Slaan oor na hoofinhoud

Eintlik Nogal Baie Inspirerend - Premiere en Resensie

Eintlik Nogal Baie
In teaters Vrydag 4 November 2016

NasieInspirasie se "Liefde is Tuis" skrywer, Melissa Viljoen, het die Premiere van Eintlik Nogal Baie bygewoon. 'n Bietjie inspirasie kan 'n groot verskil maak. 

Melissa #nasieinspirasie skrywer


My tweede premiere as ambassadeur van Nasie was bietjie anders as die eerste een. Die eerste keer het ek en my man oopmond rondgestaan en hier en daar 'n "casual" geselsie aangeknoop met celebs om hulle inspirasie vrae te vra. Hierdie keer was bietjie meer offisieël. Ons is die wonderlike geleentheid gebied deur Starburst Promotions om ons eie plekkie in te neem langs die rooi tapyt. Wat 'n voorreg om te kan gesels met die mense betrokke by "Eintlik Nogal Baie", van akteurs tot "executive producers". My man was my baie oulike en aantreklike kameraman.



Aan elkeen van die droomvolgers, ons inspirasie, wat die rooi tapyt bestyg het, het ek gevra, "Wie of wat inspireer jou". Ek het baie uiteenlopende antwoorde gekry...

Nicholis Louw was die eerste celeb wat oor die tapyt gestap het. Hy, sy vrou en hulle dogtertjie het die film kom geniet. Die dames se uitrustings was bypassend en pragtig. Hy voel dat inspirasie veroorsaak word deur verskillende dinge, dit volg nie 'n resep nie, dis nie iets spesifiek wat elke keer werk nie.




Die groep broers van die 1925band met hulle metgeselle (1925band het die temalied vir die film geskryf en opgetree), was in swart en wit geklee en volgende aan die beurt. Hulle inspirasie is mense om hulle asook hulle ma en die Here, wie hulle grootste dryfvere is.






Mauritz Lotz, wat verantwoordelik was vir die musiek van die film, het baie dinge wat hom inspireer. Die lewe, musiek en binne musiek; die tekstuur, klank, en frekwensie. Musiek is vir hom 'n "multi layered world of wonder". Hy het baie respek vir dinge waaroor hy nie beheer het nie en voel musiek is ingeweef in menslike ervarings.



Hein de Vries is een van die skurke in die film en voel die wetenskap, sci-fi en mense soos Nikola Tesla, inspireer hom. 'n Kort en kragtige, ontlokkende, antwoord.






Anton Dekker speel Ally se Pa in die fliek en voer aan dat goeie werk hom inspireer,
asook 'n positiewe reaksie van die gehoor en 'n liefde vir Afrikaans.



Borrelende Elsabé Daneel, wat Ally se Ma speel, sê dat so baie dinge haar inspireer.
Mense, sy is versot op mense en dis soms gewone mense wat ongelooflike dinge bereik wat haar regtig bly maak.



Volgende het ons lekker gesels met Ashmund Martin wat Jay se vriend, Burger, in die film vertolk. Die kunste inspireer hom omdat dit so baie mense aanraak. Afrikaans inspireer hom ook, want dit is so 'n unieke taal en relatief jonk. Hy wil deur sy werk ander inspireer, dis sy passie.





Zak Hendrikz, met die stoute laggie, het met ons kom gesels na hy 'n paar "poses" vir die kameraman gegee het. Mense wat hulle drome volg, inspireer hom, want dit vat "guts", jy vat 'n kans, dis nie altyd finansieël stabiel nie en is soms moeilik. Hy haal sy hoed af vir enige een wie dit waag.






Die pragtige dame in die hoofrol, Marisa Drummond, verlig die rooi tapyt volgende.
Sy vertel opgewonde dat baie dinge haar inspireer. Sy sonder haar Ma eerste uit. Sy sê dat haar Ma altyd oop is vir haar om enigeiets te beoefen. Toe sy sielkunde begin studeer het, omdat sy bang was dat sy as aktrise nie genoeg geld sal maak nie, het sy vinnig besef dis nie vir haar bedoel nie. 

Sy kon met vrymoedigheid na haar ouers gaan en sê sy het 'n fout gemaak. Hulle was baie streng, maar het haar en haar broer ondersteun en hulle vlerke gegee.

