Slaan oor na hoofinhoud

Tehillah

Riana Meyer & Kahrien van Vuuren

Tehillah pruik met besonderse items wat inspireer, bemoedig en mens weer aan die waarheid herinner - pragtige dekoratiewe produkte vir die kamer en die huis. Hulle is vuur en vlam besig om 'n nuwe seisoen te betree en het ons by hulle gaan kers opsteek oor hoe 'n sleepvoet-entrepreneur kan droom, doen, maar ook kan "pause" om weer nuwe perspektief te kry. 

1. Vertel ons lesers asb meer van Tehillah en hoe die besigheid ontstaan het? 
Kahrien het Tehillah in 2008 begin, nadat sy as landskapargitek gesien het; daar is baie min op die mark beskikbaar om jou tuin ‘n plek van aanbidding te maak. Die eerste 5-7 jaar was die fokus hoofsaaklik skrifploklamasies op staal, hout en beton, profetiese straatnommers, leerbandjies ens. Daarna het die Here gesê "Pause", en ‘n seisoen van 3-5 jaar het gevolg waartydens geen produkte ontwikkel was nie en die Here op ander areas in ons lewens gefokus het. Riana het in 2017 ‘n vennoot in Tehillah geword wat ‘n groot aanwins is met haar besigheidservaring en "interior"- en kleding agtergrond. Sedertien het ons begin met ‘n reeks dekorprodukte wat insluit bedlinne, tafellinne en "scatters", en ons sien uit om nog ‘n baie wyer verskeidenheid Bybelse en profetiese produkte beskikbaar te stel. Die hart van Tehillah is nog altyd om die Woord van die Here deel te maak van die produkontwerp en om unieke produkte op die mark te plaas wat eer bring aan ons Koning Jesus. Ons mandaat kom uit Deut 6:4-9 wat sê, skryf My woord op jul deurkosyne en hekpoorte, bind dit aan julle vas en praat daaroor met julle kinders. Ons wil graag met Tehillah produkte dit vir almal moontlik maak om die Woord lewend en sigbaar te maak in ons lewens, huise en werksplekke (Die produkte is beskikbaar in Afrikaans en Engels).

2. Wat beteken Tehillah?
Tehillah beteken "High Praises to God" in Hebreeus.


3. Watter terugvoering of stories het julle baie aangeraak, wat kliente met julle gedeel het? 
Ons het oor die jare baie wonderlike terugvoering gekry oor hoe betekenisvol die produkte vir mense op verskillende maniere was en is, en hoe dit hulle seën om daagliks aan sekere waarhede in die woord herinner te word daardeur. 


"Scatters" & Gebedskussings

4. Watter nuwe dinge is tans aan die gebeur by Tehillah?
Ons is tans besig met ‘n hele nuwe reeks van organiese masseer kerse met essentiële olies. Dis baie opwindend om te sien watter wonderlike resultate die essensiële olies vir ons liggaam, siel en gees het! Dit is deur die eeue as medisyne, parfuum en velprodukte gebruik en dit het geen newe-effekte, indien dit korrek aangewend word nie. Ons hoop om binnekort ook ‘n reeks natuurlike velsorgprodukte bekend te stel. Ons stal soms by spesiale geleenthede uit en sal binnekort te siene wees by die NG Moreleta met die Worthy Women Conference op 7 September saam met Gretha Wiid. (Mense kan ons gerus kontak sou hulle ons wou nooi om te kom uitstal by geleenthede).


5. Watter advies het julle vir jong entrepreneurs & Sleepvoet Dromers?
"If you can dream it you can do it…" maar dit vra van jou om die eerste tree te neem. Niks wat die moeite werd is gebeur vanself nie. Doen genoeg marknavorsing. Moenie skaam wees om klein te begin nie. Wees bereid om foute te maak en dan daaruit te leer.






"Scatters"
 Bedlinne 
Bedlinne

Vlekvrye Staal Banners met verskillende boodskappe



6. Waar kan ons van julle produkte koop? 
Ons stal uit by spesiale geleenthede (sien plekke/datums onder). Ons is ook op sosiale media beskikbaar - Facebook, Instagram en Twitter en is besig met ’n aanlyn-winkel.


7. Wie/Wat inspireer julle? 
Dinge in die Woord wat betekenis gee aan hedendaagse lewe/dinge. Klein goedjies wat ’n glimlag op iemand se gesig sit. Kleur (vir Riana). Mooi goedjies in die natuur. Ander suksesvolle mense se verhale.

