Slaan oor na hoofinhoud

Zanda Traut



Zanda bekoor. Haar uniekheid straal deur rou, eerlike klanke wat in die atmosfeer versamel en ander inspireer. Sy skryf nie net haar eie liedjies en musiek nie, maar kleur ook die klankbane van ander musikante se liedjies in.

NasieInspirasie het met haar gesels oor dit wat sy geniet om te doen asook haar ONE WOMAN SHOW wat binnekort bekendgestel word!


1. Vertel ons lesers asb meer van jouself?


Ek is 'n voltydse mamma van twee, amper drie seuntjies. 

(Ek is 18 weke swanger met ons derde seuntjie.) Ek is n “singer-songwriter” al van ek 15 jaar oud is en tree ook al meer as 15 jaar op. Julle kan my gereeld sien by 23 on Hazelwood in Pretoria waar ek optree.

Dan skryf ek ook vir ander kunstenaars liedjies, onder andere; opkomende kunstenaars soos Jauni M, Wikus Botma, Izaan, Vasti en dan meer bekend het ek al saam met Saarkie gewerk en ook saam met Robbie Wessels geskryf aan sy “Afrika Sonsak” album. Ek werk ook in 'n musiek-ateljee, Manley Recording Studios, waar ek meestal stem opnames doen asook werk aan die produksie van albums. Ons het ook nou 'n promosie maatskappy gestig om almal te kan help wat by ons opneem. Ons stuur hulle liedjies na radiostasies, doen die bemarking vir die liedjies/albums en doen ook besprekings vir hulle.


2. Wat is die laaste liedjie wat jy bekendgestel het en waaroor gaan dit?

Ek het laas jaar net voor 'n teater optrede n liedjie vrygestel “Follow me” asook my eie weergawe van “Imagine” John Lennon. Dit was om te help bemark aan die teater optrede.

Follow me – dit gaan oor my vriende van Welkom. Welkom is waar ek grootgeword het. Ten spyte van die klein dorpie-gevoel en al die myn dampe het ons, sonsondergange geniet, vinnig gery, musiek gemaak en by riviere gesit en gesels. Die liedjie vang die oomblikke wat ons gehad het en dat, soos mens grootword, jy net weer kan terugkyk en glimlag daaroor, want ons weet dit sal nooit weer so kan wees nie, maar dit is lekker om daaraan te dink.

3. Wie/Wat inspireer jou?


Alledaagse goedjies inspireer my. Mense om my wat deur moeilike tye gaan en sterker daaruit kom. Mammas wat die hele huishouding aan die gang hou en voltyds werk. Mense wat uitdagings aanvat al is hulle bang. My kinders omdat hulle soveel genot en liefde uit die lewe kry, sonder om te probeer.
My man wat elke dag baie hard werk vir ons, maar nogsteeds met 'n groot glimlag huistoe kom en vir ons sy volle aandag kan gee...en so kan ek aangaan...

4. Hoe belangrik is dit vir jou om te geniet wat jy doen?

Dit is alles vir my. Ek is glad nie gelukkig as ek iets doen wat vir my sleg is nie, maar ek probeer altyd positief wees daaroor en dit is soms moeilik. Ek glo regtig mens kan altyd iets goeds kry in 'n slegte situasie, soos hulle in Engels sal sê, “Take the sourest lemon and turn it into something that resembles lemonade”
As jy kan kies, doen liewer iets wat jou gelukkig maak en wat jy kan geniet.


5. Ons tema vir die volgende twee maande is “ek is nie wat ek doen nie.” Baie is geneig om hul waarde aan hulle talente/gawes/werk te koppel. Stem jy saam hiermee en wat beteken dit vir jou?

Ek is gelukkig in wat ek doen en gee glad nie voor ek is iemand wat ek nie is nie. Ek dink dit is baie moeilik as jy iets vir jouself gemaak het soos 'n “stage personality” wat nie regtig is wie jy is nie, mens moet dan heeltyd tussen die twee spring. Party kunstenaars kry dit goed reg. Ek verkies om myself te wees en te wees wat ek doen. Ek koppel ook nie my waarde aan my gawes nie, want ek weet mens is meer as net dit.


6. Watter Suid-Afrikaanse musiek luister jy graag? 

Ek luister baie graag na my mede 'singer-songwriters':

1. Jan Blohm
2. Elvis Blue
3. Herman Kleinhans
4. Riana Nel
5. Karen Zoid


7. Wat sou jy sê vir ‘n sleepvoet-dromer wat hopeloos is oor sy toekoms en sy drome?

Ek is al lank in die bedryf en sien hoe dit elke jaar verander en hoe die nuwe talent net sterker word. As jy regtig glo in jou talent en wat jy wil bereik, moenie opgee nie, werk elke dag daaraan en moenie sig verloor op dit wat jy wil wees nie.


