Slaan oor na hoofinhoud

Leandie Du Randt - Hollywood in my huis




1. Leandie, baie welkom. Daar is darem deesdae baie van jou te siene op tv en die grootskerm! Het jy as kind gedroom om aktrise te wees of het jy ander planne gehad?

Ek wou nog altyd entertain en perform maar het besluit om bcom bedryfsielkunde te gaan swot eers en toe in my eerste jaar gaan doen ek Brumilda van Rensburg se drama kursus en sy het my gehelp om in die industrie in te kom so terwyl ek swot.

2. Vertel ons van meer van die nuwe film, "Hollywood in my huis", waaroor gaan dit en waar pas jy in?

My rol is die feeks- ek speel vir die eerse keer 'n bad guy 'Angelique' is haar naam en sy is die leader van die mean girls op skool en gee heeltyd vir die underdog 'Jana' 'n harde tyd oor Jana verlief is op Angelique se eks (gespeel deur Vilje Maritz)

3. Watter karaktertrekke het jy as persoon en die "Angelique" karakter in gemeen?

Ek was ook hoofmeisie op skool.


4. Jy het nie te lank terug 'n boek vrygestel vir tienermeisies (Gemaklik In Jou Eie Vel). Is hierdie tema steeds iets waaroor jy baie passievol is?

Absoluut. Ek doen weekliks praatjies by skole en kerke en moeder en dogter tees waar ek oor vrouwees en grootword as 'n vrou in vandag se tyd praat en hoe om jouself te wees ten spyte van alles om jou wat jou wil dwing om dit nie te wees nie. Ek het juis bedryfsielkunde gaan swot oor ek so lief is vir mense en motiveringspraatjies en om mense te help om hulle potensiaal te bereik.

Die fliek gaan ook daaroor om gemaklik te wees met wie jy is al is dit nie deel van die 'cool' groepie op skool nie, want wie het anyway besluit wat is cool of nie...En dat ware liefde eers raakgesien word die dag wat jy jouself begin wees en lief kan hê.


5. Jou Top 3 Suid Afrikaanse Bands/Kunstenaars??
Bouwer Bosch
Die Heuwels Fantasties
Joshua Na Die Reën


6. Chocolate Mouse of Kaaskoek? :)

Hang af van die dag. Altwee is amazing!


Die fliek begin hierdie Vrydag, 26 Junie,
in fliekteaters!












Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Die klippie in my skoen - geskryf deur iskra

Wat 'n knaende verraad! Daardie klippie in die skoen. Daardie ding wat krap en pla en mens soms verleë laat. Dis 'n pes as jy dalk jaag van hier na daar, soveel dinge wat aan jou trek; jou aandag vat; daar is nie tyd nie! Vir jou om net te kan sit, skoen uittrek en die verdomde ding uitgooi! Pfffeeeu...! Wat 'n verligting as hy eers weg is! So klein dingetjie met soveel praat in sy kneuse...daardie klippie in die skoen. (Talk about rubbing me up the wrong way!) Ons het almal maar ons klippies. Klein goedjies wat haak en pla. Daagliks knaag dit aan ons..maal dit rond in ons koppe, laatnag, wannneer ons eintlik moet slaap... Ons veiligheid. Ons kinders se toekoms, gesondheid. Hoe gaan jy hierdie maand daardie rekening betaal? Jou huwelik of 'n vriendskap is dalk op 'n snaakse plek of selfs naby skipbreek? Dalk ons eie gesondheid wat 'n lelike rapport gekry het... 'n finale een...wat jou asem weggeruk het...wat jou, die mense om jou, dae en minute met '...

#Bakgat Gesondheidsbeskuit

My ouma het altyd gesê: “As jy kan lees, kan jy bak”. Ek het dit altyd geglo en wyd en syd verkondig, maar vandat ek self begin bak het vir ‘n lewe, het ek agtergekom dat jy meer leer met ondervinding as wat enige resep jou kan vertel. Soos ek dan nou hierdie resep met julle deel, deel ek dan ook my ondervinding, wat ‘n paar vrae dalk vir julle sal opklaar en natuurlik die mite dat beskuit moeilik is om te bak van die tafel afhaal. Bestandele: 1kg Bran Rich Self Raising Flour  (of gewone self raising flour as jy nie so baie van semels hou nie) 10ml Bakpoeier 10ml Sout 125ml Klapper 250ml Sonneblom sade 100ml Rosyne 50ml fyn gekapte neute van jou keuse 500ml All Bran Flakes  (goedkoper bran flakes ook goed, maar proe nie so lekker nie) 250ml Suiker (wit of bruin, maak nie saak nie) 500ml Oats (maak nie saak watter ‘brand’ nie) 500g Botter (gesmelt) 500ml Karringmelk Hierdie is die basis waarvan af ek werk. As ek nie bv. Oats of rosyne het nie, sal ek dit vervang met ...

Droom Soos 'n Kind

Vir die Nasie-tema: SOOS 'N KIND, het ek nogal baie te sê! Ek het, 'after all', 4 kinders. Jip 4. Bid asb vir my. Haha...dis wat 'n oomie nou die dag in 'Pick 'n Pay' se parkering vir my ges ê  het toe my jongste nie in sy kar-stoeltjie wou klim nie en sy ander boeties oral om die kar bedrywig is. Sussie rustig op haar foontjie, rol net haar oë vir haar boeties. Hy het geglimlag en gesê "Ek bid vir jou". Ek het gegiggel en gesê: "Dankie. Dis wat my aan die gang hou, almal wat vir my bid." Grappies op 'n stokkie.  SOOS 'N KIND  laat my dadelik dink aan Heidi: kaalvoet, sorgeloos en huppelend gelukkig! Ek het myself altyd vereenselwig met haar en wou soos sy wees. Ek onthou my Juffrou se boodskap in my handtekening boekie van Graad 7 "Bly altyd so vriendelik en lewenslustig"....... En dan besluit jy plegtig: maar natuurlik sal ek, ek belowe Juffrou!  Dis mos maklik om net te wees wie jy is. Maar dan gebeur die lewe...