is. Maar dan gebeur die lewe...