Fliekresensie
Melissa Viljoen
Hoener met die Rooi Skoene se onortodokse naam ontlont dadelik nuuskierigheid. Jy wonder waar pas dit in die storie in en sien die prentjie van die hoener met sy rooi skoene in jou geestes-oog. Regdeur die fliek wonder en ontleed jy. Die fliek speel af op n tipiese "dark and stormy night" soos 'n goeie spanningsfliek móét. Die fliek is vol pittighede. Ek het paar keer onwillekeurig hardop gelag en met tye 'n skerp opmerking, 'n paar sekondes later eers gesnap en gegiggel. Jy moet fyn luister vir die skerp dog donker humor.
Daar word 'n "bizarre" moord-toneel geskets en dan is al die "usual suspects" daar om, met hulle droeë humor, jou leidrade te gee en sommige om jou op 'n dwaalspoor te stuur van die vraag
"who-done-it"?
Interessante ongeruimdhede sorg vir 'n hele paar verrassings.
Daar is so baie los draadjies om te volg dat dit jou aan die wonder hou tot aan die einde.
Die musiek en klank effekte is baie effektief en dra by tot die spanning.
Daar is net die regte balans van skrik en lag in Hoener met die Rooi Skoene, 'n prettige fliek vir volwassenes!
#nasieinspirasie
Opmerkings
Plaas 'n opmerking