Haar vriende in die bedryf inspireer haar ook. Hulle is 'n groep van vyf vriendinne wat mekaar ondersteun en noem hulleself die "Dinamiese Dames". Hulle is Nadia Beukes, Melissa Bam, Edrine Erasmus, Suné Combrink en Marisa. Hulle sal, byvoorbeeld, na dieselfde "casting" gaan en is dan saam bly of saam hartseer vir die een wat die rol gekry - of nie gekry het nie. Sy voel ons het in Suid-Afrika nog 'n klein mark en dat dit beter is om mekaar te ondersteun ipv aftrek en keer om te groei, wat ongelukkig soms en te gereeld gebeur.







Die aantreklike en vriendelike André Lotter, en sy vrou, gesels volgende met ons. Hy is met goeie rede een van my gunsteling akteurs op die oomblik op 7de laan. Terwyl hy en die ander hoofrolle fotos neem vra ek sy vrou 'n paar vragies. Hulle het mekaar op skool ontmoet en begin uitgaan. Sy was in Graad 9 en hy was in matriek by Hoërskool Goudrif in Germiston. Hulle was 12 jaar saam voor hulle verlede jaar, 31 Oktober, getroud is. Die lewe inspireer vir André, mense, die natuur, hy voel mens kan nie al die mag aan een entiteit gee nie. Mense wat hulle potensiaal bereik dryf hom ook meer om sukses te behaal, dit gaan vir hom oor mense wat gelukkig is. Jy kan dit sommer op hulle gelaat sien.







Justin, een van die vervaardigers, se meisie inspireer hom natuurlik - asook flieks. Dis hoekom hy juis wil belê om die Suid Afrikaanse industrie te verbeter. Flieks gee 'n emosie voor aan mense. Hy kyk elke dag van sy lewe flieks en het oor die 10000 flieks by die huis.








Dit was lekker om vir Quinn Brown raak te loop op die rooi tapyt. Sy is weer terug op eie bodem nadat sy in Amerika gewerk en gaan trou het. Sy en my man was saam op hoërskool en skerts eers lekker oor die goeie ou tye. Haar grootste inspirasie op die oomblik is haar kinders. "Hulle is magic in my lewe" sê sy en glimlag breed. Hulle het haar laat besef dat haar ware passie in die wêreld vroue is. Spesifiek vroue wat deur transformasie gaan soos swangerskap en wat deel is van kreatiewe projekte. Dit maak haar opgewonde dat sy so 'n werk sal hê om te doen vir die res van haar lewe. Haar persoonlike projekte kan gevolg word by @doulaquinn.





Die laaste onderhoud wat ons voer is met die pragtige pasgetroude vriendin van Marisa, Nadia Beukes, sy daag hand aan hand met haar nuwe man, Dawid, op. Mense, gewone mense inspireer haar, mense wat hulle drome vind. Sy het geleentheid gehad met "Boer soek 'n Vrou" om dit te beleef saam met die mense. "Ons dink wonderwerke is iets wat vir spesiale mense beskore is, maar ek dink as jy jou oë oopmaak sal jy sien daar is alledaagse wonderwerke en dit is wat my 100% en absoluut inspireer."










Na die rooi tapyt is die gebruiklike toesprake gegee deur die vervaardigers wat almal bedank het vir hulle bydrae. In die agtergrond was 'n "photobooth" wat fotos dadelik uitgedruk het. Ons het ingestap by die groot imax teater en gesit - omring deur die mense wat hulle hart en siel in die fliek gestort het.

Die naam laat jou dadelik wonder waaroor die fliek gaan. Die plakkaat is Eintlik Nogal Baie misleidend, want dis nie net 'n tipiese afrikaanse liefdesverhaal nie, alhoewel dit óók daar is. Daar is baie " twists en turns" en onverwagse gebeure wat jou heeltyd laat wonder wat gaan volgende gebeur.

