Slaan oor na hoofinhoud

Vuurpyl-Liefde

Wie's moeg vir die pop-rooi plastiek rose, "cupids" en sagte teddie-bere wat hartjies vasklou?


Almal wil bemin word deur perfekte liefde, maar niemand is perfek nie...
- good luck with that!

Valentynsdag is baie pret, maar ons almal weet dis die "microwave" deel van ware liefde. #valentynsdagiselkedag


Foto Ontwerp: 


Ek wil eerder, in hierdie liefdes-seisoen, minder oor "cupid" gesels en meer nadink en gesels oor Vuurpyl-Liefde...Onvoorwaardelike, uitgaan- of gee liefde.
As ek jou teen die tyd verloor het...hou moed! 


Ons het onlangs verhuis. Die groot trek.'n Ontworteling van als wat bekend is na die minder bekende.

Omdat trek altyd maar 'n laat-gaan-en-optel-aan-die-ander-kant proses is, het die hele ontwortel en weer plant my baie laat dink aan ouers se liefde vir hulle kinders en hoe moeilik dit kan wees vir ouers om hulle kinders te laat gaan of huis verlaat (Seker omdat ons ook ouers agtergelaat het). 

Hierdie woorde het so hard binne my weergalm en dis iets wat gereeld aan my hart kom skaaf...
"Like Arrows in the Hands of a Warrior 
are the Son's born in one's youth.
Blessed is the man whose quiver is full of them."

'n "Warrior" sit nie in tydsaamheid en kerf noukeurig aan sy vuurpyle om dit vir 'n leeftyd in sy sak rond te dra nie, maar vir 'n baie groter doel. Of dit nou vir self-beskerming, jag, of net teiken skiet is...die pyle het 'n baie spesifieke doel. En dit is om uit te gaan en te doen waarvoor dit geskep was. 

Dit laat mens dink. Dit laat my dink...maak ek my kinders groot met die besef dat ek eendag my arms styf gaan moet span, posisie inneem, noukeurig mik en hulle in die verte inskiet sodat hulle hul doel kan uitleef?...In die stukkende, donker plek daarbuite? Of bêre ek hulle, weerhou ek hulle dalk van hulle doel... diep, weggesteek in my sak? 

Baie jare terug moes 'n Pa ook sy seun laat gaan het - vir die mensdom se onthalwe - en om Sy bonatuurlike doel uit te leef. Dit moes bitter taai gewees het vir Hom, maar ek is seker hy sou dit weer en weer doen. Dis die liefde van laat gaan.

Ons kinders....man, vrou, lewe, liefde, talente, tyd, geld en besittings 
(ons vuurpyle) - behoort nie aan ons nie, 
maar is bloot aan ons toevertrou

Ons raak so gemaklik en groei so vas aan mense en aan goed.
Almal van ons het om een of ander stadium weer nodig om te onthou dat daar altyd 'n groter prentjie is as die hier en nou.

Talente. Dis die hartklop van #nasieinspirasie.
'n Brandende vuurpyl...een wat deur Liefde alleen gedryf word?...nog beter! Dit maak 'n diep impak en steek alles om dit ook aan die brand. 

#Nasieinspirasie wil graag sleepvoet-dromers inspireer om dit wat begrawe lê, diep in die sak, te gebruik. Moenie wag vir GENOEG geld, tyd, die regte toerusting nie...Werk wel met 'n plan en 'n visie.

Gebruik wat jy het, waar jy is. Jy is genoeg. 

Wat dra jy in jou sak saam jou, wat weggesteek lê en ver-ouder, weerhou van sy doel? Daar is 'n wêreld vol mense daarbuite wat hunker na daardie regtige liefde in jou sak. Dit is tyd om posisie in te neem en dit in die verte in te skiet. Tyd loop uit.

Wanneer ons werklik besef iemand is onvoorwaardelik lief vir ons, ontspan die hart en is gee, of laat gaan so natuurlik soos asemhaal.
Kies vandag om onsekerhede oor God se liefde vir JOU te laat gaan en begin werk na jou droom en doel toe.




