Slaan oor na hoofinhoud

As jy dit kan dink, kan jy dit doen





Wel, dis die begin van ‘n nuwe jaar. Oral waar jy kyk spook mense om vol te hou by hul Nuwejaars resolusies, meeste wil Desember gewig afskud (ek is een van hulle) en ander wil spiere bou. Vir sekeres is dit dalk die jaar van groot gebeurtenisse en dan is daar natuurlik ook ‘n paar siniese-siele wat gaan met die vloei van dinge, “ag wat gebeur gaan gebeur”, maar vooruitsigte, al is dit hoe gering, sit elkeen iets uit om na uit te sien en stel ‘n doelwit of twee om na te streef.


Ek het onlangs in ‘n plaaslike eetplek gesit met ‘n paar vriende, my boeties (natuurlik ook my ‘besties’) en ‘n wild-vreemdeling, hy kom na ons tafel en vra of hy ons kan ‘join’, vanselfsprekend is almal heel opgewonde vir die baie beleefde mannetjie wat toe sommer nuwe lewe blaas in die geselskap. Die kuier het heel aangenaam verloop, maar daar was iets wat hierdie ‘random dude’ genoem het wat bly maal deur my kop en ek wil dit graag met JOU deel… Hy sê,


“As jy ‘n gedagte het wat jy dink jou lewe en die mense rondom jou se lewe net ‘n klein bietjie kan verbeter, kry dit gedoen so gou as wat dit in jou vermoë is, want tussen sukses en ‘n “missed opportunity” is die verskil net ‘n idee wat jy binne ‘n paar sekondes afgeskryf het.”


Ons word elke dag uitgedaag met menigte keuses, om eenvoudige besluite te neem soos wat om vir ontbyt te eet of om die alarm vir nog vyf minute te laat ‘snooze’… Deur die dag het ‘n mens derduisende keuses wat jy maak, sommiges kom so natuurlik soos ‘n asem teug, en ander verg meer dinkwerk as ‘n tawwe wiskunde som, maar niks kan gebeur sonder om te reageer op ‘n idee nie. ‘n Idee kan slegs ‘n verskil maak as jy ‘n beweging maak. The chain of causality is then an idea, followed by an action and ultimately a reaction.


Sterkte met al julle nuwejaars voornemens…and go for Gold!!


Charmorné Draay



Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Die klippie in my skoen - geskryf deur iskra

Wat 'n knaende verraad! Daardie klippie in die skoen. Daardie ding wat krap en pla en mens soms verleë laat. Dis 'n pes as jy dalk jaag van hier na daar, soveel dinge wat aan jou trek; jou aandag vat; daar is nie tyd nie! Vir jou om net te kan sit, skoen uittrek en die verdomde ding uitgooi! Pfffeeeu...! Wat 'n verligting as hy eers weg is! So klein dingetjie met soveel praat in sy kneuse...daardie klippie in die skoen. (Talk about rubbing me up the wrong way!) Ons het almal maar ons klippies. Klein goedjies wat haak en pla. Daagliks knaag dit aan ons..maal dit rond in ons koppe, laatnag, wannneer ons eintlik moet slaap... Ons veiligheid. Ons kinders se toekoms, gesondheid. Hoe gaan jy hierdie maand daardie rekening betaal? Jou huwelik of 'n vriendskap is dalk op 'n snaakse plek of selfs naby skipbreek? Dalk ons eie gesondheid wat 'n lelike rapport gekry het... 'n finale een...wat jou asem weggeruk het...wat jou, die mense om jou, dae en minute met '...

#Bakgat Gesondheidsbeskuit

My ouma het altyd gesê: “As jy kan lees, kan jy bak”. Ek het dit altyd geglo en wyd en syd verkondig, maar vandat ek self begin bak het vir ‘n lewe, het ek agtergekom dat jy meer leer met ondervinding as wat enige resep jou kan vertel. Soos ek dan nou hierdie resep met julle deel, deel ek dan ook my ondervinding, wat ‘n paar vrae dalk vir julle sal opklaar en natuurlik die mite dat beskuit moeilik is om te bak van die tafel afhaal. Bestandele: 1kg Bran Rich Self Raising Flour  (of gewone self raising flour as jy nie so baie van semels hou nie) 10ml Bakpoeier 10ml Sout 125ml Klapper 250ml Sonneblom sade 100ml Rosyne 50ml fyn gekapte neute van jou keuse 500ml All Bran Flakes  (goedkoper bran flakes ook goed, maar proe nie so lekker nie) 250ml Suiker (wit of bruin, maak nie saak nie) 500ml Oats (maak nie saak watter ‘brand’ nie) 500g Botter (gesmelt) 500ml Karringmelk Hierdie is die basis waarvan af ek werk. As ek nie bv. Oats of rosyne het nie, sal ek dit vervang met ...

Droom Soos 'n Kind

Vir die Nasie-tema: SOOS 'N KIND, het ek nogal baie te sê! Ek het, 'after all', 4 kinders. Jip 4. Bid asb vir my. Haha...dis wat 'n oomie nou die dag in 'Pick 'n Pay' se parkering vir my ges ê  het toe my jongste nie in sy kar-stoeltjie wou klim nie en sy ander boeties oral om die kar bedrywig is. Sussie rustig op haar foontjie, rol net haar oë vir haar boeties. Hy het geglimlag en gesê "Ek bid vir jou". Ek het gegiggel en gesê: "Dankie. Dis wat my aan die gang hou, almal wat vir my bid." Grappies op 'n stokkie.  SOOS 'N KIND  laat my dadelik dink aan Heidi: kaalvoet, sorgeloos en huppelend gelukkig! Ek het myself altyd vereenselwig met haar en wou soos sy wees. Ek onthou my Juffrou se boodskap in my handtekening boekie van Graad 7 "Bly altyd so vriendelik en lewenslustig"....... En dan besluit jy plegtig: maar natuurlik sal ek, ek belowe Juffrou!  Dis mos maklik om net te wees wie jy is. Maar dan gebeur die lewe...