Daar is lekker lag, skrik-en-skok oomblikke ook. Die musiek is deurlopend ongelooflik en ondersteun die storie perfek. Dis nie 'n gesinsfliek, in my opinie nie, maar eerder meer 'n intense grootmensfliek met n klompie grootmenswoorde. Dit laat jou, soos enige goeie fliek, met meer vrae as antwoorde aan die einde daarvan en ontlont gesprekke soos jy die teater verlaat en al die pad huistoe in die kar nadink en gesels. Verseker die moeite werd om te gaan kyk. Ek sal dit graag weer wil gaan kyk! Terwyl ons huistoe ry het die "afterparty" aangegaan met die groep 1925 wat 'n vertoning gelewer het. Ek sien baie uit na die fliek wat begin rol die 4de November!
#nasieinspirasie

Kyk die Lokprent hier: https://www.youtube.com/watch?v=XdDRgk3jWuI&feature=youtu.be

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Die klippie in my skoen - geskryf deur iskra

Wat 'n knaende verraad! Daardie klippie in die skoen. Daardie ding wat krap en pla en mens soms verleë laat. Dis 'n pes as jy dalk jaag van hier na daar, soveel dinge wat aan jou trek; jou aandag vat; daar is nie tyd nie! Vir jou om net te kan sit, skoen uittrek en die verdomde ding uitgooi! Pfffeeeu...! Wat 'n verligting as hy eers weg is! So klein dingetjie met soveel praat in sy kneuse...daardie klippie in die skoen. (Talk about rubbing me up the wrong way!) Ons het almal maar ons klippies. Klein goedjies wat haak en pla. Daagliks knaag dit aan ons..maal dit rond in ons koppe, laatnag, wannneer ons eintlik moet slaap... Ons veiligheid. Ons kinders se toekoms, gesondheid. Hoe gaan jy hierdie maand daardie rekening betaal? Jou huwelik of 'n vriendskap is dalk op 'n snaakse plek of selfs naby skipbreek? Dalk ons eie gesondheid wat 'n lelike rapport gekry het... 'n finale een...wat jou asem weggeruk het...wat jou, die mense om jou, dae en minute met '

Vir Die Voëls - Premiere & Resensie

#NasieInspirasie was genooi deur Starburst Promotions na die Premiere van "Vir Die Voëls" - 'n Film wat gebasseer is op die ware verhaal van Irma Humpel en Sampie De Klerk  (Vertolk deur  Simoné Nortmann  en Francois Jacobs - Foto) Sou mens kyk na die diereryk en die natuur in geheel is daar beslis baie lewenswaarhede wat daaruit gering kan word. So word dit ook vertel in die nuwe film en impakvolle storie van Irma Humpel en Sampie De Klerk, se "Vir die Voëls . Huisgenoot het hulle 100ste bestaansjaar gevier, 'n kompetisie geloods en lesers genooi om hulle liefdesverhaal te deel. Huisgenoot vertel die wenner se storie op die silwerdoek met behulp van Kyknet en Factory Films. "Vir die Voëls" vertel die ware verhaal van Irma Humpel (Simoné Nortmann), ’n korrelkop-rabbedoe wat in ’n trourok voor die kansel beland langs die seun wat haar kleintyd onophoudelik geterg het. Tot kort tevore was haar kop op ’n blok dat onafhanklikheid die enigste vorm van

#Bakgat Gesondheidsbeskuit

My ouma het altyd gesê: “As jy kan lees, kan jy bak”. Ek het dit altyd geglo en wyd en syd verkondig, maar vandat ek self begin bak het vir ‘n lewe, het ek agtergekom dat jy meer leer met ondervinding as wat enige resep jou kan vertel. Soos ek dan nou hierdie resep met julle deel, deel ek dan ook my ondervinding, wat ‘n paar vrae dalk vir julle sal opklaar en natuurlik die mite dat beskuit moeilik is om te bak van die tafel afhaal. Bestandele: 1kg Bran Rich Self Raising Flour  (of gewone self raising flour as jy nie so baie van semels hou nie) 10ml Bakpoeier 10ml Sout 125ml Klapper 250ml Sonneblom sade 100ml Rosyne 50ml fyn gekapte neute van jou keuse 500ml All Bran Flakes  (goedkoper bran flakes ook goed, maar proe nie so lekker nie) 250ml Suiker (wit of bruin, maak nie saak nie) 500ml Oats (maak nie saak watter ‘brand’ nie) 500g Botter (gesmelt) 500ml Karringmelk Hierdie is die basis waarvan af ek werk. As ek nie bv. Oats of rosyne het nie, sal ek dit vervang met dieselfde