Foto: Ference Isaacs #Nasieinspirasie het so bietjie gesels met HemelBesem. 'n Kreatiewe hart agter daardie "funky" hemde - met 'n passie vir mense en musiek. 1. Welkom by Nasieinspirasie! Vertel ons asseblief meer van jouself? My naam is Simon Witbooi en ek tree op onder die alias HemelBesem. Ek's maar in die "entertainment" industrie as 'n edutainer en ek is maar 'n Weskus Klong. 2. Jou musiek is kreatief en opbouend. Wat of wie inspireer jou? Die antwoord is maar 'n baie cliche een, maar dis waar. MENSE. Op een of ander manier vervat ek mense se stories in my musiek of skryfwerk. Ek is maar "by nature" 'n noukeurige observeerder. 3. Hier op Nasie "celebrate" ons bouende lewensbeginsels wat mense verryk. Het jy ENIGE beginsels waaroor jy sterk voel? PRAAT MINDER EN LEEF HARDER! 4. Gebruik wat jy het net daar waar jy is. Watter waarde het die gesegde vir jou en hoekom? Ek het iets soortgel...