In 'n donker hoekie van Pretoria tydens beurtkrag, is daar 'n gleempie lig wat skyn vanuit die Lagom Café. Sonder dat ons geweet het sou dit ons laaste aandjie uit wees vir 'n rukkie. Die kafee is gesellig en gons reeds met opgewonde stemme. Fritz Gun open die vertoning met 'n paar van sy gevoelvolle 'rock/blues' nommers. Hy is 'n talentvolle kunstenaar in eie reg.
My metgesel vir die aand is vriendin, Lizandra Winter. Straatvriende van die hoofkunstenaar, gee my bietjie "inside info", (dit staan ook op die cd omslag). Faraway George se naam is Hein Günther, sy boetie Fritz Günther (op elektries) en sussie Edelweiss. Op die dromme is Mias wat ek al by menigte bekendes se "live shows" gesien het en ek ontmoet voor die vertoning ook vir Jaco Smit wat ek verneem amper enige instrument kan speel en by KSM werk.
Hein, oftewel Faraway George, bedank sy ouboet en deel opgewonde een van sy heel eerste liedjies, “Vir 'n Vreemdeling”. Dit is nie op hierdie album nie. Ek voel of ek terug gevoer is na 'n Bob Dylan konsert en mis sommer my man wat dit so baie sou geniet het (iemand moet na die kinders kyk). Lizandra neem ook heeltyd vir haar man videos.
Hy verduidelik dat "Hey Sister" oor grootword tyd gaan. Toe jy klein was pla boetie en sussie jou, dan wanneer jy groot word mis jy hulle en alles van hulle... "Almal sien in kleur" is die enigste Afrikaanse liedjie op die album, want “Ek het toevallig meer Engels in die laai gehad", lag Hein.
Baie van die liedjies is by Centurion Teater "live ge-track"/opgeneem vir die album, Hein het dit self "gemix" en "gemaster", wat opsigself baie talent verg! Hulle bederf ons met 'n nuwe lied, "When the sun comes through"...
"Who are you", van die vorige album, want "Mense judge mekaar kliphard." Met 'n groot glimlag sê hy: "Die ergste is as jy jouself kliphard judge...". Almal geniet dan "Thorn in my side".
Hein bedank die spesiale mense hier, sy vrou, Johan Stegman en die Starburst familie. Toe die krag aangaan in die middel van 'n liedjie, maak hy 'n grap en sê dit was die 'pause' en gaan net weer aan en maak die liedjie klaar waar dit gestop het. Hy bedank dan sy 'awesome' band. Hein vertel hoe “Groot favourite“ eintlik 'n "genre" moet wees op DMX op DSTV... dan sing hy sy weergawe van "Diamonds".
Regdeur die aand is daar liedjies waar Hein gelyktydig mondfluitjie en kitaar speel, ek is seker as dit moontlik was sou hy gelyktydig sing ook. Hy vertel hoe hy in 2013 'n tiener was en nie werk gehad het nie, sy pel skree..."jy het steeds nie werk nie". Daardie tyd skryf hy "Sugar Cane." Na die liedjie sê hy: “Kom ek bêre die monstrosity” hy verwys na die mondfluitjie, wat vir my meer lyk soos 'n kopstuk met draadjies. Die boeties sing die harmonieë op die lied soos net boeties kan wat al jarre saam musiek maak en die lied wat al deel van hulle geword het.
Die gaste roep vir 'n "encore" en die band hou vergadering, die lied is onbekend selfs vir die band. “Nog een? Julle is nog hier.” Die album is reeds op alle platforms te koop of cd... as jy 'n cd vir jou volksie will koop. Na die tyd gesels ek met Johan Stegman, (en sy vriendin Janet Davies. ). Hulle is vriende vanaf St. 1 (Graad 3) in Pietersburg. Johan het voorgestel dat hulle 'n "band" begin na skool. Hy het hom aangespoor en gesê hy sal dromme speel soos die ou van "White Stripes", dit was deel van sy fondasie en hy het in hom geglo.
Luister my onderhoud met Hein op ons potgooi (Die Nasiestasie) deur hierdie skakel te volg: https://anchor.fm/nasiestasie/episodes/Faraway-George-ec8gqn/a-a1qvv9a
Melissa Viljoen
Opmerkings
Plaas 'n opmerking