Slaan oor na hoofinhoud

Covid 19 - Poem by Hakkiesdraad Hartman



photo: Claudia Fonte

You could feel the energy as
high spirits and fireworks ushered in a new decade
the 21st century has never looked this great
2020 was welcomed with open arms
embraced with hugs, kisses, best wishes, 
handshakes 
and the promise of an abundant tomorrow 
but then without warning the sorrow struck 
like zombies in a horror movie

ons bestaan bedreig deur 'n siekte
tot lewe gekom innie vorm vanne virus
volgens verslae ontstaan in China
gekom soos 'n dief in die nag
die wêreld op hol gejag 


vryheid verpletter...
die covid wetter

het mensdom agter slot en grendel...yoh!!!
ooh etter, hies nou 'n ding, verdeksels
ek soek uitkom kans...lockdown se dinges
ma jinne, jinne, jinne...
President Ramaphosa het gesê hou jou linne binne

so die volle nommer is
whatsapp, facebook en skype maar met vrinne...
vir ons veiligheid issie beginsel
mistertjie hierie kopseer se disprin
social distancing
jarre corona 'n bliksem... 

salute aanie essential workers wat elke dag brave
ennie gene wat dink dis 'n grap, minute nwatas behave
because an injury to one is an injury to all

it's your duty to pick up a comrade when he/she falls
so stand tall...

isolate ourselves, exterminate threat to ou health
skop corona onner sy gat-gat-gat-gat ons so maak

ek weet as 'n strandloper nie kan loop nie is hy gestrand
ma antwoord my, die goed, hoe lank gannit duur
jarre ek voel vas gevang ou boet...
gemasker was ek hanne in onskuld voor ek dit sanatize
for in this here times gotta be wise, i and i...

me no want rum en coke
me want a ramaphosa
just to set the president...hosh ja
dallah what you must...mos...jaaa
met allie madness wat woed
kry 'n man nogal kans om goed te doen
soos innie sonnetjie sit oppie stoep

jissie wat ruik so, 

wanner laas wassie motjie bymekaar 
mettie bak van 'n koek 
kinners irriteer al mekaar, kan hoor aanie vloek
but jarre dis lekke oppie stoep, so terloops
wil graag 'n gebedjie opdra

aan almalie mensies
wat elke dag moet uitstaan 

om 'n kroon te kyk ma kannie
jarre ek weet dis swaar
die met 'n lee maag
mag daai honger gestil word
en oral op aarde die mense
siek met hierie snaakse griep magie 

genees word
and to my fellow earthlings 

mag u geseën word

en mag die Moeder en Vader van al onse voorouers ons genadig wees!
/KHAEHESA...


by Hakkiesdraad Hartman
dallah:  to do
hosh: a greeting
nwata: stupid/foolish
jirre! jarre!: an exclamation of disbelief or surprise
/KHAEHESA: Blessed

http://capeafrikaans.blogspot.com/p/cape-flats-dictionary.html

a tiny spark can set a great forest on fire #nationinspiration

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Die klippie in my skoen - geskryf deur iskra

Wat 'n knaende verraad! Daardie klippie in die skoen. Daardie ding wat krap en pla en mens soms verleë laat. Dis 'n pes as jy dalk jaag van hier na daar, soveel dinge wat aan jou trek; jou aandag vat; daar is nie tyd nie! Vir jou om net te kan sit, skoen uittrek en die verdomde ding uitgooi! Pfffeeeu...! Wat 'n verligting as hy eers weg is! So klein dingetjie met soveel praat in sy kneuse...daardie klippie in die skoen. (Talk about rubbing me up the wrong way!) Ons het almal maar ons klippies. Klein goedjies wat haak en pla. Daagliks knaag dit aan ons..maal dit rond in ons koppe, laatnag, wannneer ons eintlik moet slaap... Ons veiligheid. Ons kinders se toekoms, gesondheid. Hoe gaan jy hierdie maand daardie rekening betaal? Jou huwelik of 'n vriendskap is dalk op 'n snaakse plek of selfs naby skipbreek? Dalk ons eie gesondheid wat 'n lelike rapport gekry het... 'n finale een...wat jou asem weggeruk het...wat jou, die mense om jou, dae en minute met '...

#Bakgat Gesondheidsbeskuit

My ouma het altyd gesê: “As jy kan lees, kan jy bak”. Ek het dit altyd geglo en wyd en syd verkondig, maar vandat ek self begin bak het vir ‘n lewe, het ek agtergekom dat jy meer leer met ondervinding as wat enige resep jou kan vertel. Soos ek dan nou hierdie resep met julle deel, deel ek dan ook my ondervinding, wat ‘n paar vrae dalk vir julle sal opklaar en natuurlik die mite dat beskuit moeilik is om te bak van die tafel afhaal. Bestandele: 1kg Bran Rich Self Raising Flour  (of gewone self raising flour as jy nie so baie van semels hou nie) 10ml Bakpoeier 10ml Sout 125ml Klapper 250ml Sonneblom sade 100ml Rosyne 50ml fyn gekapte neute van jou keuse 500ml All Bran Flakes  (goedkoper bran flakes ook goed, maar proe nie so lekker nie) 250ml Suiker (wit of bruin, maak nie saak nie) 500ml Oats (maak nie saak watter ‘brand’ nie) 500g Botter (gesmelt) 500ml Karringmelk Hierdie is die basis waarvan af ek werk. As ek nie bv. Oats of rosyne het nie, sal ek dit vervang met ...

Droom Soos 'n Kind

Vir die Nasie-tema: SOOS 'N KIND, het ek nogal baie te sê! Ek het, 'after all', 4 kinders. Jip 4. Bid asb vir my. Haha...dis wat 'n oomie nou die dag in 'Pick 'n Pay' se parkering vir my ges ê  het toe my jongste nie in sy kar-stoeltjie wou klim nie en sy ander boeties oral om die kar bedrywig is. Sussie rustig op haar foontjie, rol net haar oë vir haar boeties. Hy het geglimlag en gesê "Ek bid vir jou". Ek het gegiggel en gesê: "Dankie. Dis wat my aan die gang hou, almal wat vir my bid." Grappies op 'n stokkie.  SOOS 'N KIND  laat my dadelik dink aan Heidi: kaalvoet, sorgeloos en huppelend gelukkig! Ek het myself altyd vereenselwig met haar en wou soos sy wees. Ek onthou my Juffrou se boodskap in my handtekening boekie van Graad 7 "Bly altyd so vriendelik en lewenslustig"....... En dan besluit jy plegtig: maar natuurlik sal ek, ek belowe Juffrou!  Dis mos maklik om net te wees wie jy is. Maar dan gebeur die lewe...