Ons gesels met Hugo Ludik van ADAM oor drome, sy 'pick-up-line' wat nie wou werk nie en hulle nuwe album, BEWE. 1. Wat is die ‘cheesy-ste pick-up-line’ wat jy al gebruik het en het dit gewerk? Ek het eendag op Hoërskool vir 'n meisie gevra of sy seer gekry het toe sy uit die Hemel geval het? Sy het gesê dit was nie seer nie. Ons het nooit weer gepraat nie. 2. Suid-Afrika is so divers, sou julle graag in die toekoms Engelse liedjies/’n Engelse album vry wou stel vir wyer gehore? Ons het al 'n Engelse album vrygestel in 2015 saam met ons goeie vriend, Daniel Baron. Maar ek glo ons sal graag weer 'n Engelse album wil vrystel wanneer die tyd reg is. 3. Wat is die ‘weirdste’ ding wat ‘n aanhanger al vir jou ges ê of gegee het? "Jy lyk AFGRYSLIK met 'n baard” - ('n Tannie by KKNK) 4. Julle ontmoet baie verskillende mense en reis gereeld, wat sou jy s ê neem ons as Suid Afrikaners vanselfsprekend...