Don't turn too soon, One turn too soon can spell disaster... Ek het nog altyd gesê “Amazing Race With Kids” sal ‘n "great" program maak. Wat “Amazing Race" vir my interessant maak is die dinamika tussen die paartjies wanneer die situasies stresvol raak. Sit nou 3 moeë kindertjies by die mengsel by en die resultate is baie lagwekkend, na die tyd natuurlik, as dit nie jy is wat daardeur is nie… In die oomblik was ons almal baie benoud gewees. Ons het die afgelope naweek gesien hoe een afdraai te vroeg katastrofies kan wees. Ons was oppad na Tzaneen, vir die eerste keer ooit. Die rit het baie goed gegaan tot net voor die einde. Hou moed, die laaste stuk van die pad is mos altyd die moeilikste, het ek gedink. As die GPS sê dit gaan 1 en ‘n halfuur vat om 80 km te ry, glo hom! Die van julle wat die pad ken weet dis ‘n pragtige stuk pad deur die berge, vol kronkels en draaie en mense wat aan die verkeerde kant van die pad ry?!? Dis gevaarlik, veral met skemer, ...