Slaan oor na hoofinhoud

HemelBesem

Foto: Ference Isaacs

#Nasieinspirasie het so bietjie gesels met HemelBesem. 
'n Kreatiewe hart agter daardie "funky" hemde -
met 'n passie vir mense en musiek.

1. Welkom by Nasieinspirasie!
Vertel ons asseblief meer van jouself?

My naam is Simon Witbooi en ek tree op onder die alias HemelBesem. Ek's maar in die "entertainment" industrie as 'n edutainer en ek is maar 'n Weskus Klong.

2. Jou musiek is kreatief en opbouend.
Wat of wie inspireer jou?
Die antwoord is maar 'n baie cliche een, maar dis waar. MENSE. Op een of ander manier vervat ek mense se stories in my musiek of skryfwerk. Ek is maar "by nature" 'n noukeurige observeerder.



3. Hier op Nasie "celebrate" ons bouende lewensbeginsels wat mense verryk. Het jy ENIGE beginsels waaroor
jy sterk voel?

PRAAT MINDER EN LEEF HARDER!

4. Gebruik wat jy het net daar waar jy is.
Watter waarde het die gesegde vir jou en hoekom? 
Ek het iets soortgelyks raakgelees in 'n boek vol Chinese proverbs. Dit lui: "Everything you need is in front of you" en dit pas ek meestal toe. Ek hou van die uitdaging om te gebruik net dit wat daar is. Selfs as ek kos maak!

5. "It takes a village to raise a child!"...
Wie tussen jou familie/vriende het van die grootste OPBOUENDE invloed op jou gehad in jou kinderjare?

Het jy daai song van my gecheck; https://youtu.be/DuIz0X41bB4 (Fetal Alcohol Syndrome)
Anyway... ek kan regtig nie een kies nie. Dis maar 'n potjiekos van mense. Ek bring Maart maand 'n boek uit waar ek amper elke hoofstuk "dedicate" aan 'n persoon. Die boek se naam is GOD PRAAT AFRIKAANS

6. Wat geniet jy die meeste wat 

"colab" met ander kunstenaars aanbetref?
Om hulle prossesse en denke te verstaan en sodoende te leer.

7. Watter nuwe dinge beplan jy vir 2017 en waar kan lesers jou werk volg?
Einde Januarie bring ek en die groep ANDERS 'n song uit getiteld DIE TYD IS NOU...
Ek is besig met skrywers skoolbesoeke vir WOORDE OPEN WêRELDE in Februarie nog.
Maart maand "
launch" ek en LAPA my boek GOD PRAAT AFRIKAANS
So "excited" oor dit.
My "journey" met ATKV Crescendo gaan voort wanneer ons dié jaar nuwe Afrikaanse stemme probeer bekend maak.
Ek werk aan my eie televisie program wat moontlik nog in die jaar op die telly sal wees.
Daar loom nog 'n groot aankondiging wat musiek aanbetref wat ek vir eers in die mou sal hou.
En dan gewone "shows", soos gewoonlik.


8. 'n "Quote" wat jou inspireer?
"Your heart is free. Have the courage to follow it" - Braveheart

Volg Hemelbesem op sy sosiale media skakels:

Facebook: www.facebook.com/hemelbesem
Twitter: @Hemel_Besem
Instagram: Hemelbesem_

Youtube videos:
Coenie de Villiers en HemelBesem:
HemelBesem - Is Dope:
HemelBesem - Hoe Salla:



Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Die klippie in my skoen - geskryf deur iskra

Wat 'n knaende verraad! Daardie klippie in die skoen. Daardie ding wat krap en pla en mens soms verleë laat. Dis 'n pes as jy dalk jaag van hier na daar, soveel dinge wat aan jou trek; jou aandag vat; daar is nie tyd nie! Vir jou om net te kan sit, skoen uittrek en die verdomde ding uitgooi! Pfffeeeu...! Wat 'n verligting as hy eers weg is! So klein dingetjie met soveel praat in sy kneuse...daardie klippie in die skoen. (Talk about rubbing me up the wrong way!) Ons het almal maar ons klippies. Klein goedjies wat haak en pla. Daagliks knaag dit aan ons..maal dit rond in ons koppe, laatnag, wannneer ons eintlik moet slaap... Ons veiligheid. Ons kinders se toekoms, gesondheid. Hoe gaan jy hierdie maand daardie rekening betaal? Jou huwelik of 'n vriendskap is dalk op 'n snaakse plek of selfs naby skipbreek? Dalk ons eie gesondheid wat 'n lelike rapport gekry het... 'n finale een...wat jou asem weggeruk het...wat jou, die mense om jou, dae en minute met '...

#Bakgat Gesondheidsbeskuit

My ouma het altyd gesê: “As jy kan lees, kan jy bak”. Ek het dit altyd geglo en wyd en syd verkondig, maar vandat ek self begin bak het vir ‘n lewe, het ek agtergekom dat jy meer leer met ondervinding as wat enige resep jou kan vertel. Soos ek dan nou hierdie resep met julle deel, deel ek dan ook my ondervinding, wat ‘n paar vrae dalk vir julle sal opklaar en natuurlik die mite dat beskuit moeilik is om te bak van die tafel afhaal. Bestandele: 1kg Bran Rich Self Raising Flour  (of gewone self raising flour as jy nie so baie van semels hou nie) 10ml Bakpoeier 10ml Sout 125ml Klapper 250ml Sonneblom sade 100ml Rosyne 50ml fyn gekapte neute van jou keuse 500ml All Bran Flakes  (goedkoper bran flakes ook goed, maar proe nie so lekker nie) 250ml Suiker (wit of bruin, maak nie saak nie) 500ml Oats (maak nie saak watter ‘brand’ nie) 500g Botter (gesmelt) 500ml Karringmelk Hierdie is die basis waarvan af ek werk. As ek nie bv. Oats of rosyne het nie, sal ek dit vervang met ...

Droom Soos 'n Kind

Vir die Nasie-tema: SOOS 'N KIND, het ek nogal baie te sê! Ek het, 'after all', 4 kinders. Jip 4. Bid asb vir my. Haha...dis wat 'n oomie nou die dag in 'Pick 'n Pay' se parkering vir my ges ê  het toe my jongste nie in sy kar-stoeltjie wou klim nie en sy ander boeties oral om die kar bedrywig is. Sussie rustig op haar foontjie, rol net haar oë vir haar boeties. Hy het geglimlag en gesê "Ek bid vir jou". Ek het gegiggel en gesê: "Dankie. Dis wat my aan die gang hou, almal wat vir my bid." Grappies op 'n stokkie.  SOOS 'N KIND  laat my dadelik dink aan Heidi: kaalvoet, sorgeloos en huppelend gelukkig! Ek het myself altyd vereenselwig met haar en wou soos sy wees. Ek onthou my Juffrou se boodskap in my handtekening boekie van Graad 7 "Bly altyd so vriendelik en lewenslustig"....... En dan besluit jy plegtig: maar natuurlik sal ek, ek belowe Juffrou!  Dis mos maklik om net te wees wie jy is. Maar dan gebeur die lewe...