Hierdie nuwe liedjie van Jo Black, Skepe, som hierdie 
waarheid vir my baie goed op.
(Ons is gemaak om uit te gaan)
#nasieinspirasie

'n Klein vonk kan 'n groot woud laat brand.

Groete, 
iskra

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Die klippie in my skoen - geskryf deur iskra

Wat 'n knaende verraad! Daardie klippie in die skoen. Daardie ding wat krap en pla en mens soms verleë laat. Dis 'n pes as jy dalk jaag van hier na daar, soveel dinge wat aan jou trek; jou aandag vat; daar is nie tyd nie! Vir jou om net te kan sit, skoen uittrek en die verdomde ding uitgooi! Pfffeeeu...! Wat 'n verligting as hy eers weg is! So klein dingetjie met soveel praat in sy kneuse...daardie klippie in die skoen. (Talk about rubbing me up the wrong way!) Ons het almal maar ons klippies. Klein goedjies wat haak en pla. Daagliks knaag dit aan ons..maal dit rond in ons koppe, laatnag, wannneer ons eintlik moet slaap... Ons veiligheid. Ons kinders se toekoms, gesondheid. Hoe gaan jy hierdie maand daardie rekening betaal? Jou huwelik of 'n vriendskap is dalk op 'n snaakse plek of selfs naby skipbreek? Dalk ons eie gesondheid wat 'n lelike rapport gekry het... 'n finale een...wat jou asem weggeruk het...wat jou, die mense om jou, dae en minute met '...

#Bakgat Gesondheidsbeskuit

My ouma het altyd gesê: “As jy kan lees, kan jy bak”. Ek het dit altyd geglo en wyd en syd verkondig, maar vandat ek self begin bak het vir ‘n lewe, het ek agtergekom dat jy meer leer met ondervinding as wat enige resep jou kan vertel. Soos ek dan nou hierdie resep met julle deel, deel ek dan ook my ondervinding, wat ‘n paar vrae dalk vir julle sal opklaar en natuurlik die mite dat beskuit moeilik is om te bak van die tafel afhaal. Bestandele: 1kg Bran Rich Self Raising Flour  (of gewone self raising flour as jy nie so baie van semels hou nie) 10ml Bakpoeier 10ml Sout 125ml Klapper 250ml Sonneblom sade 100ml Rosyne 50ml fyn gekapte neute van jou keuse 500ml All Bran Flakes  (goedkoper bran flakes ook goed, maar proe nie so lekker nie) 250ml Suiker (wit of bruin, maak nie saak nie) 500ml Oats (maak nie saak watter ‘brand’ nie) 500g Botter (gesmelt) 500ml Karringmelk Hierdie is die basis waarvan af ek werk. As ek nie bv. Oats of rosyne het nie, sal ek dit vervang met ...

Droom Soos 'n Kind

Vir die Nasie-tema: SOOS 'N KIND, het ek nogal baie te sê! Ek het, 'after all', 4 kinders. Jip 4. Bid asb vir my. Haha...dis wat 'n oomie nou die dag in 'Pick 'n Pay' se parkering vir my ges ê  het toe my jongste nie in sy kar-stoeltjie wou klim nie en sy ander boeties oral om die kar bedrywig is. Sussie rustig op haar foontjie, rol net haar oë vir haar boeties. Hy het geglimlag en gesê "Ek bid vir jou". Ek het gegiggel en gesê: "Dankie. Dis wat my aan die gang hou, almal wat vir my bid." Grappies op 'n stokkie.  SOOS 'N KIND  laat my dadelik dink aan Heidi: kaalvoet, sorgeloos en huppelend gelukkig! Ek het myself altyd vereenselwig met haar en wou soos sy wees. Ek onthou my Juffrou se boodskap in my handtekening boekie van Graad 7 "Bly altyd so vriendelik en lewenslustig"....... En dan besluit jy plegtig: maar natuurlik sal ek, ek belowe Juffrou!  Dis mos maklik om net te wees wie jy is. Maar dan gebeur die lewe...