Slaan oor na hoofinhoud

Lizandra Winter op Toer


“Hoop en Geloof in die onsienlike...
Winter leer ons die waarde van goeie vrugte dra...”

Dit is die lirieke waarmee Lizandra Winter haar vertoning open saam met haar man, Ryhno, op kitaar. Op die 20ste Desember het hulle kom kuier hier tydens Lizandra se toer by die pragtige Restaurant en Kuns Gallery, Seeplaas in Grootbrak en was ons baie opgewonde om dit by te kon woon.

Dis ‘n relatiewe klein gehoor wat ondersteun vanaand en ek kan nie help om terug te dink aan ‘n praatjie wat ek eentyds bygewoon het waar daar toe net 3 gaste opgedaag het nie... Nou ja, 3 of 3000 - die idee is om getrou te bly!

Die gehoor het hulle baie geniet en was ons beslis bederf met uitstekende vertolkings van eie skeppings asook bekende 'covers', waarvan Leonard Cohen se 'Hallelujah' en Bruce Springsteen se 'Dancing in the Dark', persoonlike gunstelinge was. 





Jy sal Lizandra Winter dalk ken na 'n optrede wat jy onlangs bygewoon het of na die bekendstelling van die treffende verwerking van Christa Steyn se liedjie : ‘Ek wil vir jou’, (‘n bevonkte duet saam met Joshua na die Reën). Dalk weet jy van haar deur haar liedjie: 'Fluister' wat ook die tema lied van die bekende afrikaanse film Vir Altyd is? 


Hoe dit ook al strek is Lizandra hoogs begaafd en trek sy inspirasie uit die waarheid, werklike stories, vriende en gebeurtenisse...kwessies waaroor sy baie sterk voel. Sy sing nie sommer net nie, maar gee en staan op met haar helder stem vir iets veel groter as net ‘n mooi liedjie vir die verhoog.

Tydens die optrede raak ek weggevoer deur haar stem en dink aan hoe baie van ons besig is om te wag. Ons wag vir iets groots om te gebeur voordat ons besluit om te begin gee en te begin lewe. Miskien wag ons vir ons skip om in te kom? Dalk wag ons vir toestemming of selfs net aanvaarding?... 


In werklikheid het ons reeds alles wat ons nodig het en is die vraag eerder hoe ons getrouheid daarmee gaan lyk... Ons gewag kan ons hele lewe opsluk sou ons dit toelaat. Dit val my meteens by dat Lizandra se hart en stem losgemaak is van daardie gedagte en dat sy reeds die tree begin gee het wat dit bevestig. Dit het my baie geraak.

'Trane-Dans' is 'n besonderse liedjie wat geïnspireer is deur Lizandra se vriendin, 'n passievolle danser wat haar been/ledemaat verloor het: ..."Gee oor aan hoop..." tref die liriek. 

Een baie spesiale liedjie is 'Afrika Grond' wat die luisteraar bemoedig om haat te begrawe. 

Ons begrawe soms mekaar in plaas van die haat tussen ons.

'n Liedjie wat nie tydens die optrede gesing was nie, maar wel op haar album (DIE BEGIN) te hoor is, is die liedjie 'Kleurblind'....  Sjoe, ek hou baie daarvan... en voel dat baie van ons nodig het om terug te kom na daardie hart toe. 'n Hart wat nie 'n ander op sy baadjie takseer nie en dat ons daarna sal streef om met nuwe oë na mekaar te kyk. 

Lizandra se werk is vol belofte en ek sien baie uit na al die mooi dinge wat die toekoms vir haar in sy palm hou. Dankie vir 'n besondere aand en dat julle ons saamgenooi het!!!

Volg gerus Lizandra Winter se facebook bladsy (https://www.facebook.com/lizandrawinter/) en bly op hoogte met haar toer/optredes. 

Redigering: Mary Quite Contrary

'n klein vonk kan 'n groot woud laat brand #nasieinspirasie


Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Die klippie in my skoen - geskryf deur iskra

Wat 'n knaende verraad! Daardie klippie in die skoen. Daardie ding wat krap en pla en mens soms verleë laat. Dis 'n pes as jy dalk jaag van hier na daar, soveel dinge wat aan jou trek; jou aandag vat; daar is nie tyd nie! Vir jou om net te kan sit, skoen uittrek en die verdomde ding uitgooi! Pfffeeeu...! Wat 'n verligting as hy eers weg is! So klein dingetjie met soveel praat in sy kneuse...daardie klippie in die skoen. (Talk about rubbing me up the wrong way!) Ons het almal maar ons klippies. Klein goedjies wat haak en pla. Daagliks knaag dit aan ons..maal dit rond in ons koppe, laatnag, wannneer ons eintlik moet slaap... Ons veiligheid. Ons kinders se toekoms, gesondheid. Hoe gaan jy hierdie maand daardie rekening betaal? Jou huwelik of 'n vriendskap is dalk op 'n snaakse plek of selfs naby skipbreek? Dalk ons eie gesondheid wat 'n lelike rapport gekry het... 'n finale een...wat jou asem weggeruk het...wat jou, die mense om jou, dae en minute met '...

#Bakgat Gesondheidsbeskuit

My ouma het altyd gesê: “As jy kan lees, kan jy bak”. Ek het dit altyd geglo en wyd en syd verkondig, maar vandat ek self begin bak het vir ‘n lewe, het ek agtergekom dat jy meer leer met ondervinding as wat enige resep jou kan vertel. Soos ek dan nou hierdie resep met julle deel, deel ek dan ook my ondervinding, wat ‘n paar vrae dalk vir julle sal opklaar en natuurlik die mite dat beskuit moeilik is om te bak van die tafel afhaal. Bestandele: 1kg Bran Rich Self Raising Flour  (of gewone self raising flour as jy nie so baie van semels hou nie) 10ml Bakpoeier 10ml Sout 125ml Klapper 250ml Sonneblom sade 100ml Rosyne 50ml fyn gekapte neute van jou keuse 500ml All Bran Flakes  (goedkoper bran flakes ook goed, maar proe nie so lekker nie) 250ml Suiker (wit of bruin, maak nie saak nie) 500ml Oats (maak nie saak watter ‘brand’ nie) 500g Botter (gesmelt) 500ml Karringmelk Hierdie is die basis waarvan af ek werk. As ek nie bv. Oats of rosyne het nie, sal ek dit vervang met ...

Droom Soos 'n Kind

Vir die Nasie-tema: SOOS 'N KIND, het ek nogal baie te sê! Ek het, 'after all', 4 kinders. Jip 4. Bid asb vir my. Haha...dis wat 'n oomie nou die dag in 'Pick 'n Pay' se parkering vir my ges ê  het toe my jongste nie in sy kar-stoeltjie wou klim nie en sy ander boeties oral om die kar bedrywig is. Sussie rustig op haar foontjie, rol net haar oë vir haar boeties. Hy het geglimlag en gesê "Ek bid vir jou". Ek het gegiggel en gesê: "Dankie. Dis wat my aan die gang hou, almal wat vir my bid." Grappies op 'n stokkie.  SOOS 'N KIND  laat my dadelik dink aan Heidi: kaalvoet, sorgeloos en huppelend gelukkig! Ek het myself altyd vereenselwig met haar en wou soos sy wees. Ek onthou my Juffrou se boodskap in my handtekening boekie van Graad 7 "Bly altyd so vriendelik en lewenslustig"....... En dan besluit jy plegtig: maar natuurlik sal ek, ek belowe Juffrou!  Dis mos maklik om net te wees wie jy is. Maar dan gebeur die lewe...