Slaan oor na hoofinhoud

ADAM - Hugo Ludik



Ons gesels met Hugo Ludik van ADAM oor drome, sy 'pick-up-line' wat nie wou werk nie en hulle nuwe album, BEWE. 



1. Wat is die ‘cheesy-ste pick-up-line’ wat jy al gebruik het en het dit gewerk?

Ek het eendag op Hoërskool vir 'n meisie gevra of sy seer gekry het toe sy uit die Hemel geval het? Sy het gesê dit was nie seer nie. Ons het nooit weer gepraat nie. 

2. Suid-Afrika is so divers, sou julle graag in die toekoms Engelse liedjies/’n Engelse album vry wou stel vir wyer gehore?

Ons het al 'n Engelse album vrygestel in 2015 saam met ons goeie vriend, Daniel Baron. Maar ek glo ons sal graag weer 'n Engelse album wil vrystel wanneer die tyd reg is. 

3. Wat is die ‘weirdste’ ding wat ‘n aanhanger al vir jou gesê of gegee het?

"Jy lyk AFGRYSLIK met 'n baard” - ('n Tannie by KKNK)

4. Julle ontmoet baie verskillende mense en reis gereeld, wat sou jy sê neem ons as Suid Afrikaners vanselfsprekend?

Hoe mooi ons vrouens is en hoe lekker ons kos en drank is, in vergelyking met die res van die wêreld. 

5. Wat van julle nuwe album, BEWE, se kreatiewe proses staan vir jou uit en het jy die meeste geniet?

Ek geniet altyd die ‘vervaardigings’ en skryf deel die meeste. Met hierdie album het die twee vir my meestal gelyktydig geloop. Die gevoel, as dit wat jy in jou kop hoor dan so (of nog beter) uitkom, is ongelooflik. 


Foto: Starburst Promotions

6. By Nasie moedig ons, onself en ons lesers aan om te gebruik wat ons het, net waar ons is - anders gaan ons nooit begin om ons drome uit leef nie, leef jy jou droom uit en wat sou jou raad wees aan ‘n Sleepvoet-Dromer?

Ek lewe verseker my droom. Ek kan nie dink aan enigeiets anders wat ek sou wou doen tans nie. My raad sal wees: Daar is niks wat jy nie kan bereik nie, MITS jy verstaan dat elke droom het sy hoeveelheid harde werk, opofferings en klein bietjie geluk nodig om te kan verwerklik - vereenselwig jouself met dit, en moet dan nie ophou hard werk tot jy jou droom bereik het nie.

7. Enige nuwe dinge/toere/'merch' waarna aanhangers kan uitsien?

Ons nuwe CD, BEWE is tans vir my die belangrikste. Ek wil so graag hê almal moet dit ten minste net een keer luister :) So ons werk hard om ons musiek by die mense uit te kry. O ja, en ons verkoop ADAM kêps by ons shows - wat die mense baie van hou :)

8. Na jul ervaring met die ‘Sê My’ musiekvideo, watter style/skoonheids-tips het julle vir die dames?

As jy ooit wil hoë hakke drae, maak EERS seker jou enkels is so sterk soos boomstompe. 

As jy nog nie hulle  ‘Sê My’ musiekvideo gesien het nie, volg die skakel: https://youtu.be/Sl4PxjuRZ20

'n klein vonk kan 'n groot woud laat brand #nasieinspirasie

















Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Die klippie in my skoen - geskryf deur iskra

Wat 'n knaende verraad! Daardie klippie in die skoen. Daardie ding wat krap en pla en mens soms verleë laat. Dis 'n pes as jy dalk jaag van hier na daar, soveel dinge wat aan jou trek; jou aandag vat; daar is nie tyd nie! Vir jou om net te kan sit, skoen uittrek en die verdomde ding uitgooi! Pfffeeeu...! Wat 'n verligting as hy eers weg is! So klein dingetjie met soveel praat in sy kneuse...daardie klippie in die skoen. (Talk about rubbing me up the wrong way!) Ons het almal maar ons klippies. Klein goedjies wat haak en pla. Daagliks knaag dit aan ons..maal dit rond in ons koppe, laatnag, wannneer ons eintlik moet slaap... Ons veiligheid. Ons kinders se toekoms, gesondheid. Hoe gaan jy hierdie maand daardie rekening betaal? Jou huwelik of 'n vriendskap is dalk op 'n snaakse plek of selfs naby skipbreek? Dalk ons eie gesondheid wat 'n lelike rapport gekry het... 'n finale een...wat jou asem weggeruk het...wat jou, die mense om jou, dae en minute met '...

#Bakgat Gesondheidsbeskuit

My ouma het altyd gesê: “As jy kan lees, kan jy bak”. Ek het dit altyd geglo en wyd en syd verkondig, maar vandat ek self begin bak het vir ‘n lewe, het ek agtergekom dat jy meer leer met ondervinding as wat enige resep jou kan vertel. Soos ek dan nou hierdie resep met julle deel, deel ek dan ook my ondervinding, wat ‘n paar vrae dalk vir julle sal opklaar en natuurlik die mite dat beskuit moeilik is om te bak van die tafel afhaal. Bestandele: 1kg Bran Rich Self Raising Flour  (of gewone self raising flour as jy nie so baie van semels hou nie) 10ml Bakpoeier 10ml Sout 125ml Klapper 250ml Sonneblom sade 100ml Rosyne 50ml fyn gekapte neute van jou keuse 500ml All Bran Flakes  (goedkoper bran flakes ook goed, maar proe nie so lekker nie) 250ml Suiker (wit of bruin, maak nie saak nie) 500ml Oats (maak nie saak watter ‘brand’ nie) 500g Botter (gesmelt) 500ml Karringmelk Hierdie is die basis waarvan af ek werk. As ek nie bv. Oats of rosyne het nie, sal ek dit vervang met ...

Droom Soos 'n Kind

Vir die Nasie-tema: SOOS 'N KIND, het ek nogal baie te sê! Ek het, 'after all', 4 kinders. Jip 4. Bid asb vir my. Haha...dis wat 'n oomie nou die dag in 'Pick 'n Pay' se parkering vir my ges ê  het toe my jongste nie in sy kar-stoeltjie wou klim nie en sy ander boeties oral om die kar bedrywig is. Sussie rustig op haar foontjie, rol net haar oë vir haar boeties. Hy het geglimlag en gesê "Ek bid vir jou". Ek het gegiggel en gesê: "Dankie. Dis wat my aan die gang hou, almal wat vir my bid." Grappies op 'n stokkie.  SOOS 'N KIND  laat my dadelik dink aan Heidi: kaalvoet, sorgeloos en huppelend gelukkig! Ek het myself altyd vereenselwig met haar en wou soos sy wees. Ek onthou my Juffrou se boodskap in my handtekening boekie van Graad 7 "Bly altyd so vriendelik en lewenslustig"....... En dan besluit jy plegtig: maar natuurlik sal ek, ek belowe Juffrou!  Dis mos maklik om net te wees wie jy is. Maar dan gebeur die lewe...