Slaan oor na hoofinhoud

Take a Hike - Tsitsikamma


Ons tema is FAMILIE! "If you want to change the world, go home and love your family." - Mother Theresa

So in die gees van familie en verhouding bou, stel ons graag 'n HIKE voor wat jy kan doen saam met 'n geliefde. Hier's ons vriend Hubri, en sy vrou Sunet wat die brawe uittog in die pragtige Tsitsikamma se Hiking-Trail aangepak het. Dis 'n 6-dag staproete (sowat 70km), 'not for the faint hearted'!


In Hubri se woorde:

Mens kan nie hierdie ervaring werklik vir mense beskryf nie, maar ek sal probeer. Dit hang af wat jy beplan vir jou Hike. Ons het die 70km gestap waar ons begin het by Nature's Valley en geeindig het by Stormsrivier. Daar gaan baie beplanning in die voorbereiding vir so stap, maar vir 'n beginner wat net 'n dag se Hike wil doen is waterpunte seker jou mees belangrikste en natuurlik 'n goeie paar skoene ook. Dit is goed om jou eie navorsing te doen i.v.m die roete wat jy graag wil stap. 

Waarmee kon jy sonder lewe? 

My selfoon, sosiale media, tv... ek dink tegnologie smokkel met 'n mens se kop en beïnvloed 'n mens. Daar is seker baie positiewe goed op sosiale media, maar daar is ook baie negatiewe goed wat jou negatief beïnvloed. Dinge wat ons sien en lees wat ons nie kan on-sien en on-lees nie. Ons het nog in daardie era grootgeword sonder al hierdie dinge en daaroor is ek bly. Ek voel half jammer en bang vir die jeug van vandag wat met al hierdie prentjies grootword van hoe die lewe is en hoe pragtig en 'great' alles is. Die lewe is nie regtig so nie. So dit is een ding wat ek verskriklik geniet het om uit my lewe uit te kry - 'n selfoon. Ons kon ook met baie minder kos oor die weg kom en 'n hele paar ander goed!

Dink jy ons is geheg aan goed i.p.v mense?

O ja, beslis. Mense het ons gevra voor ons gegaan het:  hoekom sal jy dit aan jouself doen? Vir 6 dae lank minimale kos en alles wat jy nodig het, in 'n rugsak. Toe kom ek agter mense verstaan dit nie regtig nie en dit het my heelwat laat dink...
Jy kry so baie uit die ervaring; geestelike voeding, fisiese oefening en al daardie tipe van goed en spandeer ongelooflike kwaliteit tyd saam met die mense met wie jy dit aanpak. Ek en Sunet het alleen gegaan en daar was geen versteurings. In vroëer dae, in die begin van beskawing was dit in ruilhandel, bv; jy kon verf en ek kon bou en ons het uitgeruil so jy as mens was waardeer vir jou talente en wat jy kon bied en doen. Progressief het daardie dinge opgedroog en ons tyd het ons geld begin word. Ons sit in hierdie tydlose masjien waar daar glad nie oor jou ge'worry' word nie. 'n Plek wat net jou tyd wil hê en jou net genoeg geld gee sodat jy terug kom en so is jy 'pretty much stuck' in daardie sisteem. Wanneer jy op so 'n Hike gaan is jy vir daardie tydjie heeltemal uit die sisteem uit. Wat jy doen, jou inkomste, huis of kar - niks van daardie goed maak saak daar nie. Almal is net Hikers. Net jou menswees maak saak, jy het niks anders om op staat te maak nie. So Hike is 'n 'amazing' ervaring en amper 'surreal'. Dit was lekker ook om met ander stappers te gesels in so 'n natuurlike, organiese atmosfeer waar mens net kan vergeet van alle aardse dinge. Dit is 'n verskriklikke mooi staproete. - Hubri Bruyn

Hier volg so paar fotos van hulle ervaring:



Tsitsikamma Hike, Dag 1. Nature's Valley tot Kalander Beach Front Hut.












Tsitsikamma Hike, Dag 2 - Kalander Hut tot Blaauwkrans Hut 16.6km:

















Tsitsikamma Hike, Dag 3 - Blaauwkrans to Keurbos.














