Slaan oor na hoofinhoud

1925BAND Album Bekendstelling





NasieInspirasie het die 27ste September heerlik gekuier by die CD bekendstelling van 1925 Band. Die drie broers se musiek het ‘n nuwe, vars ritme en gevoel daaraan. Hulle stemme komplimenteer mekaar perfek en jy kan sommer deur die musiek hoor hoe diep hulle liefde vir musiek en vir mekaar lê. Hulle het my diep beïndruk met hulle optrede. Die harmonië wat hulle sing is iets nuuts in die Suid Afrikaanse musiek bedryf en word beskryf as “acoustic/folk” op hulle Facebook blad , maar dit maak nie saak hoe jy hulle styl wil “label” nie, hulle neem jou na 'n nuwe vlak van genot, deur hulle musiek. 


Centurion Teater was briljant met die bekendstelling en het die media sommer vinnig tuis laat voel. Hierdie, as my eerste onderhoud, was ‘n ongelooflike ervaring. Die manne is plat op die aarde en so vol grappies, dat ek nie anders kon as om hulle te geniet nie.

Charmaine (NasieInspirasie): "In die malle, dolle wêreld waar die musiekbedryf nogal ‘flimsy’ kan wees, hoe bly julle verhoudings sterk en staande?"

Jeffrey: "Deur duidelike kommunikasie, eerlikheid en natuurlik ‘n diepe respek vir mekaar, maak ons seker dat al die mense vir wie ons lief is, naby aan mekaar bly."

Charmaine (NasieInspirasie): "Wanneer julle so kuier by die ‘after-parties’, ruk dit soms hand uit?"


DAVID-LEE: "Nee wat, we have each other’s back. As een van ons bietjie moeg is of te veel kuier, sal die ander vinnig intree."

Charmaine (NasieInspirasie): "Het julle as kinders baie baklei?"


DAVID-LEE: "Nie so erg baklei nie. Dit was meer ‘n saak van die twee ouer boeties ‘team’ op teen my en terg my genadeloos."
Charmaine (NasieInspirasie): "Hoe werk die dinamiek nou terwyl julle elke dag saam moet werk?"


RĒNO: "Ons verskil soms van opinie en kan soms baklei, maar twee minute later is almal weer vriende."

Charmaine (NasieInspirasie): "Julle gee altyd die eer van julle talent aan God. Kan ons eendag ‘n Christelike CD van julle verwag?"


JEFFREY: "Ons het al daaroor gepraat en hoop om ‘n Kers-album vry te stel. Die plan vir ‘n Christelike album is definitief op die tafel."

Charmaine (NasieInspirasie): "Wie van julle skryf die musiek?"


DAVID-LEE:
 "Ek en Jeffrey skryf meeste van ons musiek, maar Réno gaan ook nou begin skryf."

Charmaine (NasieInspirasie): "Bly julle familie naby?"


JEFFREY: "Nee, dit was baie moeilik om die skuif te maak Kaapstad toe. My ma sal seker eendag, wanneer sy aftree, ook Kaap toe trek agter ons aan."


Nou, terwyl ek weer my aspoestertjie klere uitgetrek het en 10 dosyn cupcakes bak vir ‘n funksie, bly die liedjie EINTLIK NOGAL BAIE die heeltyd in my gedagtes. Nogal “Catchy” ook!

Ek vra al ons lesers om hulle te ondersteun. Gaan loer in op hulle website,  “like” hulle op facebook en luister na ‘n paar van hulle liedjies, “cover songs” en onderhoude op Youtube. So is hulle goed oppad om 'n huishoudelike naam in Suid Afrika 
te word. 

Meer oor Charmaine


Volg #NasieInspirasie
Instagram: nasieinspirasie
Twitter: @iskra 

#NasieInspirasie se hart klop om sleepvoet-dromers te inspireer. Waardeer jou eie uniekheid, gebruik jou talente en natuurlike gawes. “‘n Klein vonk kan ‘n groot woud laat brand.”
#nasieinspirasie



Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Vir Die Voëls - Premiere & Resensie

#NasieInspirasie was genooi deur Starburst Promotions na die Premiere van "Vir Die Voëls" - 'n Film wat gebasseer is op die ware verhaal van Irma Humpel en Sampie De Klerk  (Vertolk deur  Simoné Nortmann  en Francois Jacobs - Foto) Sou mens kyk na die diereryk en die natuur in geheel is daar beslis baie lewenswaarhede wat daaruit gering kan word. So word dit ook vertel in die nuwe film en impakvolle storie van Irma Humpel en Sampie De Klerk, se "Vir die Voëls . Huisgenoot het hulle 100ste bestaansjaar gevier, 'n kompetisie geloods en lesers genooi om hulle liefdesverhaal te deel. Huisgenoot vertel die wenner se storie op die silwerdoek met behulp van Kyknet en Factory Films. "Vir die Voëls" vertel die ware verhaal van Irma Humpel (Simoné Nortmann), ’n korrelkop-rabbedoe wat in ’n trourok voor die kansel beland langs die seun wat haar kleintyd onophoudelik geterg het. Tot kort tevore was haar kop op ’n blok dat onafhanklikheid die enigste vorm van

Die klippie in my skoen - geskryf deur iskra

Wat 'n knaende verraad! Daardie klippie in die skoen. Daardie ding wat krap en pla en mens soms verleë laat. Dis 'n pes as jy dalk jaag van hier na daar, soveel dinge wat aan jou trek; jou aandag vat; daar is nie tyd nie! Vir jou om net te kan sit, skoen uittrek en die verdomde ding uitgooi! Pfffeeeu...! Wat 'n verligting as hy eers weg is! So klein dingetjie met soveel praat in sy kneuse...daardie klippie in die skoen. (Talk about rubbing me up the wrong way!) Ons het almal maar ons klippies. Klein goedjies wat haak en pla. Daagliks knaag dit aan ons..maal dit rond in ons koppe, laatnag, wannneer ons eintlik moet slaap... Ons veiligheid. Ons kinders se toekoms, gesondheid. Hoe gaan jy hierdie maand daardie rekening betaal? Jou huwelik of 'n vriendskap is dalk op 'n snaakse plek of selfs naby skipbreek? Dalk ons eie gesondheid wat 'n lelike rapport gekry het... 'n finale een...wat jou asem weggeruk het...wat jou, die mense om jou, dae en minute met '

#Bakgat Gesondheidsbeskuit

My ouma het altyd gesê: “As jy kan lees, kan jy bak”. Ek het dit altyd geglo en wyd en syd verkondig, maar vandat ek self begin bak het vir ‘n lewe, het ek agtergekom dat jy meer leer met ondervinding as wat enige resep jou kan vertel. Soos ek dan nou hierdie resep met julle deel, deel ek dan ook my ondervinding, wat ‘n paar vrae dalk vir julle sal opklaar en natuurlik die mite dat beskuit moeilik is om te bak van die tafel afhaal. Bestandele: 1kg Bran Rich Self Raising Flour  (of gewone self raising flour as jy nie so baie van semels hou nie) 10ml Bakpoeier 10ml Sout 125ml Klapper 250ml Sonneblom sade 100ml Rosyne 50ml fyn gekapte neute van jou keuse 500ml All Bran Flakes  (goedkoper bran flakes ook goed, maar proe nie so lekker nie) 250ml Suiker (wit of bruin, maak nie saak nie) 500ml Oats (maak nie saak watter ‘brand’ nie) 500g Botter (gesmelt) 500ml Karringmelk Hierdie is die basis waarvan af ek werk. As ek nie bv. Oats of rosyne het nie, sal ek dit vervang met dieselfde