8. Enige nuwe projekte/opnames/optredes waarmee jy besig is?

Ek is tans besig om saam met 'n skrywer te werk aan 'n “one woman show”.
Ek het baie mooi liedjies wat mooi in my lewensverhaal pas en ek hou baie daarvan om stories te vertel. Ek wil my lewensverhaal deel en ander inspireer om dieselfde te doen. Ek neem die liedjies op by Manley Studios en gaan ook musiekvideos vrystel om hulle te bemark. Ons beoog om die “show” einde Augustus te doen. Ek is ook tans besig om saam met kunstenaars te skryf aan hul opkomende albums waaroor ek baie opgewonde is.


9. Hoe kan mense jou ‘book’ vir optredes of jou doen en late volg? 


Webtuiste: http://zandatrautsongwriter.co.za
Facebook: https://www.facebook.com/zanda.traut.songwriter/
Manley Studios: www.manleystudios.co.za
Besprekings : Lisl Lindeboom: lisl@manleystudios.co.za


10. ‘n Quote, woord of gesegde wat jou tans aan die gang hou?

“It does not matter how slowly you go as long as you do not stop.”

Geniet haar liedjie/musiekvideo, 'Follow me', deur die skakel te volg: https://www.youtube.com/watch?v=KLxVV6LaUHk
'n klein vonk kan 'n groot woud laat brand

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Die klippie in my skoen - geskryf deur iskra

Wat 'n knaende verraad! Daardie klippie in die skoen. Daardie ding wat krap en pla en mens soms verleë laat. Dis 'n pes as jy dalk jaag van hier na daar, soveel dinge wat aan jou trek; jou aandag vat; daar is nie tyd nie! Vir jou om net te kan sit, skoen uittrek en die verdomde ding uitgooi! Pfffeeeu...! Wat 'n verligting as hy eers weg is! So klein dingetjie met soveel praat in sy kneuse...daardie klippie in die skoen. (Talk about rubbing me up the wrong way!) Ons het almal maar ons klippies. Klein goedjies wat haak en pla. Daagliks knaag dit aan ons..maal dit rond in ons koppe, laatnag, wannneer ons eintlik moet slaap... Ons veiligheid. Ons kinders se toekoms, gesondheid. Hoe gaan jy hierdie maand daardie rekening betaal? Jou huwelik of 'n vriendskap is dalk op 'n snaakse plek of selfs naby skipbreek? Dalk ons eie gesondheid wat 'n lelike rapport gekry het... 'n finale een...wat jou asem weggeruk het...wat jou, die mense om jou, dae en minute met '

Vir Die Voëls - Premiere & Resensie

#NasieInspirasie was genooi deur Starburst Promotions na die Premiere van "Vir Die Voëls" - 'n Film wat gebasseer is op die ware verhaal van Irma Humpel en Sampie De Klerk  (Vertolk deur  Simoné Nortmann  en Francois Jacobs - Foto) Sou mens kyk na die diereryk en die natuur in geheel is daar beslis baie lewenswaarhede wat daaruit gering kan word. So word dit ook vertel in die nuwe film en impakvolle storie van Irma Humpel en Sampie De Klerk, se "Vir die Voëls . Huisgenoot het hulle 100ste bestaansjaar gevier, 'n kompetisie geloods en lesers genooi om hulle liefdesverhaal te deel. Huisgenoot vertel die wenner se storie op die silwerdoek met behulp van Kyknet en Factory Films. "Vir die Voëls" vertel die ware verhaal van Irma Humpel (Simoné Nortmann), ’n korrelkop-rabbedoe wat in ’n trourok voor die kansel beland langs die seun wat haar kleintyd onophoudelik geterg het. Tot kort tevore was haar kop op ’n blok dat onafhanklikheid die enigste vorm van

#Bakgat Gesondheidsbeskuit

My ouma het altyd gesê: “As jy kan lees, kan jy bak”. Ek het dit altyd geglo en wyd en syd verkondig, maar vandat ek self begin bak het vir ‘n lewe, het ek agtergekom dat jy meer leer met ondervinding as wat enige resep jou kan vertel. Soos ek dan nou hierdie resep met julle deel, deel ek dan ook my ondervinding, wat ‘n paar vrae dalk vir julle sal opklaar en natuurlik die mite dat beskuit moeilik is om te bak van die tafel afhaal. Bestandele: 1kg Bran Rich Self Raising Flour  (of gewone self raising flour as jy nie so baie van semels hou nie) 10ml Bakpoeier 10ml Sout 125ml Klapper 250ml Sonneblom sade 100ml Rosyne 50ml fyn gekapte neute van jou keuse 500ml All Bran Flakes  (goedkoper bran flakes ook goed, maar proe nie so lekker nie) 250ml Suiker (wit of bruin, maak nie saak nie) 500ml Oats (maak nie saak watter ‘brand’ nie) 500g Botter (gesmelt) 500ml Karringmelk Hierdie is die basis waarvan af ek werk. As ek nie bv. Oats of rosyne het nie, sal ek dit vervang met dieselfde