Tsitsikamma Hike, Dag 4 - Keurbos to Heuningbos. ('Tough' Dag...)













Tsitsikamma Hike, Dag 5&6 - Heuningbos tot Sleepkloof en Sleepkloof tot Stormsrivier. (Gestap in die Reën en Moeg).








'n klein vonk kan 'n groot woud laat brand #nasieinspirasie




Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Die klippie in my skoen - geskryf deur iskra

Wat 'n knaende verraad! Daardie klippie in die skoen. Daardie ding wat krap en pla en mens soms verleë laat. Dis 'n pes as jy dalk jaag van hier na daar, soveel dinge wat aan jou trek; jou aandag vat; daar is nie tyd nie! Vir jou om net te kan sit, skoen uittrek en die verdomde ding uitgooi! Pfffeeeu...! Wat 'n verligting as hy eers weg is! So klein dingetjie met soveel praat in sy kneuse...daardie klippie in die skoen. (Talk about rubbing me up the wrong way!) Ons het almal maar ons klippies. Klein goedjies wat haak en pla. Daagliks knaag dit aan ons..maal dit rond in ons koppe, laatnag, wannneer ons eintlik moet slaap... Ons veiligheid. Ons kinders se toekoms, gesondheid. Hoe gaan jy hierdie maand daardie rekening betaal? Jou huwelik of 'n vriendskap is dalk op 'n snaakse plek of selfs naby skipbreek? Dalk ons eie gesondheid wat 'n lelike rapport gekry het... 'n finale een...wat jou asem weggeruk het...wat jou, die mense om jou, dae en minute met '...

#Bakgat Gesondheidsbeskuit

My ouma het altyd gesê: “As jy kan lees, kan jy bak”. Ek het dit altyd geglo en wyd en syd verkondig, maar vandat ek self begin bak het vir ‘n lewe, het ek agtergekom dat jy meer leer met ondervinding as wat enige resep jou kan vertel. Soos ek dan nou hierdie resep met julle deel, deel ek dan ook my ondervinding, wat ‘n paar vrae dalk vir julle sal opklaar en natuurlik die mite dat beskuit moeilik is om te bak van die tafel afhaal. Bestandele: 1kg Bran Rich Self Raising Flour  (of gewone self raising flour as jy nie so baie van semels hou nie) 10ml Bakpoeier 10ml Sout 125ml Klapper 250ml Sonneblom sade 100ml Rosyne 50ml fyn gekapte neute van jou keuse 500ml All Bran Flakes  (goedkoper bran flakes ook goed, maar proe nie so lekker nie) 250ml Suiker (wit of bruin, maak nie saak nie) 500ml Oats (maak nie saak watter ‘brand’ nie) 500g Botter (gesmelt) 500ml Karringmelk Hierdie is die basis waarvan af ek werk. As ek nie bv. Oats of rosyne het nie, sal ek dit vervang met ...

Droom Soos 'n Kind

Vir die Nasie-tema: SOOS 'N KIND, het ek nogal baie te sê! Ek het, 'after all', 4 kinders. Jip 4. Bid asb vir my. Haha...dis wat 'n oomie nou die dag in 'Pick 'n Pay' se parkering vir my ges ê  het toe my jongste nie in sy kar-stoeltjie wou klim nie en sy ander boeties oral om die kar bedrywig is. Sussie rustig op haar foontjie, rol net haar oë vir haar boeties. Hy het geglimlag en gesê "Ek bid vir jou". Ek het gegiggel en gesê: "Dankie. Dis wat my aan die gang hou, almal wat vir my bid." Grappies op 'n stokkie.  SOOS 'N KIND  laat my dadelik dink aan Heidi: kaalvoet, sorgeloos en huppelend gelukkig! Ek het myself altyd vereenselwig met haar en wou soos sy wees. Ek onthou my Juffrou se boodskap in my handtekening boekie van Graad 7 "Bly altyd so vriendelik en lewenslustig"....... En dan besluit jy plegtig: maar natuurlik sal ek, ek belowe Juffrou!  Dis mos maklik om net te wees wie jy is. Maar dan gebeur die lewe...