Slaan oor na hoofinhoud

Nommer 37

“Wanneer ’n fliek se naam NOMMER 37 is en in ’n fiktiewe area van die Kaapse Vlaktes afspeel, is dit maklik om aan te neem dat dit oor bendes gaan – maar dit doen nie. Dit is deur-en-deur ’n misdaadriller wat elke oomblik meer spanningsvol raak. Dit gaan oor alles wat vir ’n paartjie kan skeefloop wanneer depressie, nuuskierigheid, gierigheid, vrees en slegte keuses saamgegooi word,” sê regisseur en skrywer Nosipho Dumisa.

NOMMER 37 is ’n spanningsbelaaide grootskerm-ervaring, wat kykers op die punte van hulle stoele sal hou tot en met die laaste toneel. 

Die rolprent is vervaardig deur Gambit Films in samewerking met kykNET Films, M-Net, XYZ Films en Die Departement van Handel en Nywerheid (DTI). Dit word plaaslik, op 1 Junie 2018, vrygestel deur Ster-Kinekor Entertainment en sal ook internasionaal versprei word deur XYZ Films. - Starburst Promotions

NasieInspirasie het gaan uitvind wat was Ephraim Gordon en Monique Rockman se ervaring op die stel van Nommer 37.



Ephraim Gordon, foto: Lindsey Appolis


1. Vertel ons lesers meer van jouself en die rol wat jy speel in 
Nommer 37?

Ek is Ephraim Gordon, en ek speel die rol van Warren in Nommer 37.
Vir die afgelope paar jaar het ek verskeie rolle in die film, televisie en teater wêreld gevul. Tans werk ek as Regisseur op die gewilde kykNET Sepie, Suidooster, en het voorheen ook die Rolverdeling daar behartig. Die laaste twee jaar was baie opwindend in die sin dat ek saam met my Besigheidsvenoot en vriendin Amy Jephta, die kort-film Soldaat vir die kykNET Silwerskermfees vervaardig het en twee pryse onder andere Beste Kort-Film gewen het. 

Soldaat is tans op SHOWMAX te sien.

In my hart is ek 'n "theatre boy", en die laaste twee jaar het ek die geleentheid gehad om weer so bietjie op die planke te baljaar in Die Dans Van Die Watermeid. Die stuk het laas jaar 'n speelvlak by die Baxter Teater geniet, sowel as by hierdie jaar se KKNK en US Woordfees. Ek is regtig baie bevoorreg om met mense te werk wie werklik vir my geleenthede skep om al my vaardighede ten toon te stel en konstant te beoefen.



2. Wat van jou ervaring as akteur in hierdie film het vir jou die meeste uitgestaan?

Wat vir my as Akteur die meeste uitgestaan het van die proses was die feit dat ek saam met so baie jong, kreatiewe siele iets so mooi soos Nommer 37 in die lewe kon roep. Dit was regtig 'n spesiale belewenis om met van my beste vriende te kan werk.

3. Wie was die ‘grap-gat’ op stel en wie het jou geinspireer?

Luke Jansen, wie die karakter van 'Spook' vertolk, was definitief die grapjas. Soos ek hom oor die jare leer ken het, ken sy sin vir humor geen perke nie.
My grootse inspirasie was definitief Monique Rockman, wie die skoene van 'Pam', so mooi volgestaan het. Maar wie ook deur 'n pynvolle besering gedurende 'n "stunt scene", aangehou het om haar beste te gee om haar karakter met soveel integriteit te speel.


4. Hoe belangrik, dink jy, is dit vir mense om hul passie uit te leef?

Passie gee betekenis aan ons lewens. Om jou passie te leef is om jou siel te laai met soveel van daai betekenis. Ek is so dankbaar dat ek elke dag kan opstaan en my passie te kan uitleef, en boonop 'n salaris daarvoor verdien.

5. Watter quote/gesegde/gedagte beteken tans iets vir jou? 

Op die oomblik beteken die volgende quote nogal vir my baie:
"Do what you have to do today, so that you can do what you want to do tomorrow"- Anonymous



Monique Rockman, foto: Lindsey Appolis

1. Vertel ons lesers meer van jouself en die rol wat jy speel in 
Nommer 37?

Monique Rockman, ek speel die rol van Pam, Ismael-Randal se getroue meisie. Pam is baie Lief vir Randal, al verdien hy dit nie altyd nie en al stem sy nie saam met sy besluite nie, staan sy by hom deur dik en dun.


2. Wat van jou ervaring as aktrise in hierdie film het vir jou die meeste uitgestaan?

As Aktrise was dit 'n baie 'amazing experience' om te ervaar die tipe fokus en toewyding wat ons almal ingesit het gedurende die skiet van die film. Almal teenoor wie ek gespeel het, het my en die proses met respek en integriteit behandel. Dit help baie, veral met moeilike of sensitiewe 'scenes'. Ons kon saam lag, saam huil, saam ernstig wees. Dit was die perfekte atmosfeer vir iemand soos ek wat my eerste kans as 'n 'Leading Lady' gekry het.