Kinderreeks/Kussingslope


8. Ons tema vir Augustus en September is “Hiatus” - om te “pause” en ‘n breek te vat, om te reflekteer of net te rus. Hoe belangrik is dit vir julle? 
Hierdie is ’n enorme belangrike konsep waarmee ek (Riana) baie sukkel. ’n Mens word so maklik meegevoer met elke dag se uitdagings dat dit moeilik is om by “Hiatus” uit te kom. Die vyand weet dit en probeer alles om ons so vas te draai dat ons hierdie tyd van “pause” maklik mis. Dit verg dissipline. Wanneer ons wel by hierdie punt uitkom, gee dit ons ’n geleentheid om terug te staan, voorraadopname te doen, nuwe perspektief te kry en weer nuwe fokus, strategie en energie te kry vir die pad vorentoe.


Tehillah-Produkte sal beskikbaar wees by die volgende geleenthede:





Onderhoud deur iskra #nasieinspirasie


NASIEINSPIRASIE
sleepvoet dromer #vatvlam

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Die klippie in my skoen - geskryf deur iskra

Wat 'n knaende verraad! Daardie klippie in die skoen. Daardie ding wat krap en pla en mens soms verleë laat. Dis 'n pes as jy dalk jaag van hier na daar, soveel dinge wat aan jou trek; jou aandag vat; daar is nie tyd nie! Vir jou om net te kan sit, skoen uittrek en die verdomde ding uitgooi! Pfffeeeu...! Wat 'n verligting as hy eers weg is! So klein dingetjie met soveel praat in sy kneuse...daardie klippie in die skoen. (Talk about rubbing me up the wrong way!) Ons het almal maar ons klippies. Klein goedjies wat haak en pla. Daagliks knaag dit aan ons..maal dit rond in ons koppe, laatnag, wannneer ons eintlik moet slaap... Ons veiligheid. Ons kinders se toekoms, gesondheid. Hoe gaan jy hierdie maand daardie rekening betaal? Jou huwelik of 'n vriendskap is dalk op 'n snaakse plek of selfs naby skipbreek? Dalk ons eie gesondheid wat 'n lelike rapport gekry het... 'n finale een...wat jou asem weggeruk het...wat jou, die mense om jou, dae en minute met '...

#Bakgat Gesondheidsbeskuit

My ouma het altyd gesê: “As jy kan lees, kan jy bak”. Ek het dit altyd geglo en wyd en syd verkondig, maar vandat ek self begin bak het vir ‘n lewe, het ek agtergekom dat jy meer leer met ondervinding as wat enige resep jou kan vertel. Soos ek dan nou hierdie resep met julle deel, deel ek dan ook my ondervinding, wat ‘n paar vrae dalk vir julle sal opklaar en natuurlik die mite dat beskuit moeilik is om te bak van die tafel afhaal. Bestandele: 1kg Bran Rich Self Raising Flour  (of gewone self raising flour as jy nie so baie van semels hou nie) 10ml Bakpoeier 10ml Sout 125ml Klapper 250ml Sonneblom sade 100ml Rosyne 50ml fyn gekapte neute van jou keuse 500ml All Bran Flakes  (goedkoper bran flakes ook goed, maar proe nie so lekker nie) 250ml Suiker (wit of bruin, maak nie saak nie) 500ml Oats (maak nie saak watter ‘brand’ nie) 500g Botter (gesmelt) 500ml Karringmelk Hierdie is die basis waarvan af ek werk. As ek nie bv. Oats of rosyne het nie, sal ek dit vervang met ...

Droom Soos 'n Kind

Vir die Nasie-tema: SOOS 'N KIND, het ek nogal baie te sê! Ek het, 'after all', 4 kinders. Jip 4. Bid asb vir my. Haha...dis wat 'n oomie nou die dag in 'Pick 'n Pay' se parkering vir my ges ê  het toe my jongste nie in sy kar-stoeltjie wou klim nie en sy ander boeties oral om die kar bedrywig is. Sussie rustig op haar foontjie, rol net haar oë vir haar boeties. Hy het geglimlag en gesê "Ek bid vir jou". Ek het gegiggel en gesê: "Dankie. Dis wat my aan die gang hou, almal wat vir my bid." Grappies op 'n stokkie.  SOOS 'N KIND  laat my dadelik dink aan Heidi: kaalvoet, sorgeloos en huppelend gelukkig! Ek het myself altyd vereenselwig met haar en wou soos sy wees. Ek onthou my Juffrou se boodskap in my handtekening boekie van Graad 7 "Bly altyd so vriendelik en lewenslustig"....... En dan besluit jy plegtig: maar natuurlik sal ek, ek belowe Juffrou!  Dis mos maklik om net te wees wie jy is. Maar dan gebeur die lewe...