Slaan oor na hoofinhoud

Liefde is Tuis



Don't turn too soon,

One turn too soon

can spell disaster...




Ek het nog altyd gesê “Amazing Race With Kids” sal ‘n "great" program maak. Wat “Amazing Race" vir my interessant maak is die dinamika tussen die paartjies wanneer die situasies stresvol raak. Sit nou 3 moeë kindertjies by die mengsel by en die resultate is baie lagwekkend, na die tyd natuurlik, as dit nie jy is wat daardeur is nie…


In die oomblik was ons almal baie benoud gewees.

Ons het die afgelope naweek gesien hoe een afdraai te vroeg katastrofies kan wees. Ons was oppad na Tzaneen, vir die eerste keer ooit. Die rit het baie goed gegaan tot net voor die einde. Hou moed, die laaste stuk van die pad is mos altyd die moeilikste, het ek gedink. As die GPS sê dit gaan 1 en ‘n halfuur vat om 80 km te ry, glo hom! Die van julle wat die pad ken weet dis ‘n pragtige stuk pad deur die berge, vol kronkels en draaie en mense wat aan die verkeerde kant van die pad ry?!? Dis gevaarlik, veral met skemer, mens moet stadig ry. Soos hulle sê: stadig oor die klippe… so ook stadig deur die bergpas!



Ons was oppad na coach house in Tzaneen. Die GPS het ons gevat na die een in die dorp. Toe ons daar aankom, baie later en hongerder as wat ons beplan het, is dit glad nie die plek wat ons verwag het nie. Inteendeel, daar is geen oorslaapplek nie??

Soek weer op die GPS, die REGTE Coach House is NOG 17 km verder… die een in die dorp is seker die oorspronklike hotel se posisie gewees. Nou is dit net ‘n motorhandelaar.







Honger, haastig, huilerigheid, van die kinders, meestal…, lei tot oorhaastige besluite… natuurlik sal die GPS ook net daar 7 km voor die bestemming sein verloor en almal se fone is amper pap. Ons besluit om om te draai want ek het ‘n bord gesien in die, toe al donker nag.







FOTO

Ons draai op ‘n grondpad in. Ons oortuig onsself dis die regte pad want ons is haastig. Is dit nie ook so met die lewe nie, ons kies soms sommer die opsie reg voor ons want ons wil NOU resultate hê en ons wil nie meer wag nie?

FOTO




Baie vinnig, nog net een verkeerde vurk in die pad keuse verder, besluit ons om om te draai en daar sit ons vas! Ons probeer omdraai maar hier is ons amper agteruit by ‘n afgrond af. Die kinders is histeries en ek bid sommer hardop soos die kar op twee wiele hang. Ons het amper geen hoop van uitkom nie. Ek besluit om maar uit te klim en asesseseer. Dis net opdraende en sand. Mense wat op die plantasies bly kom gelukkig uit om te help. Hulle help ons af agteruit in ‘n ander paadjie in wat ons nie eers gesien het nie. Hulle stel n pad verder regs voor, dis net so styl, werk glad nie en die so ook die een langs hom. Gelukkig is daar ‘n vierde opsie en ons kry ons daar omgedraai en volg die paadjie uit na veiligheid. Ek kry die GPS om weer te werk en sien ons is so naby en tog so ver van waar ons eintlik moes wees, soos die kraai vlieg natuurlik.

Terug op die grootpad kom ons by ons bestemming aan. Ons het ‘n heerlike misverstand met kamers waar die booking agent goedgedink het om 4 mense en ‘n klein seuntjie in ‘n twin room te probeer inpas…? Winskopie / middelman websites en hulle kamstige 24/7 hulplyn leuens… Grrrr! Ons loop van bakboord na stuurboord saam met die sekuriteitswag en soek na ‘n kamer met genoeg beddens wat lyk soos die prentjie op die website.

Moeg gesoek en baie honger is dit al 9:30. Ete is eintlik reeds 9 uur al verby. Die gawe “staff” is darem nog daar en bied aan om langer te bly sodat ons vyf honger magies kan stil. Die ander werkers dra 2 enkelbeddens, met basisse na een van die kamers terwyl ons dankbaar eet. Dis ‘n pragtige suite soos in die flieks met ‘n lounge en kaggel. Uiteindelik is almal gebad en in die bed. Ek lê dankbaar en dink/bid, ons is almal veilig in die bed. Nou kan ek rustig slaap. Nee wag, laaste draai badkamer toe 12 uur, swanger blasie… in die badkamer wag skerpioen se kind vir my! Roep my man, reeds aan die slaap, om die skerpioentjie te verwyder. Bed toe. Nee, soek die kamersleutel. Ok Bed. Wat ‘n avontuur.