3. Wie was die ‘grap-gat’ op stel en wie het jou geinspireer?

Ek en Irshaad was meestal saam op stel en ons het half ons eie familie gestig in die 'make-up department' waar ons meestal gehang en gekla en gelag het, tussen 'scenes'. Luke Jansen (Spook) was defnitief die grootste grap-gat. Hy het altyd kaarte stel toe gebring dan sit ons en speel by 'make-up' op die vloer. Almal was eintklik baie lief vir mekaar en ons het een weird familie geword wat moeilik was om van afskeid te neem. Nosipho, ons Director het my geinspireer met haar 'drive' en 'confidence'. Sy is die definisie van 'girl-power' en het my ook na myself as vrou met nuwe oë laat kyk.


4. Watter quote/gesegde/gedagte beteken tans iets vir jou? 

"Never say never, you never know."



'n klein vonk kan 'n groot woud laat brand #nasieinspirasie

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Die klippie in my skoen - geskryf deur iskra

Wat 'n knaende verraad! Daardie klippie in die skoen. Daardie ding wat krap en pla en mens soms verleë laat. Dis 'n pes as jy dalk jaag van hier na daar, soveel dinge wat aan jou trek; jou aandag vat; daar is nie tyd nie! Vir jou om net te kan sit, skoen uittrek en die verdomde ding uitgooi! Pfffeeeu...! Wat 'n verligting as hy eers weg is! So klein dingetjie met soveel praat in sy kneuse...daardie klippie in die skoen. (Talk about rubbing me up the wrong way!) Ons het almal maar ons klippies. Klein goedjies wat haak en pla. Daagliks knaag dit aan ons..maal dit rond in ons koppe, laatnag, wannneer ons eintlik moet slaap... Ons veiligheid. Ons kinders se toekoms, gesondheid. Hoe gaan jy hierdie maand daardie rekening betaal? Jou huwelik of 'n vriendskap is dalk op 'n snaakse plek of selfs naby skipbreek? Dalk ons eie gesondheid wat 'n lelike rapport gekry het... 'n finale een...wat jou asem weggeruk het...wat jou, die mense om jou, dae en minute met '

Vir Die Voëls - Premiere & Resensie

#NasieInspirasie was genooi deur Starburst Promotions na die Premiere van "Vir Die Voëls" - 'n Film wat gebasseer is op die ware verhaal van Irma Humpel en Sampie De Klerk  (Vertolk deur  Simoné Nortmann  en Francois Jacobs - Foto) Sou mens kyk na die diereryk en die natuur in geheel is daar beslis baie lewenswaarhede wat daaruit gering kan word. So word dit ook vertel in die nuwe film en impakvolle storie van Irma Humpel en Sampie De Klerk, se "Vir die Voëls . Huisgenoot het hulle 100ste bestaansjaar gevier, 'n kompetisie geloods en lesers genooi om hulle liefdesverhaal te deel. Huisgenoot vertel die wenner se storie op die silwerdoek met behulp van Kyknet en Factory Films. "Vir die Voëls" vertel die ware verhaal van Irma Humpel (Simoné Nortmann), ’n korrelkop-rabbedoe wat in ’n trourok voor die kansel beland langs die seun wat haar kleintyd onophoudelik geterg het. Tot kort tevore was haar kop op ’n blok dat onafhanklikheid die enigste vorm van

#Bakgat Gesondheidsbeskuit

My ouma het altyd gesê: “As jy kan lees, kan jy bak”. Ek het dit altyd geglo en wyd en syd verkondig, maar vandat ek self begin bak het vir ‘n lewe, het ek agtergekom dat jy meer leer met ondervinding as wat enige resep jou kan vertel. Soos ek dan nou hierdie resep met julle deel, deel ek dan ook my ondervinding, wat ‘n paar vrae dalk vir julle sal opklaar en natuurlik die mite dat beskuit moeilik is om te bak van die tafel afhaal. Bestandele: 1kg Bran Rich Self Raising Flour  (of gewone self raising flour as jy nie so baie van semels hou nie) 10ml Bakpoeier 10ml Sout 125ml Klapper 250ml Sonneblom sade 100ml Rosyne 50ml fyn gekapte neute van jou keuse 500ml All Bran Flakes  (goedkoper bran flakes ook goed, maar proe nie so lekker nie) 250ml Suiker (wit of bruin, maak nie saak nie) 500ml Oats (maak nie saak watter ‘brand’ nie) 500g Botter (gesmelt) 500ml Karringmelk Hierdie is die basis waarvan af ek werk. As ek nie bv. Oats of rosyne het nie, sal ek dit vervang met dieselfde