Slaan oor na hoofinhoud

Noem My Skollie - Die Resensie





#NasieInspirasie
Fliekresensie: Noem My Skollie




Duur: 2.5 ure

Skrywer: John W. Fredericks

Regie: Daryne Joshua

Vervaardiger: David Max Brown

Klankbaan: Kyle Shepherd
(Geskik vir kykers vanaf 18jaar)

Kyk, dis die eerste fliek wat my binne my sitplek in die teater laat voel het ek is verseker nié veilig nie. Noem My Skollie is hard en onverskrokke, maar baie eg tot die werklikheid. Die feit dat die film gebaseer is op John W. Fredericks (die skrywer) se lewensverhaal, maak dit net meer roerend.

Na jy dié wêreld van daaglikse geweld en oorlewing op die Kaapse vlaktes en in Pollsmoor se tronk uitgebeeld gesien het, sal jy sukkel om weer op dieselfde, haai-shame-dis-darem-erg manier daar verby te ry. Gevolglik speel baie gebeure af in areas waar jy as kyker al self voetspore gelos het, en dít bring die film ook baie nader aan jou eie lewe.

AB, Gimba, Gif en Shorty is tipiese jong seuns wat in die 1960’s hul geluk uitprobeer in hul eie bende, Young Ones, totdat AB en Gimba deur die polisie gevang en in die tronk gegooi word. AB se talent in storievertelling hou hom veilig in dié ongure omgewing, terwyl die gedagte aan Jenny, die meisie wat hy agtergelaat het, hom help om sy “tyd te stoot”. Na hul vonnis verby is, word die bende herenig en AB gebruik weer sy talent in vertelling om Jenny terug te wen. ʼn Rooftog waarby AB nie betrokke is nie, kry die groep egter weer in die moeilikheid, en broederskap en geregtigheid moet eindelik teen mekaar uitspeel om dié rou verhaal te beklink.

Die kyker moet nie dink hy of sy gaan énigiets gespaar word nie, maar inspirasie word gevind in die rou manier hoe die hoofrol sy ongewone talent gebruik om homself uit die pekel te hou. Die verhaal word gevolglik uitstekend vertel, terwyl die rolspel baie oortuigend uitgevoer word. Die klankbaan is ook goed gepas by die temas en gemoed van die verhaal.

Noem My Skollie is die eerste in geskiedenis wat aan Pollsmoor se maksimum-gevangenisse gewys is voor die publiek. Die meeste van die akteurs is ook afkomstig van die Kaapse vlaktes, en John W. Fredericks woon steeds daar, wat ʼn kyker voorts inspireer om verder te kyk as net dit wat die oog kan sien.

Die hoofrolle van die vier jong mans word vertolk deur Dann-Jaques Mouton, Gantane Kusch, Christian Bennett en Gershwin Mias, terwyl die res van die rolverdeling bestaan uit ondermeer Tarryn Wyngaard, Abduraghmaan Adams en David Manuel.

Johané van den Berg

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Die klippie in my skoen - geskryf deur iskra

Wat 'n knaende verraad! Daardie klippie in die skoen. Daardie ding wat krap en pla en mens soms verleë laat. Dis 'n pes as jy dalk jaag van hier na daar, soveel dinge wat aan jou trek; jou aandag vat; daar is nie tyd nie! Vir jou om net te kan sit, skoen uittrek en die verdomde ding uitgooi! Pfffeeeu...! Wat 'n verligting as hy eers weg is! So klein dingetjie met soveel praat in sy kneuse...daardie klippie in die skoen. (Talk about rubbing me up the wrong way!) Ons het almal maar ons klippies. Klein goedjies wat haak en pla. Daagliks knaag dit aan ons..maal dit rond in ons koppe, laatnag, wannneer ons eintlik moet slaap... Ons veiligheid. Ons kinders se toekoms, gesondheid. Hoe gaan jy hierdie maand daardie rekening betaal? Jou huwelik of 'n vriendskap is dalk op 'n snaakse plek of selfs naby skipbreek? Dalk ons eie gesondheid wat 'n lelike rapport gekry het... 'n finale een...wat jou asem weggeruk het...wat jou, die mense om jou, dae en minute met '...

#Bakgat Gesondheidsbeskuit

My ouma het altyd gesê: “As jy kan lees, kan jy bak”. Ek het dit altyd geglo en wyd en syd verkondig, maar vandat ek self begin bak het vir ‘n lewe, het ek agtergekom dat jy meer leer met ondervinding as wat enige resep jou kan vertel. Soos ek dan nou hierdie resep met julle deel, deel ek dan ook my ondervinding, wat ‘n paar vrae dalk vir julle sal opklaar en natuurlik die mite dat beskuit moeilik is om te bak van die tafel afhaal. Bestandele: 1kg Bran Rich Self Raising Flour  (of gewone self raising flour as jy nie so baie van semels hou nie) 10ml Bakpoeier 10ml Sout 125ml Klapper 250ml Sonneblom sade 100ml Rosyne 50ml fyn gekapte neute van jou keuse 500ml All Bran Flakes  (goedkoper bran flakes ook goed, maar proe nie so lekker nie) 250ml Suiker (wit of bruin, maak nie saak nie) 500ml Oats (maak nie saak watter ‘brand’ nie) 500g Botter (gesmelt) 500ml Karringmelk Hierdie is die basis waarvan af ek werk. As ek nie bv. Oats of rosyne het nie, sal ek dit vervang met ...

Droom Soos 'n Kind

Vir die Nasie-tema: SOOS 'N KIND, het ek nogal baie te sê! Ek het, 'after all', 4 kinders. Jip 4. Bid asb vir my. Haha...dis wat 'n oomie nou die dag in 'Pick 'n Pay' se parkering vir my ges ê  het toe my jongste nie in sy kar-stoeltjie wou klim nie en sy ander boeties oral om die kar bedrywig is. Sussie rustig op haar foontjie, rol net haar oë vir haar boeties. Hy het geglimlag en gesê "Ek bid vir jou". Ek het gegiggel en gesê: "Dankie. Dis wat my aan die gang hou, almal wat vir my bid." Grappies op 'n stokkie.  SOOS 'N KIND  laat my dadelik dink aan Heidi: kaalvoet, sorgeloos en huppelend gelukkig! Ek het myself altyd vereenselwig met haar en wou soos sy wees. Ek onthou my Juffrou se boodskap in my handtekening boekie van Graad 7 "Bly altyd so vriendelik en lewenslustig"....... En dan besluit jy plegtig: maar natuurlik sal ek, ek belowe Juffrou!  Dis mos maklik om net te wees wie jy is. Maar dan gebeur die lewe...