Oppad huistoe ry ons ‘n ander pad as wat ons mee gekom het en mis die “Road closed ahead” bordjie. Gelukkig is daar ‘n tydelike grondpad in die berg gemaak terwyl hulle die groot gat regmaak!




My gevolgtrekking : Die lewe is onvoorspelbaar ja en dit kan jy nie altyd keer nie, maar soms laat jou haastigheid jou die verkeerde keuses maak en dan is bid jou enigste uitweg. So dankbaar vir die Here se genade wat ons telkemale uit moeilike situasies red. Met die onvoorspelbare dinge moet jy maar net die mooi pad en die avontuur geniet en aanhou lag.


QUOTES











Melissa Viljoen

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Die klippie in my skoen - geskryf deur iskra

Wat 'n knaende verraad! Daardie klippie in die skoen. Daardie ding wat krap en pla en mens soms verleë laat. Dis 'n pes as jy dalk jaag van hier na daar, soveel dinge wat aan jou trek; jou aandag vat; daar is nie tyd nie! Vir jou om net te kan sit, skoen uittrek en die verdomde ding uitgooi! Pfffeeeu...! Wat 'n verligting as hy eers weg is! So klein dingetjie met soveel praat in sy kneuse...daardie klippie in die skoen. (Talk about rubbing me up the wrong way!) Ons het almal maar ons klippies. Klein goedjies wat haak en pla. Daagliks knaag dit aan ons..maal dit rond in ons koppe, laatnag, wannneer ons eintlik moet slaap... Ons veiligheid. Ons kinders se toekoms, gesondheid. Hoe gaan jy hierdie maand daardie rekening betaal? Jou huwelik of 'n vriendskap is dalk op 'n snaakse plek of selfs naby skipbreek? Dalk ons eie gesondheid wat 'n lelike rapport gekry het... 'n finale een...wat jou asem weggeruk het...wat jou, die mense om jou, dae en minute met '...

#Bakgat Gesondheidsbeskuit

My ouma het altyd gesê: “As jy kan lees, kan jy bak”. Ek het dit altyd geglo en wyd en syd verkondig, maar vandat ek self begin bak het vir ‘n lewe, het ek agtergekom dat jy meer leer met ondervinding as wat enige resep jou kan vertel. Soos ek dan nou hierdie resep met julle deel, deel ek dan ook my ondervinding, wat ‘n paar vrae dalk vir julle sal opklaar en natuurlik die mite dat beskuit moeilik is om te bak van die tafel afhaal. Bestandele: 1kg Bran Rich Self Raising Flour  (of gewone self raising flour as jy nie so baie van semels hou nie) 10ml Bakpoeier 10ml Sout 125ml Klapper 250ml Sonneblom sade 100ml Rosyne 50ml fyn gekapte neute van jou keuse 500ml All Bran Flakes  (goedkoper bran flakes ook goed, maar proe nie so lekker nie) 250ml Suiker (wit of bruin, maak nie saak nie) 500ml Oats (maak nie saak watter ‘brand’ nie) 500g Botter (gesmelt) 500ml Karringmelk Hierdie is die basis waarvan af ek werk. As ek nie bv. Oats of rosyne het nie, sal ek dit vervang met ...

Droom Soos 'n Kind

Vir die Nasie-tema: SOOS 'N KIND, het ek nogal baie te sê! Ek het, 'after all', 4 kinders. Jip 4. Bid asb vir my. Haha...dis wat 'n oomie nou die dag in 'Pick 'n Pay' se parkering vir my ges ê  het toe my jongste nie in sy kar-stoeltjie wou klim nie en sy ander boeties oral om die kar bedrywig is. Sussie rustig op haar foontjie, rol net haar oë vir haar boeties. Hy het geglimlag en gesê "Ek bid vir jou". Ek het gegiggel en gesê: "Dankie. Dis wat my aan die gang hou, almal wat vir my bid." Grappies op 'n stokkie.  SOOS 'N KIND  laat my dadelik dink aan Heidi: kaalvoet, sorgeloos en huppelend gelukkig! Ek het myself altyd vereenselwig met haar en wou soos sy wees. Ek onthou my Juffrou se boodskap in my handtekening boekie van Graad 7 "Bly altyd so vriendelik en lewenslustig"....... En dan besluit jy plegtig: maar natuurlik sal ek, ek belowe Juffrou!  Dis mos maklik om net te wees wie jy is. Maar dan gebeur die lewe...