Slaan oor na hoofinhoud

Sneeukoningin 2 - Die Resensie


Dit is lekker om 'n film heel eerste te kan gaan kyk. 
Vir die mediavoorskou van Sneeukoningin 2 kon ek en my hele gesin, 
met vergunning, saamgaan omdat dit 'n familiefliek is. 
Ons het 'n hele "VIP Cine" vir onsself gehad en 
het elke oomblik daarvan geniet - veral die uitskopstoele!



Omdat dit 'n opvolgfliek is begin hierdie film met 'n opsomming van wat in die vorige een gebeur het. Die film is egter meestal losstaande met sy eie vars storielyn. Dit begin met 'n belofte van Orm, die trol, wat vir die Sneeukoningin gewerk het.  Hy belowe dat dit die laaste leuen is wat hy ooit sal vertel. Maar soos ons ook weet...Beloftes Maak Skuld...

Daar is 'n klomp opwindende "close call chases" en naby naelbyt oomblikke en heelwat verskuilde pappa-en-mamma-grappies wat ouers regdeur geinteresseerd hou. Daar is mooi kleurgebruik en detail in die animasie. Dit lyk baie realisties. Die film is oorvertaal maar alle dialoog pas perfek in en is vermaaklik.


Orm skryf 'n briefie aan Gerda, waar hy die waarheid baie strek, sy ken hom goed en volg eerder haar eie intuisie. Skuld en probleme volg hom en hy moet die gevolge van sy besluite in die gesig staar.
Soos Pinnochio van ouds kry Orm ook 'n snaakse reaksie op sy leuens...
Die film wys dat leuens baie seermaak.

Sy uitkoms lei tot groot avonture met die hulp van sy vriende en oulike klein gediertetjies.

Dit is 'n opbouende fliek, vol verrassings en lessies, wat die hele gesin sal geniet van begin tot einde.
Elke keuse van waarheid of leuen het nagevolge. Die Waarheid maak jou vry en die eerste een sonder fout mag die eerste klip gooi.

Kyk die Lokprent hier:
In fliekteaters 25 November 2016

Melissa Viljoen

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Die klippie in my skoen - geskryf deur iskra

Wat 'n knaende verraad! Daardie klippie in die skoen. Daardie ding wat krap en pla en mens soms verleë laat. Dis 'n pes as jy dalk jaag van hier na daar, soveel dinge wat aan jou trek; jou aandag vat; daar is nie tyd nie! Vir jou om net te kan sit, skoen uittrek en die verdomde ding uitgooi! Pfffeeeu...! Wat 'n verligting as hy eers weg is! So klein dingetjie met soveel praat in sy kneuse...daardie klippie in die skoen. (Talk about rubbing me up the wrong way!) Ons het almal maar ons klippies. Klein goedjies wat haak en pla. Daagliks knaag dit aan ons..maal dit rond in ons koppe, laatnag, wannneer ons eintlik moet slaap... Ons veiligheid. Ons kinders se toekoms, gesondheid. Hoe gaan jy hierdie maand daardie rekening betaal? Jou huwelik of 'n vriendskap is dalk op 'n snaakse plek of selfs naby skipbreek? Dalk ons eie gesondheid wat 'n lelike rapport gekry het... 'n finale een...wat jou asem weggeruk het...wat jou, die mense om jou, dae en minute met '...

#Bakgat Gesondheidsbeskuit

My ouma het altyd gesê: “As jy kan lees, kan jy bak”. Ek het dit altyd geglo en wyd en syd verkondig, maar vandat ek self begin bak het vir ‘n lewe, het ek agtergekom dat jy meer leer met ondervinding as wat enige resep jou kan vertel. Soos ek dan nou hierdie resep met julle deel, deel ek dan ook my ondervinding, wat ‘n paar vrae dalk vir julle sal opklaar en natuurlik die mite dat beskuit moeilik is om te bak van die tafel afhaal. Bestandele: 1kg Bran Rich Self Raising Flour  (of gewone self raising flour as jy nie so baie van semels hou nie) 10ml Bakpoeier 10ml Sout 125ml Klapper 250ml Sonneblom sade 100ml Rosyne 50ml fyn gekapte neute van jou keuse 500ml All Bran Flakes  (goedkoper bran flakes ook goed, maar proe nie so lekker nie) 250ml Suiker (wit of bruin, maak nie saak nie) 500ml Oats (maak nie saak watter ‘brand’ nie) 500g Botter (gesmelt) 500ml Karringmelk Hierdie is die basis waarvan af ek werk. As ek nie bv. Oats of rosyne het nie, sal ek dit vervang met ...

Droom Soos 'n Kind

Vir die Nasie-tema: SOOS 'N KIND, het ek nogal baie te sê! Ek het, 'after all', 4 kinders. Jip 4. Bid asb vir my. Haha...dis wat 'n oomie nou die dag in 'Pick 'n Pay' se parkering vir my ges ê  het toe my jongste nie in sy kar-stoeltjie wou klim nie en sy ander boeties oral om die kar bedrywig is. Sussie rustig op haar foontjie, rol net haar oë vir haar boeties. Hy het geglimlag en gesê "Ek bid vir jou". Ek het gegiggel en gesê: "Dankie. Dis wat my aan die gang hou, almal wat vir my bid." Grappies op 'n stokkie.  SOOS 'N KIND  laat my dadelik dink aan Heidi: kaalvoet, sorgeloos en huppelend gelukkig! Ek het myself altyd vereenselwig met haar en wou soos sy wees. Ek onthou my Juffrou se boodskap in my handtekening boekie van Graad 7 "Bly altyd so vriendelik en lewenslustig"....... En dan besluit jy plegtig: maar natuurlik sal ek, ek belowe Juffrou!  Dis mos maklik om net te wees wie jy is. Maar dan gebeur die lewe...