foto: Zara Walker /unsplash Toe ek klein was het ek van my musiek 'tapes'; Kylie Minogue, George Michael, Queen...., gestop en ge'play' na elke sinnetjie sodat ek presies kon hoor wat die kunstenaar sê. Ek het dit dan ook neergeskryf... hoekom weet ek nie, want al die lirieke het gewoonlik saam die 'tape'-kassie se omslag gekom...maar nouja. Kylie Minogue en al daardie jare se musiek het later verander na Counting Crows, Cranberries, Nirvana, Foo Fighters, Pearl Jam, Skunk Anansi en hopeloos te veel Tori Amos soos ek groter geword het. Musiek en woorde het my veilige plek geword waar ek kon asem skep, hoor en voel hoe ander hulself uitleef en ook formuleer hoe ek voel en hoe ek myself wil uitleef. Skryf en sing het heelwat natuurlik gekom. My pa het gedig toe hy jonger was en my boetie (wie ek die Skim noem) het die skryfbol aan die rol gesit, hy het my geinspireer. As sy kleinste, nuuskierigste sussie het ek altyd 'n punt gemaak om sy kamer in ons huis op...
Mediaverklaring: “We^Can” verlig nood van Laerskool Kameeldrift en omliggende gemeenskap 2 Junie 2020 Vir onmiddelike vrystelling We^Can is ’n organisasie wat ’n dag voor die aanvang van die Covid-19 grendelstaattydperk in Suid-Afrika afgeskop het. Hierdie organisasie maak dit moontlik vir passievolle Suid-Afrikaners om binne hulle finansiële vermoë en op ’n maklike manier deel te raak, om sodoende ’n impak te maak en uitdagings van behoeftige gemeenskappe op die lang duur aan te spreek. Sedert die aanlynplatform 8 weke gelede geskep is, het die We^Can gemeenskap reeds daarin geslaag om 45 667 kg se kos in te samel deur 31 afsonderlike projekte wat reeds suksesvol afgehandel is. Die meer as 45 ton kos kon ongeveer 170 000 etes aan die onderskeie We^Can begunstigdes in Gauteng en Limpopo voorsien. Die verlengde grendelstaattydperk het egter tot gevolg dat die getal hulpbehoewendes by die dag steeds bly toeneem. Laerskool Ka...